Elizabeth Wasserman

Die dingesfabriek 2: Jannus en Kriek onder die see


Скачать книгу

      

pic18.jpg

      Elizabeth Wasserman

      Illustrasies deur Astrid Castle

      Tafelberg

      Vir almal wat soms droom

      oor die see – EW

      Vir die avontuurlustiges wat hier lees.

      Ek hoop julle ontdekkingsreise sal julle

      verbeelding betower! – AC

      Die wêreld van Jannus en Kriek

      Ons helde:

      Doopname: Jannewario Frederikus Knoets en Krisantalia Renostrum Knoets, algemeen bekend as Jannus en Kriek. Hulle is min of meer agt jaar oud, en hulle is ’n tweeling.

Die%20Dingesfabriek_Intro_a).tif

      Adres: Huis Deurmekruis, Onder Afrit 7 van die snelweg, Naby die dokke

      Hulle ouers:

      Knersius en Soetlief Knoets. Knersius is die speltoetser van ’n groot uitgewery. Soetlief is ’n gevaarlike spioen.

Die%20Dingesfabriek_Intro_b).tif

      Hulle troeteldier:

      ’n meerkat met die naam van Meneer Snoek. Sy is ’n wyfiemeerkat, maar haar voornaam is Meneer en haar van is Snoek.

Die%20Dingesfabriek_Intro_c).tif

      Hulle oupa:

      Hy is ’n avonturier, ’n uitvinder en ’n baie onvoorspelbare ou man. As hy nie iewers anders is nie, bly hy onder Huis Deurmekruis, waar hy allerhande interessante dinge doen en goeters uitvind in sy kelderlaboratorium. Sy brein is so groot en so besig dat dit vir hom moeilik is om aandag aan gewone dinge te gee. Miskien raak hy net ’n bietjie deurmekaar van ouderdom, want hy noem alles wat hy nie kan onthou nie “dinges”.

Die%20Dingesfabriek_Intro_d).tif

      Wie is Zip?

      Is hy een van Oupa se uitvindings? Niemand weet wat hy is of waar hy vandaan kom nie, maar hy het gehelp om hierdie boek te skryf.

p%209%20_%202.tif Mr%20Snoek%20_%20Extra%20artwork%20filler.tiff

      ’n Skooltaak

      “Vandag,” sê juffrou Frot vir die klas, “is Vrydag. En vir die naweek kry julle ekstra-spesiale huiswerk. Julle moet elkeen ’n koerantberig uitknip oor iets wat julle interesseer en dit Maandag saambring. Ons gaan dit dan in die klas bespreek.”

      Die meeste van die kinders sug. Huiswerk op ’n naweek is altyd ’n slegte idee!

      Maar ’n paar van hulle sien kans vir die uitdaging. “Lekker!” skree Dries Doringkop. “Daar is ’n groot rugbywedstryd Saterdag. Die Sondagkoerant sal daaroor skryf. Ek sal maklik ’n lekker storie kan kry!”

      Juffrou Frot frons. “As jy dink rugbywedstryde is nuuswaardig, ja.”

      Dries glimlag breed. Wat weet vroumense tog? Rugby is altyd nuuswaardig. Wat anders is belangrik?

      Jannus dink aan die ruimtetuig wat onlangs op Mars geland het. Dalk is daar iets in vanmiddag se koerant daaroor. Dalk het vreemde ruimtewesens die tuig ontvoer, en . . .

      Jannus se verbeelding gaan maklik op hol.

Working%20Files_Hoofstuk_1_%20Pg9.tif

      Kriek is bekommerd. Sy stel nie veel in sport belang nie, en die gewone goed oor politiek en finansies is ook vervelig. Die ander kinders sal al die ander dinge, soos bankrooftogte en geboue wat afbrand, kies. Miskien is daar iets opwindends in die rubrieke, soos ’n artikel oor tuinkabouters, of ’n interessante resep . . .

      Kriek hou van die gewone dinge in die lewe. Dit laat haar veilig voel. In hulle familie is daar nooit ’n tekort aan opwinding nie en sy wens soms sy en haar tweelingbroer het in ’n huis gebly sonder weerligstrale wat altyd om die Oostelike Toring blits. ’n Huis met rose in die tuin en ’n ma wat koek versier in plaas van landmyne kamoefleer, en ’n pa wat in ’n bank of iets werk waar niemand bekommerd is oor die regte spelling van woorde soos “dividend” en “kredietoordrag” nie.

      Maar haar oupa: van hom hou sy net soos wat hy is.

      Nie dat hy enigsins soos ander oupas is wat sy al ontmoet het nie!

      Die klok lui en die kinders bondel by die deur uit.

      “Los al die berigte oor rugby vir my!” dreig Dries. Hy is die graad se boelie.

      Almal koes en hy druk met sy groot lyf en sy swaar tas voor al die meisies verby om eerste uit die klas te kom.

      Jannus en Kriek spring op hulle fietse en jaag huis toe.

      Huis Deurmekruis is ’n hele entjie van die skool af. Hoe verder hulle ry, hoe besiger en hoe nouer word die strate. Die woonbuurt naby die hawe is deesdae nie meer deftig nie, en die tweeling moet koes tussen die swaar verkeer deur. Lorries vol steenkool, busse vol fabriekswerkers op pad na die laatmiddagskof en mans wat kruiwaens vol boumateriaal rondstoot versper gedurig hulle pad. Jannus draai af by die dokke om eers na die hyskrane te kyk wat groot vraghouers op die skepe laai. Kriek volg hom en kyk na die seemeeue wat baklei oor ’n halfgeëte hamburger wat ’n matroos langs ’n asblik laat val het.

Working%20Files_Hoofstuk_1_%20Pg11%20a).tif

      Sy hou van die see.

      “Kom, Jannus, ek is honger!” raas sy ná ’n rukkie en spring terug op haar fiets.

      By Huis Deurmekruis stoot Jannus die krakerige hekkie oop. Die tuin is vol doringrige kaktusse en allerhande soorte koolplantjies geplant. Die klopper aan die voordeur is in die vorm van ’n bosvark se kop.

Working%20Files_Hoofstuk_1_%20Pg11%20b).tif

      “Kyk, daar doen hy dit weer!” roep Kriek uit toe sy die voordeur oopstoot. Sy is seker die bosvark het vir haar geknipoog.

      “Twak en nonsens,” brom Jannus en gooi sy skooltas in die voorportaal neer.

      ’n Harde knal ruk deur Huis Deurmekruis.

      Die kinders steur hulle nie daaraan nie. Dit is niks ongewoons nie – in Huis Deurmekruis is vreemde geluide aan die orde van die dag.

      Dit is altyd lekker om huis toe te kom, dink Jannus. Mens weet nooit wat hier kan gebeur nie!

      “Wat ruik so na rook?” vra Kriek en snuif die lug.

      “Ma is hier,” antwoord Jannus en beduie na die motorfiets wat langs die kombuisdeur geparkeer staan. Die bande het ’n dik streep modder van die voordeur af ingery, dwarsoor die wit-en-swart parketvloer van die voorportaal.

      “Kinders!” roep Soetlief Knoets. “Kom eet.”

Working%20Files_Hoofstuk_1_%20Pg12.tif

      In die kombuis hang blou rook tot teen die plafon. Die kinders loer versigtig om die deur. Meneer Snoek skarrel hulle tegemoet.

      Meneer Snoek is hulle huisdier. Sy is ’n meerkat en sedert die tweeling se oupa een of ander eksperiment op haar uitgevoer het in sy kelderlaboratorium diep onder Huis Deurmekruis,