Jolyn Phillips

Bientang


Скачать книгу

on>

      

      bien

      tang

      ’n !naugedig

      jolyn phillips

      Human & Rousseau

      Oor die uitleg

      Die uitleg van gedigte in hierdie digitale uitgawe van Bientang mag verskil van dié van die gedrukte uitgawe, afhangende van die instellings op u leestoestel. Die uitleg vertoon optimaal indien die standaardinstelling op u leestoestel gebruik word. Lesers kan egter eksperimenteer met die instellings vir verskillende perspektiewe op die gedigte.

      ek staan op die plaat klipgatgrot en die sandberge agter my my voete is

      plat my tone uitgesprei oor die skulpgruis wanneer die see terugtrek hoor

      ek die ghoera die water is skoon en koud soos my

      bloed ek staan voor my en kyk hoe die gety kwaad word

      die !nau kom vinnig aan ek moet in my hut sit

      die mans suiker die elandgebed vir my eer

      my troubare sal vir my met ’n klipdaskaros seën

      my kinders sal altyd behoort aan sy pa’le

      wat van rivier kamma-kan kamma vandaan kom

      ons is die qua van duiwelsgat en ons gaan nêrens

      vandag dra ek my seehondvoorskoot kapallangs mantel

      ek is die heerser van my hut melk self die bokke

      my broer het sy eed afgelê ek word vandag

      vandag is ek nie meer ’n !naumens nie my mense sing

      vandag is ek ’n vrou ek word uitgesmeer met boegoe

      dit maak my vrugbaar atta’le vat my vanoggend

      na die hut en sê vir my ek is nie meer ekke nie

      sy buk ek kruip as sy kruip ek skil as sy skil ek

      ek gaan nooit weer iets met my eie hande kan bewerk nie

      my hande word toegesluit sy leer my voete saam-saam strop

      atta sê van nou af moet ek wegbly van die see af

      die slangdokter praat my lewe warm met die boegoe

      my rooidag maak die see onstuimig in die hut

      ons wag ons wag ons wag mane om sonne verby

      ek is bang vir die !nau tog wil ek bly in die !nau

      ag see! stuur swartmosselboodskappe vir my seblief

      ek ruik na bietoublos ek kniel voor die ghoenavyg

      hou my gonnabos steek my weg in jou keel malmok

      los my af !nau toe tog! bewaar my strandlopergeite

      sê pa’le ek kan nie by die water uitkom nie sê ma’le

      sy bewerk my met bruinsalie haar vaalbosstampsel

      sy wat my suster is kyk toe dat ek voor haar vrou word

      sy’s klaar deur haar fynbostyd sy’s klaar ingeheuning

      vir my los’le om te ontaard vir my los’le gedou

      ek voel hoe die ghoenavygblom uit my trek

      ek ruik na seemeeumis ruik vis tussen my bene

      groei daar uintjies onder my arms word ek bokkoms

      vrougoed maak my aasgoed ek berg liefs my strandloopgeit

      my rooidag is op pad ek wag vir my teken

      see bring woorde waarmee ek kan bid ek spoel ek vlieg

      ek staan op die plaat my sing fring

      jou waternaam vang my oog my oestervanger hy weenfluit

      sluit die swartmossel oop hardloop sê hy hardloop strandlangs

      my bene kom los maar dan draai ek terug huis toe

      die !nau is terug my boetabessie bemin my

      hy’t al sy storms op my uitgehaal

      hy steel my karos hy dra my steel om sy polse

      ek het hom by pa gaan vermaan hy los sy storms

      in my my verloofde vat sy belofte terug

      ek dra ’n pot storms in my pens ma’le pa’le

      los my waarheid soos weggooigoed vir die seemeeue

      ek is terug in die !nau sê die medisyneman

      my broer maak vir hom ’n nuwe karos een

      van die dae sal hy trou net ek en sy stormkind bly nou !nau

      ons is hemeltergend nêrens en sonder mense

      //oëdienaar

      jy trek oor die wêreld jy see jy stormsee jy skipbreuk

      mensdood jy geweldig jy bemagtig begeer jy lok my

      jy sipier my deur water bely ek see ek raak pekelwater

      hier kan galjoen koraalrif in my bly see jy

      is al wat oor is van my duinghwarrielyf

      vanoggend op die walvismat vorm ’n drupklipgrot

      die see die see die see my skuldbeen is ’n afgekapte wiek

      ek mis jou ruggelingse wieg dis tyd vir vygiedra

      atta vra ek hoe raak mens minder hoekom brand ek

      raak ek donker ouer wind as ek my hakskeen lig hol ek

      die rooibekvoël ken al die see

      se raaisels ek ken al my pa se raaisels maar

      hy ok hy word ’n dofwoord hy word

      skim hy wys my hoe ek weg kan beweë

      my hele lyf dans soet soe-soe die krale

      om my enkels nek en toe

      Atta se voorgevoel

      ek het dit geweet die medisyneman het dit aan ons verklaar ek

      is aangemaak met die see my !nau die groot storm roep!

      dit is galjoentyd die water is my beletsel

      die dood hardloop weg vir ons die bientangkind vang dit

      Atta sien die kind se koliek goggo die stormse

      atta soms soek ek nog vir jou tussen die waters

      atta ek mis atta tot in die murg van my harte

      ek nodig my bloekomgeneester perlemoer

      haasvel trek atta van sy vlies af en sit dit op my pa’le se bors

      my atta is ’n slanggeneester suie ’n gif uit soos ’n wig

      wie sy ma’te wegspoeg atta se roeping reën hael

      //oëdienaar

      ek is jou oëdienaar ek ryg skulpe ek ontskulp

      alkruk ek krok ek kraak blaker ek uit ek staan op

      ek steel met my oë roof met my tong ek blaai om

      die spelonk die noorkapper storm die bientang tang

      ek het my nageboorte in ’n pot gegooi

      langs my bene loop my maanstonde weer

      die oestervanger in my oë