Breyten Breytenbach

Oorblyfsel / Voice Over


Скачать книгу

yten Breytenbach

      Oorblyfsel / Voice Over

      (op reis in gesprek met Magmoed Darwiesj)

      (the nomadic conversation with

      Mahmoud Darwish)

      Nota

      Magmoed Darwiesj (Mahmoud Darwish, 1941-9 Augustus 2008) die Palestynse digter, was ’n vriend van my. Die tyding van sy dood tydens ’n opehart-operasie in ’n hospitaal in Houston, Amerika, het my op Gorée-eiland bereik. Enkele weke tevore was ons nog saam in Arles in die suide van Frankryk. Selfs helder oordag was die hotel se portaal skemerig. Met ’n glimlag om sy lippe het hy bespiegel oor sy kanse op oorlewing. Daardie aand, in ’n ou Romeinse opelugteater terwyl die son in ’n geel gloed ondergaan en allerlei voëls die opgekropte soetheid van ’n somerdag begin sing, het hy vir ’n laaste keer uit sy werke voorgelees. Die gedigte was deurtrek van ’n gesprek met die dood. Onmiddellik ná sy sterfte het ek hierdie reeks begin skryf as fragmente van ’n voortgesette gesprek met hom. In Wes-Afrika was dit die begin van die jaarlikse reënseisoen, die ‘petit hivernage’, wanneer die lug vol potblou wolke is. Dit was ook die aanvang van die nuwe maan se bloei tot volheid.

      In die daaropvolgende weke sou ek noordwaarts reis – eers na Katalonië en daarna verder tot in Friesland waar ek uitgenooi was na ’n skrywersfees deur Tsjêbbe Hettinga, die blinde woordtowernaar. Die gedigte gee dit weer. Op pad was dit ’n verkwikking om in Magmoed se verse te kon beweeg. Vertaling, om oor te gaan van die een taal in ’n ander, is ook ’n reis. Die landskap verander, winde met die reuke van onbekende groei waai soos nuus oor die hoogland na laerliggende valleie, jou skaduwee verskiet, die lied bly ’n wisseltong tussen bekend en onbekend. George Steiner het oor vertaling gesê dat dit ’n intense, diepe en uitdagende aktiwiteit is, partykeer intiem en ontstellend, want die uiterste gevaar bly dat jy met jou hand die essensiële wese van die Ander mag aanraak. Ek beskou hierdie fragmente as lofbetuiging. Miskien ook ’n poging om die sluier te kan wegtrek van die bekende gelaat wat nou stil geword het.

      MD was sy hele lewe lank baie produktief. Mens sou byna vir ewig met hom kon praat. Hierdie ‘collage’ raak aan getransformeerde ‘variasies’ van sy werk, soms geput uit afsonderlike verse en soms as benadering van ’n spesifieke gedig, met my eie stem dan daarin vervleg. Die beelde, in ’n mate selfs die ritme en die vormgewing, is syne. Ek ken nie Arabies nie en is toegewys op verwerkings in Engels en Frans. Ek het hom wel by verskeie geleenthede hoor voorlees in sy taal en was altyd getref deur die klanke en die bewegings. Die Engelse weergawes hier het terugwerkend gespruit uit my Afrikaanse pogings, met die bedoeling om ’n gesprek tussen die twee tale te bemiddel. Hulle is dus nie woordelikse ‘vertalings’ nie. Soms het ’n eggo of ’n assosiasie in die Engelse segging weer ’n ander moontlikheid in Afrikaans oopgemaak.

      Die reis gaan verder en die gesprek duur voort om tussen die woorde na hom te soek.

      Breyten Breytenbach

      New York, Desember 2008

      Note

      Mahmoud Darwish, the Palestinian poet (1941-9 August 2008), was a friend. I was on Gorée Island when I learned of his death during the course of an open-heart intervention in Houston, America. We had been together a few weeks earlier in Arles, the south of France. Even at noon the foyer of the hotel where we stayed was as if drained of light by dusk. He knew how serious his condition was – it was either the very risky operation or the possibility of dying at any moment from an exploding aorta – and with an ironic smile he speculated about his chances of survival. That night, as the sun was setting in a yellow flood over the ancient open-air Roman theatre and as birds began singing the accumulated sweetness of a summer’s day, he publicly read one last time from his work. The poems were shot through by an ongoing conversation with death. Immediately after his passing, I started writing the above series as fragments of a continuing dialogue with him. In West Africa it was then the onset of the rainy season, the ‘petit hivernage’, when black-blue clouds would skitter and close the skies. It was also the beginning of a new moon’s waxing to fullness.

      Over the following weeks I was to travel north – first to Catalonia and then on to Friesland where Tsjêbbe Hettinga, the blind word magician, had invited me to participate in a literary festival. The poems reflect this trajectory. Along the way it was refreshing to be dancing in Mahmoud’s verses. Translation – that is, to proceed from one language to the other – is also a journey. Landscapes change, winds with the smells of unfamiliar growth come down from the highlands like news to the valleys, your shadow will get out of shape, and the song remains as a go-between tongue from the known to the unknown. George Steiner once said that translating is an intense, profound and provocative activity, at times intimate and upsetting, because of the extreme danger that you may lay a hand on the essential being of the other. I consider these fragments as ways of paying homage. Perhaps too, an attempt to draw the veil from the known face which has now gone silent.

      MD had always been a prolific poet. One could interact with him forever. The present ‘collage’ touches upon transformed ‘variations’ of his work, at times plucked from different poems and then again by way of approaching a specific verse, with my own voice woven into the process. The images, and to an extent even the rhythms and the shaping, are his. I don’t know Arabic and have to make do with English and French approximations. I did have the luck of hearing him read in his tongue on several occasions and the sounds and the movement always struck me. The English versions here grew retroactively from my Afrikaans efforts, with the intention of facilitating a conversation between the two languages. They can thus not be properly described as ‘translations’. At times an echo or an association presented by the English possibilities opened a new way back into Afrikaans.

      The journey continues and the conversation will carry on, in the attempt to look for Mahmoud Darwish among the words.

      Breyten Breytenbach

      New York, December 2008

      “ek het geslaap … sodat ek mag vlieg”

      – M.D., En ek, selfs al sou ek die laaste wees

      “I slept … so that I can fly”

      – M.D., And I, even if I were the last

      1

      toe jy sterf, Magmoed

      toe jou slagaar kronkelend en sloom

      soos ’n pers slang bars

      want die reëls kon die volmaakte metafoor

      nie meer dra

      en jou hart as gedig

      die laaste bloed moes spuit

      in die siekehuis in die vreemde

      land van barbare,

      toe jou hart oplaas

      ’n verskeurde klinker is

      groei ’n maan oor die eiland

      tussen die skuiwende wolke

      van hierdie ‘klein winterseisoen’

      wat aans ’n donker ink in lang verslyne

      oor die golwe gaan stort

      sodat kraaie en bokke en arm kinders

      al singende in die modder kan plas

      asof dit die viering van bevoëling is

      drie, vier, vyf dae en nagte

      onsigbaar oordag, onsigbaar soos doodgaan

      of die groei wat greep vir greep uitbloei in ’n huisie woorde

      se ontbinding in die donker

      wanneer die tyd tydsaam ’n maaier is

      oor die landerye van die liggaam

      totdat die los lykevlies vervaag

      en skaduwees