Морган Райс

‘n Soeke van Helde


Скачать книгу

te raak.”

      Thor voel sy hart breek wanneer hy sy lewe voor sy oë sien verbrokkel.

      Nee, dink hy. Dit kan nie wees nie.

      “Maar Pa----“

      “Stilte!” skree hy, so skerp dat dit deur lug sny. “Dit is nou genoeg. Hier kom hulle. Gee pad, en gedra jouself terwyl hulle hier is.”

      Sy pa tree na vore en met een handgebaar stoot hy Thor eenkant toe, asof hy ʼn voorwerp is wat hy eerder nie wil sien nie. Sy lywige hand brand Thor se bors.

      ʼn Groot geruis klink op, en die dorpsmense stroom by hulle huise uit en omlyn die strate. ʼn Groeiende stofwolk kom voor die gevolg uit, en oomblikke later is hulle daar, ʼn dosyn perde koetse,met ʼn geraas soos ʼn groot donderslag.

      Hulle kom die dorp binne soos ʼn skielike weermag en kom tot stilstand naby Thor se tuiste. Hulle perde pronk op die plek, snorkend. Dit het ʼn geruime tydjie geneem vir die stof om te gaan lê, en Thor probeer naarstiglik ʼn gesteelde blik kry van hulle arsenaal, hulle wapens. Hy was nog nooit vantevore so naby die Silwer nie, en sy hart hamer in sy borskas.

      Die soldaat op die voorste hings klim af. Daar staan hy, ʼn regte, egte lid van die Silwer, bedek in blink krygersgewaad, ʼn lang swaard aan sy belt. Dit wil voorkom of hy in sy dertigs is, ʼn regte man, stoppelbaard op sy gesig, letsels op sy wang, en ʼn neus wat krom gelaat is deur gevegte. Hy was aansienlikste man wat Thor nog ooit gesien het, twee keer so breed as die ander, met ʼn teenwoordigheid wat dit duidelik maak dat hy in beheer is.

      Die soldaat spring af op die grondpad, sy spore ratelend as hy nader beweeg aan die lyn seuns. Aan beide kante van die dorpie staan dosyne seuns op aandag, hoopvol. Om by die Silwer aan te sluit beteken ʼn lewe van eer, van gevegte, van bekendheid, van glorie----en gepaard daarmee, grond, ʼn titel en rykdom. Dit voorspel die beste bruid, uitverkore grond, en ʼn glorieryke bestaan. Dit beteken eer vir jou familie, en om by die Legioen aan te sluit was die eerste stap.

      Thor bestudeer die groot, goue koetswaens en besef dat elkeen net ʼn sekere aantal rekrute kan hou. Dit was ʼn groot koninkryk en hulle het baie dorpe om te besoek. Hy sluk, en kom tot die besef dat sy kanse selfs skraler is as wat hy gedink het. Hy sal al die ander seuns moet wen---baie waarvan aansienlike vegters is---sowel as sy drie broers. Hy het ʼn sinkende gevoel.

      Thor kon skaars asem haal terwyl die soldaat in stilte beweeg, en die rye seuns opmeet. Hy het op die verste kant van die straat begin, en stadig na die beginpunt teruggekeer. Thor het natuurlik al die seuns geken. Hy het ook geweet dat sommiges in die stilligheid nie gekies wou wees nie, selfs al wil hulle families hulle wegstuur. Hulle was bang; en dit sal van hulle swak soldate maak.

      Thor brand met verontwaardiging. Hy voel hy verdien om verkies te word net soveel as enige van hulle. Net omdat sy broers ouer, groter en sterker was, beteken nie dat hy nie die reg het om ook daar te staan en verkose te word nie. Hy het ʼn brandende haatgevoel teenoor sy pa, en dit bars byna uit sy nate wanneer die soldaat nader kom.

      Die soldaat kom vir die eerste keer tot stilstand voor sy broers. Hy bekyk hulle op en af, en lyk beïndruk. Hy reik uit, gryp ʼn swaard uit sy skede, en ruk hom, so asof hy die fermte wil toets.

      Hy glimlag.

      “Jy het nog nooit jou swaard in ʼn geveg gebruik nie, het jy?” vra hy vir Drake.

      Vir die eerste keer in sy lewe sien Thor vir Drake senuweeagtig. Drake sluk.

      “Nee, my Heer. Maar ek gebruik dit baie om mee te oefen, en ek hoop om---“

      “In oefening!”

      Die soldaat bars uit van die lag en draai na die ander soldate, wat by hom aansluit, en lag in Drake se gesig.

      Drake word bloedrooi in die gesig. Dit was die eerste keer dat Thor vir Drake sien skaam kry--gewoonlik was dit Drake wat ander laat skaam kry het.

      “Wel, dan sal ek beslis vir jou vyande sê om jou te vrees---jy wat jou swaard swaai in oefening!”

      Die groep soldate lag weer.

      Toe draai die soldaat na Thor se ander broers.

      “Drie seuns van dieselfde afstammelinge hy, en vryf sy stoppelbaard oor sy ken. “Dit kan nuttig wees. Julle is almal ʼn goeie grote. Alhoewel, ongetoets. Julle sal baie opleiding moet kry as julle die paal wil haal.”

      Hy aarsel.

      “Ek reken ons kan vir julle ruimte vind.”

      Hy knik na die agterste wa.

      “Klim in, en maak gou. Voor ek van plan verander.”

      Thor se drie broers nael na die koetswa, stralend. Thor merk op dat sy pa ook straal.

      Maar hy was bekaf toe hy hulle agterna kyk.

      Die soldaat draai en beweeg aan na die volgende huis. Thor kon dit nie meer verduur nie.

      “My Heer!” roep Thor luideliks.

      Sy pa draai om en gluur hom aan, maar Thor gee nie meer om nie.

      Die soldaat kom tot stilstand, sy rug op Thor gedraai, en draai stadig om.

      Thor gee twee tree vorentoe, sy hart kloppend, en stoot sy bors uit sover as wat hy kan.

      “U het my nie oorweeg nie, my Heer,”se hy.

      Die verbaasde soldaat bekyk Thor van kop tot tone, asof hy ʼn grap is.

      “Het ek nie?” vra hy en bars uit van die lag.

      Sy manne bars ook uit van die lag. Maar Thor het nie omgegee nie. Dit was sy oomblik. Dit was nou of nooit.

      “Ek wil by die Legioen aansluit!” se Thor.

      Die soldaat gee ʼn tree in Thor se rigting.

      “So jy wil?”

      Hy lyk geamuseerd.

      “En is jy ooit veertien jaar oud?”

      “Ja, ek is my Heer. Twee weke terug.”

      “Twee weke terug!”

      Die soldaat skree soos hy lag, en al die manne agter hom.

      “In daardie geval, sal ons vyande beslis bewe as hulle jou sien.”

      Thor voel hoe hy warm word van verontwaardiging. Hy sal iets moet doen. Hy kon dit nie daar laat nie. Die soldaat draai om weg te stap---maar Thor kon dit nie toelaat nie.

      Thor tree na vore en skreeu: “My Heer! U maak ʼn fout!”

      ʼn Verskrikte snak na asems is hoorbaar vanuit die groep mense wanneer die soldaat stilstaan en weereens stadig omdraai.

      Nou is die soldaat grimmig.

      “Onnosele seun,” se sy pa, gryp Thor aan die skouer, “gaan binne toe!”

      “Ek sal nié!” skree Thor, en skud sy pa se hand weg.

      Die soldaat tree nader aan Thor, en sy pa staan terug.

      “Weet jy wat is die straf as jy die Silwer beledig?” vra die soldaat kortaf.

      Thor se hart klop in sy keel, maar hy besef ook dat hy nie gaan terugstaan nie.

      “Vergewe hom asseblief, my Heer,” se Thor se pa. “ hy is ʼn jong kind en----“

      “Ek praat nie met jou nie,” se die soldaat. Met ʼn vernietigende blik, forseer hy Thor se pa om weg te draai.

      Die soldaat keer terug na Thor.

      “Antwoord my!” se hy.

      Thor sluk, nie in staat om te praat nie. Dit was nie hoe hy dit afgespeel het in sy kop nie.

      “As mens die Silwer beledig is dit so goed as om die Koning direk te beledig,” antwoord Thor bedees, ʼn herhaling van dit wat hy gememoriseer het.

      “Ja,” antwoord die soldaat. Wat dit beteken is dat ek jou veertig houe mag gee as ek so verkies.”

      “Ek