McDonald’s. Geen medinas soos in Marrakesj of Fes of modderhutjies soos in Nouakchott en Djienne nie.
Ons koop passaat vir die veerboot wat die volgende dag na Europese Spanje vertrek en boek ons rugsakke by bagasiesekuriteit in. Op die horison lê die Gibraltar massief. Môre betree ek vir die eerste keer my voorvaders se kontinent.
Gewapen met ’n laaste handvol kontant bestorm ons die stad. Ons is opgereis en moeg van gatkant slaap. Vanaand ’n welverdiende lekker inlê. Dit in een of ander plek met staanbeddens, wit lakens, seep wat jy kan huis toe vat en toiletsproei wat dinge laat beter ruik.
Maar dan besef ons skielik – Europa en Afrika het kop met mekaar verloor, want ons – uit Afrika – kan nêrens ’n blyplek in “Europese” Afrika bekostig nie. Moedeloos suiker ons laatnag terug na die kaai en die bagasie-stoorarea. Alles is gesluit en van siel ontdaan.
En die reisigers uit Afrika vis kartondose en koerante uit asblikke uit en maak hulle laggend tuis op die parkeerterrein se teer. Dis hoe dit moet wees.
Iewers gedurende die nag het die Spaanse polisie ons met loeiende sirenes omsingel. Verwoed is beduie dat ons nie hier mag slaap nie! Ons het net gelag en in Afrikaans vir hulle gesê: “Lyk dit of ons slaap?” Toe het ons omgedraai en koerantpapier tot onder ons kenne opgetrek.
Конец ознакомительного фрагмента.
Текст предоставлен ООО «ЛитРес».
Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.
Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.