Anton Roodt

Weerlose meganika


Скачать книгу

vir Lympi ’n tegniese aspek te verduidelik, toe daar iets in die lug verander. Letterlik. Hoog bokant die verf en gips en droë grasse het Piet iets geruik wat hy nie kon eien nie. By sy voël was daar egter geen twyfel nie. Dié wou net sy kop optel, maar was soos ’n brugbaba in sy onderbroek vasgevang. Lympi het weer eens met haar kalm stem en bewegings ’n hipnotiese uitwerking op Piet gehad. Asof sy ’n voorkyker se vermoëns het, het sy sy behoeftes gelees en sonder om haar oë van syne af te neem, sy belt met een hand losgemaak en met die ander sy gulp afgerits. Piet het nie daaraan gedink om te keer nie.

      Sy het hom aan sy das gelei na ’n replika van Grietjie, die Bloedrivierkanon, en gemaklik wydsbeen oor die loop gaan sit. Piet se broek was om sy enkels en sy ereksie het soos sy seilboot se kluifhout in ’n storm rigtingloos rondgeswaai. Lympi het grepe geken en tegniese maneuvers met haar tong en lippe uitgevoer waarvan hy nog net op die donker web gelees het. Hy is getransporteer tot op die rand van wat vir hom gevoel het na ’n uitgestrekte orgasmiese landskap. Hy sou vir altyd daar kon huiwer. Sy oë was toe en hy het gewonder wie maak sulke snaakse steun- en pleitgeluide. Hy kon voel hoe Lympi beweeg en toe hy kyk, sien hy die blink smeersels wat die ritmiese stootbewegings van haar heupe op die kanonloop laat. Toe maak hy weer sy oë toe en sukkel om regop te bly. Die volgende oomblik oorval ’n orgasme hom en sy oë fladder oop toe Lympi se vinger gladweg deur sy kringspier gly en oor sy oumansklier swiep. Hy bulder iets in ’n vreemde dialek en sien in die ultraviolet lig van die diorama hoe sy sperma met ’n gloeiende boog in die rigting van die vegtendes spat.

      Toe hy tot verhaal kom, het hy die sekuriteitskamera se rooi liggie hoog teen die dak aan en af sien flits. Fokkit, sy vertoning was seker al klaar op sosiale media, maar hy tog kan nie anders as om in die rigting van die kamera te glimlag nie, want net hy kan hierdie ervaring teen die binnekant van sy ooglede beleef én voel.

      Al sou Piet daardie ervaring as die tegniese hoogtepunt op die Moolman-masturbasieskaal plaas, het daar iets ontbreek. Hy moes lank daaroor nadink voor hy in die vroeë oggendure tot die slotsom gekom het dat daar nie dieselfde konneksie was as met Vlindra wanneer hulle klaar seks gehad het nie. Langs hom het Vlindra saggies gesnork. Haar gesig was wasbleek in die maanlig en sy het hartseer gelyk waar sy ook al in droomland was.

      Die konneksie tussen hom en Lympi sou egter in almal se teenwoordigheid verander, asof daar getuies van die emosionele waterskeiding móés wees.

      Oomblik zero – toe dit gebeur het, as hy presies moet wees – was die aand van die personeelfunksie. Lympi het aan die ander punt van die lang tafel in die restaurant gesit. Toe Piet haar oog probeer vang ná sy toesprakie wat grootliks haar lof besing het, het sy eers afgekyk na haar hande. Toe het sy haar swaar ooglede stadig gelig en haar oë het geblink in die nagemaakte kerslig. Piet het gevoel hoe sy hart ligter word. Sy het opgestaan en tot almal se verbasing op haar stoel geklim, en toe op die tafel. Sy het stadig op haar hoë hakke tussen die eetgerei deurgeloop, met haar arms soos vlerke uitgesprei, op die maat van die ou Fleetwood Mac-liedjie wat gespeel het. Piet het met ’n skerp pyn opgemerk dat Vlindra met haar kop vooroor sit, en hy het gesien hoe Boytjie sy hand op haar skouer lê.

      Lympi het ’n kort swart aandrok gedra en haar irisse, wou dit vir Piet lyk, was dié aand swart. Haar swart hoëhakskoene met oop tone het haar toonnaels met blink oranje naellak mooi afgewys. Piet is verbaas dat hy al die detail kan onthou. Sy het in die verbyloop vir die sterflinge aan tafel geglimlag. Hy moes wonder of sy iets onder daardie rokkie aanhet. Toe sy by hom kom, het sy gehurk en sy gesig in haar hande geneem. Toe haar dye skei, is sy vermoedens bevestig. Diep verby haar gladde bobene kon hy die vlesige viool van haar gesplete geslag uitmaak. Toe leun sy stadig nader en soen hom op die lippe. Daardie vlugtige kontak het eindeloos meer beteken as die diorama-aand. Sy het gefluister: “Dankie … Piet.”

      Hy het op daardie oomblik besef dat ’n gevaarlike grens oorgesteek is. Daardie soen het sy belustige hunkering na die plesiere van die liggaam omskep in iets anders … iets … liries, soos Boytjie dalk sou sê. Was dit – die hemele behoede hom – liefde? Ander vrouens het in ieder geval reeds vir hom ophou bestaan. Lympi moes syne wees, hy moes haar besit en in alle opsigte beken, maar sy behoort tegnies aan die departement. Wat sou hulle reaksie wees? Seks met haar was een ding, maar hy wou nie dink aan die ramifikasies van ’n verhouding met ’n slimbot nie, boonop ’n masjien wat op die departement se inventaris gelys is. En wat van Vlindra? Hy kon sien dat hierdie ding nie vir haar lekker is nie en nou is sy nog voor almal verneder ook. Vir die oomblik moes sy duimnael die woelinge in sy binneste ontgeld.

      * * *

      Piet voel ’n benoude beklemming in sy bors opbou toe hy aan daardie gebeure terugdink, en sy ganse lyf voel koorsig. Hy sal moet fokus op vanaand se storie, anders gaan dinge lol. Hy probeer sy bes om sy aandag te bepaal by wat voor hom in die inryteater afspeel.

      Die gehoor in die amfiteater het nou aangegroei tot ’n gesellige groepie who’s whos wat luidkeels groet en gesels. Die yskoue vonkelwyn en “canopies” (soos Babsie D’Assonville van Bevoorrading dié voorgereg noem) dra heelwat by om die atmosfeer te verlewendig.

      Dit word egter getemper deur ’n gedreun en ’n gesuis – dit word al hoe harder. In die weste is daar teen die laaste lig ’n vreemde gesig. Eers lyk dit vir Piet na ’n versameling ligte van verskillende sterktes. Sommige beweeg heen en weer soos vuurvliegies. Toe die ligstoet omtrent vyfhonderd meter weg is, verlig die lasersoeklampe wat vir die fees opgestel is die konvooi vlieënde voorwerpe en maak Piet nes die meeste ander verbaasde gaste uit waarna hulle kyk. ’n Groot, rooi lugskip met ’n wit S-embleem op die sykant is na hulle toe op pad. Dit word vergesel van drie warmlugbalonne, ’n klein helikopter, twee weerbalonne en wat lyk soos honderde hommeltuie van verskillende groottes. Die hommeltuie is klaarblyklik met sagteware gesinchroniseer om veelkleurige patrone te vorm al om die lugskip, wat majestueus nader sweef soos ’n koninginby op pad na ’n belangrike eierlê-afspraak.

      Dis die bleddie Styger van Gass! Sy aankoms is altyd teatraal en bombasties en irriteer dan die kak uit Rooipiet uit. Hy probeer alewig die kollig by die Kulturama se funksies steel en dit moet einde kry, al is hulle verleë oor sy geld. As dit nie was vir Styger se oorbruggingsfinansiering nie, sou hulle geen Lympi gehad het nie, herinner Piet homself. Maar mense soos Styger sit ook soms ’n voet verkeerd en dan gaan hy lekker lag. Fokken lekker. Blykbaar, so beweer Vlindra, het hy iets aan die prut met die burgemeester. Daar is ook bespiegelings oor verdagte transaksies en politieke knoeiery.

      Styger is ’n blok van ’n man met ’n bypassende ego en gemmerblonde hare wat hy agteroor kam, ’n bietjie soos Donald Trump wat soveel kak as president van die VSA aangejaag het. Styger is ook meer poeierhol as boer. Dra duur eau de cologne soos Xerxes, Boss en die joos weet wat nog. Wat is fout met Old Spice?

      Met ’n digitale megafoon kondig Styger se seun, Heinz, die aankoms van die grondbaron se konvooi aan. Terwyl die lugskip stadig neerdaal op die grasperk langs die teerblad, resiteer Heinz die name en oppervlaktes van doktor Van Gass se plase in alfabetiese volgorde: Agnostika, 1 652 hektaar; Beëlsebub, 2 001 hektaar; Comely, 312 hektaar; Dwarslêer, 2 018 hektaar; Estoppel; Moerland … tot by Zardoz, glo genoem na die een of ander ou fliek. Die hommeltuie spel in veranderende kleure die plaasname teen die sterrehemel uit. Wat ’n sirkusnar! En wat Piet nog meer ergerlik maak, is dat Styger se plase twaalf meer is as wat oudpresident Mugabe van Zimbabwe eens op ’n tyd gehad het, en heelwat meer as wat Hendrik Schoeman in die ou Suid-Afrika besit het. Dit te midde van die federasie se voortgesette onteiening van plaasgrond.

      Die lugskip daal tot so ’n meter bokant die grasperk. Styger se aankoms – of is dit wederkoms – word in hoëdefinisie-detail op die grootskerm vir die waarderende gehoor gewys. Klein-Petrus loop nader en help om die lugskip vas te meer. Die kajuit aan die onderkant open met ’n ligte sisgeluid. Wagner se Der Fliegende Holländer dawer vanuit die ruim die naglug in en ’n enorme figuur verskyn onder luide applous in die straal van die soeklamp. Hy spring ligvoets uit en drafstap in die kolonel se rigting. Rooipiet probeer koes, maar Styger kry hom in ’n kopklem beet en soen hom op albei wange. Piet snak na sy asem toe die man se naskeermiddel sy suurstof verdring. Uit Heinz se rugsak haal Styger ’n klein streepsak.

      “D-d-dankie, Gassie.” Piet loer in die sakkie nadat hy dit met ’n gesukkel oopkry. “Aartappels – jissem, d-d-ankie,