slaan die seun hom met die elmboog in die gesig.
Thor struikel terug, duislig. Dit was soos om met ‘n hamer geslaan te word, en sy ore tuit.
Terwyl hy struikel, probeer om sy asem terug te kry, storm die seun weer en skop Thor hard teen die bors. Thor vlieg agteruit en stort neer op sy rug teen die grond. Die ander seuns is juigend.
Thor, duiselig, probeer sit, maar die seun storm weer, swaai, en slaan hom weer, hard in die gesig, slaan hom weer plat teen die grond--- die keer vir goed.
Thor lê daar, hoor die gedempte juiging van die ander, proe die soutterige smaak van bloed wat uit sy neus stroom, en die rif in sy gesig. Hy kreun van die pyn. Hy kyk op en sien die groot seun omdraai en terug stap na sy vriende, reeds besig om sy oorwinning te vier.
Thor wou opgee. Die seun was reusagtig, om teen hom te baklei was nutteloos, en hy kon nie meer straf verduur nie. Maar iets binne hom stu hom voort. Hy kon nie verloor nie. Nie voor al hierdie mense nie.
Moenie opgee nie. Staan op. Staan op!
Thor skraap van iewers die krag bymekaar. Kreunend, rol hy om, kom hande viervoet en dan stadig tot op sy voete. Hy kyk na die seun, bloeiend, sy oë toegeswel, kon skaars sien, asem blaas, en lig sy vuiste.
Die massiewe senn draai om en staar Thor aan. Hy skud sy kop in ongeloof.
“Jy moes bly lê het, seun!” dreig hy, en begin aanstap na Thor.
“GENOEG!” skree ‘n stem. “Elden, staan terug!”
‘n Ridder kom na vore, tussen hulle, hou sy hand omhoog en keer Elden om nader aan Thor te kom. Die skare raak stil, almal kyk na die ridder; duidelik was dit ‘n man wat respek afdwing.
Thor kyk op, met groot ontsag vir die ridder se teenwoordigheid. Hy was in sy twintigs, lank, met breë skouers, vierkantige ken, met bruin, goed versorgde hare. Thor het onmiddelik van hom gehou. Sy eerste-klas wapens, maliekolder van gepoleerde silwer, wat bedek is met die koninklike merking: die valk embleem van die MacGil familie. Thor se keel is droog: hy was voor ‘n lid van die koninklike familie. Hy kon dit skaars glo.
“Verduidelik jouself, seun,” sê hy aan Thor. “Waarom het jy ongenooid by ons arena ingestorm?”
Voor Thor kan antwoord, is die drie lede van die Konings se wagte deur die sirkel. Die leier van die wagte, staan voor, asem wat jaag, met ‘n vingerwysing na Thor.
“Hy het ons bevel verontagsaam!” skreeu die wag. “Ek gaan hom boei en na die Koning se kerker neem!”
“Ek het niks verkeerd gedoen nie!” protesteer Thor.
“Nie?” skreeu die wag weer. “Storm ongenooid by die Koning se eiendom in?”
“Al wat ek wou hê was ‘n kans!” skreeu Thor, draai om, pleitend na die ridder voor hom, die lid van die koninklike familie. “Ek wou net ‘n kans hê om by die Legioen aan te sluit!”
“Die opleidings gronde is net vir genooides, seun,” kom ‘n growwe stem.
In die kring in kom ‘n vegter ingestap, in sy vyftigs, groot en vors met ‘n kaal kop, kort baard, met ‘n letsel wat oor sy neus strek. Dit lyk of hy ‘n professionele soldaat was sy lêwe lank---en aan al die merkings op sy wapenuitrusting, die goue speld op sy bors, lyk hy soos ‘n bevelvoerder. Thor se hartklop versnêl terwyl hy vir hom kyk: ‘n generaal.
“Ek was nie genooi nie, my Heer,” sê Thor. “Dit is waar. Maar dit is my lêwens droom om hier te wees. Ek wil net ‘n kans hê om te wys wat ek kan doen. Ek is net so goed as die rekrute. Gee my net ‘n kans om dit te bewys. Asseblief. Om by die Legioen aan te sluit is al waaroor ek nog ooit gedroom het.”
“Die slagveld is nie vir dromers nie, seun,” kom die gowwe antwoord. “Dit is vir vegters. Daar is geen uitsonderings vir ons reëls nie: rekrute word gekies.”
Die generaal gee ‘n kopknik, en die Koning se wagte kom nader, die boeie uit.
Конец ознакомительного фрагмента.
Текст предоставлен ООО «ЛитРес».
Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.
Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.