Jaco Fouché

Aanspreeklikheid


Скачать книгу

jy eenmaal ’n kerkganger, dra jy altyd daardie mantel, en sou dit gebeur dat jy eendag met die brandstapel gedreig word, sal jy soos die laaste Tempelier die kruis met jou lippe verloën, maar nooit met jou hart nie.

      Fouché moet oortuig gewees het hy doen die regte ding deur die kerke te probeer vernietig. Hy het geglo dat daar niks ná hierdie lewe is nie, dat ander mense gek was om dit te glo en hy wou sy bitter evangelie hart­stogtelik verkondig. Hy wou hom moontlik ook wreek op diegene wat nie soos hy gedink het nie, hulle onbenullig maak, hulle opinies van die aarde vee ten einde sy eie te laat gedy. En tog, ten spyte van die onversetlikheid, kon hy hom telkens herontwerp om by die heersende orde in te val en opnuut ’n sterk rol te speel. Ek stel my voor dat elke herontwerpte rol vir hom ’n prestasie was. Dink van hom wat jy wil, onthou daardie mense wat deur sy manne by Lyon doodgemaak is as ’n klaaglike fout, maar hy kon op sy voete dink.

      Ek skryf vir twee uur voor ek opstaan en my rug en arms strek, my ewewig herwin. Dan maak ek die balkondeure oop en kyk af op Soraya se tuin. Die hondjie sit daar, wit-en-taankleurig, by ’n leë waterbak. Roer­loos, ’n hompie dors en honger lewe. Ek sug. Daar is altyd nog iets om te doen.

      16

      Niemand weet wie Soraya se woonstel se sleutels het nie. Die dier is al dae lank alleen. ’n Waterbak is leeg. Op die ou end gaan ek by haar bure in en klim oor die muur en kry met geduld die hondjie gevang. Die bure stem in om na die dier te kyk solank hulle kat nie te ontsteld raak nie. Hulle het ook ’n tuin. Ek gaan terug na my woonstel toe, tevrede dat ek ’n goeie daad verrig het.

      Dan bel ek vir Jansen. Hy antwoord en ek hoor ’n gelag en musiek op die agtergrond. Hy is in ’n joviale stemming en praat voor ek kan sê wat ek wil hê.

      “Meneer Diehl, jy moet meer uitkom. Daar was nou die aand ’n aan­gename byeenkoms by die Nuwe Hawe. Jy kon rustig daar gaan sit en musiek luister het.”

      “Was jy daar?” vra ek vinnig.

      “Nee. Nou ja, meneer die skrywer. Watse wysheid kan jy vandag aan my oordra?” vra hy. Miskien het hy ’n gehoor aan daardie kant van die verbinding, iemand wat al ’n boek gelees het. Dis seker onwaarskynlik in hierdie troebel tye.

      “Ek wou net hoor of daar al nuus is? Oor die moord?” vra ek so ter­loops moontlik.

      “Ek het uitgevind ons vriend John was ’n soldaat, maar teen my ver­wagtinge in nie die supermenssoort nie. Geen recce nie, geen valskerm­soldaat nie. Nie eens ’n korporaal met ’n repertoire beledigings nie. Hy was ’n seiner met ’n oog vir ’n geleentheid. Tydens sy grensdiens dekades gelede het hy sy wapens bekom en dit self afgery Suid-Afrika toe, met ’n Unimog wat hy by ’n depot vasgelê het. Dis wat hy gedoen het, hy het die Unimog by die kamp uitgery, daarmee Kaap toe gekom, sy wapens by sy ouerhuis versteek en met die Unimog al die pad teruggery sonder dat iemand hom voorkeer. Dit het hom vier dae geneem en heelwat diesel. Natuurlik moes hy die diesel self koop, by die gewone motorhawens. By die militêre depots sou hulle ’n logboek wou sien.”

      “En hoe het hy en Soraya mekaar geken?” vra ek. Ek en sy het toe nooit uitgekom by die uitruil van romantiese oorlogstories nie.

      “Mekaar in ’n gebedsgroep ontmoet. Ek vermoed albei het by die kerk aangesluit in die hoop om iemand ordentlik te ontmoet. En daar sit hul­le toe met mekaar, en kyk wat gebeur.”

      “Jy klink sinies.”

      “Ek is ’n poliesman. Kon jy iets uitvind?”

      “Ek het hier en daar gesels, maar ek het net gehoor die man wat by haar gebly het, is van tyd tot tyd deur die polisie huis toe vergesel, smoor­dronk.”

      “Bespeur ek oordeel in jou stem? Die Mag kan nie by allerhande beuselagtighede betrokke raak nie. Hulpbronne is beperk.”

      “Is die bier dan amper op?” mompel ek, want op die agtergrond roep mans blykbaar na ’n kroegman.

      “Wat?”

      “Niks. Dan gesels ons weer, Jansen.”

      “Joune ok,” sê die man vrolik.

      17

      Dit het winter geword. Frankryk sleep my in. Ek dwaal van die wêreld van Joseph Fouché via ’n stel Reader’s Digest-boeke wat ek het na ’n ouer era, dié van Charlemagne en sy ridder Roland. Die gegewe het ek in die Fouché-boek ingewerk. Dis soos altyd ’n genot om in die verhaal weg te raak, die besonderhede soos sappige brokkies familiegeskiede­nis: Roland wat sy skoonpa uitstuur teen die Saraseen in Spanje, Roland met die swaard Durandal, wat volgens oorlewering vandag in ’n krans in die dorpie Rocamadour vassteek sodat niemand dit kan uittrek nie. Die dorpie het ook bande met die tollenaar Saggeus uit die Bybel. En Saggeus het bande gehad met Veronica, die vrou wat Jesus se gesig afgevee het op die Lydensweg.

      Hoe sussend die wind wanneer dit waai. Hoe vredig die klank van dak­water wat in ’n metaalgeut afstort.

      Ek word wakker uit drome oor Fouché, die objek van my obsessie en maande se toewyding. Ek was saam met hom by Lyon, het sy afgryse aanskou toe soveel mense val en wéér geskiet moet word, ’n tweede keer vermoor. En sy hande is in sy hare, sy hande is oor sy mond, sy hande is oor sy oë en ore.

      En tog kom die beelde deur, die wavragte organe en ledemate, die diep-diep skakering van die bloed tussen die polle gras en struike wat ek my op die toneel voorstel, die krete wat ek onder die bevryde hemel hoor wanneer dit stil word en die stilte ’n mens verdrietig stem.

      Конец ознакомительного фрагмента.

      Текст предоставлен ООО «ЛитРес».

      Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.

      Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.

/9j/4RuJRXhpZgAATU0AKgAAAAgABwESAAMAAAABAAEAAAEaAAUAAAABAAAAYgEbAAUAAAABAAAA agEoAAMAAAABAAIAAAExAAIAAAAhAAAAcgEyAAIAAAAUAAAAk4dpAAQAAAABAAAAqAAAANQALcbA AAAnEAAtxsAAACcQQWRvYmUgUGhvdG9zaG9wIDIxLjAgKE1hY2ludG9zaCkAMjAyMDowNDowNyAx MjoxMzo1MgAAAAOgAQADAAAAAf//AACgAgAEAAAAAQAABkCgAwAEAAAAAQAACgAAAAAAAAAABgED AAMAAAABAAYAAAEaAAUAAAABAAABIgEbAAUAAAABAAABKgEoAAMAAAABAAIAAAIBAAQAAAABAAAB MgICAAQAAAABAAAaTwAAAAAAAABIAAAAAQAAAEgAAAAB/9j/7QAMQWRvYmVfQ00AAf/uAA5BZG9i ZQBkgAAAAAH/2wCEAAwICAgJCAwJCQwRCwoLERUPDAwPFRgTExUTExgRDAwMDAwMEQwMDAwMDAwM DAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwBDQsLDQ4NEA4OEBQODg4UFA4ODg4UEQwMDAwMEREMDAwMDAwR DAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDP/AABEIAKAAZAMBIgACEQEDEQH/3QAEAAf/xAE/ AAABBQEBAQEBAQAAAAAAAAADAAECBAUGBwgJCgsBAAEFAQEBAQEBAAAAAAAAAAEAAgMEBQYHCAkK CxAAAQQBAwIEAgUHBggFAwwzAQACEQMEIRIxBUFRYRMicYEyBhSRobFCIyQVUsFiMzRygtFDByWS U/Dh8WNzNRaisoMmRJNUZEXCo3Q2F9JV4mXys4TD03Xj80YnlKSFtJXE1OT0pbXF1eX1VmZ2hpam tsbW5vY3R1dnd4eXp7fH1+f3EQACAgECBAQDBAUGBwcGBTUBAAIRAyExEgRBUWFxIhMFMoGRFKGx QiPBUtHwMyRi4XKCkkNTFWNzNPElBhaisoMHJjXC0kSTVKMXZEVVNnRl4vKzhMPTdePzRpSkhbSV xNTk9KW1xdXl9VZmdoaWprbG1ub2JzdHV2d3h5ent8f/2gAMAwEAAhEDEQA/AM6ynfxzwSgPofXq fuVpt4dGnOioVdcx7cwYza3APea22lw2kiQ07f5asSI+1z8ImQaF1unrsIKvYVzK7gXcERPgqVjI cYGiKxrwzdGiavkAR5u86za3cfuQX5Y2kV8+fcKm3Ke+prToW6EQhOtr9QVl7RcRLay4BxHkz6SJ LCMfdO+4x9FQqcHnaRqsjI+sePj32UWU2ONTiwuBbBjuNyNT1fDfQ7Ka811sIbYHA7ml30QWs3/S /Nc1DiHdm9qQHy77Ok+sSR4KvZWAjYXUOmZw9PHvbZeBuczUOgfSIa8N3f2U+RWa2+9pg8Hsktsg 0QQfFz3iBwqthf4QiZ2bRiBpu3fpJ27RP0Yn/qkLLyasUA3k+4wABJ0+kf6qVj7EkSNUL4tvFFtM ykp+oz0/W2O2xu2x7o/qykis17daf//QwM3IdjYljxo8jYz+s72/9H6SxTiW14Nea2QHWFjT4R/N P/tPY9X+v377qsVnLBvcBqS5+lY/zP8Aq1Xsz8yzE+xnHaKdrWCGPkbY2uHu+nopJkEnw/NgwRIx xIHzG5f3HZZltsxW5btGbPUd8vpt/wA72rP6TZdjZ1GVePZ1Te139bduqn/vqq4r778KzAq5Lw4k kCKyf0nP0v0garGX03Hq