of Vegter haar gedagtes lees, want hy vervolg: “Niks gebeur sommer maar nie, Elise. Miskien het dit nodig geword dat jy eers weer moet teruggaan Paradys toe. Jou pa se siekte is deel van ’n plan wat nou vir jou verkeerd mag lyk, maar net omdat jy nie die hele plan sien nie. Hou net daaraan vas. En as jy hulp nodig het, moenie huiwer om ons te bel nie. Ons gebede gaan vanselfsprekend saam met jou.”
Toe sy laat daardie namiddag deur die indrukwekkende gewelfde ingang van Paradys ry waar die naam in sierletters aangebring is, sluit sy ’n oomblik haar oë. Bid vir my, my vriende. Bid baie hard vir my. Ek sal julle gebede nodig hê …
Toe sy haar oë oopmaak, moet sy vinnig rem trap, want voor haar in die rylaan staan ’n man. Sy herken hom onmiddellik.
Конец ознакомительного фрагмента.
Текст предоставлен ООО «ЛитРес».
Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.
Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.