geskrik as die golwe (baie hoog) deur die winde aangejaag word.
Daaglikse assessering: Sien jou antwoorde volgens die onderwyser se memorandum na. |
Taalspeletjie
Intensiewe vorme-speletjie
•Knip 20 kaartjies van 10 cm x 5 cm uit kartonpapier.
•Knip voorbeelde van byvoeglike naamwoorde uit koerante en tydskrifte en indien nodig, vergroot dit op ’n kopieermasjien.
•Plak die byvoeglike naamwoorde op die kaartjies.
•Hou die kaartjies onderstebo. Plaas dan ’n kaartjie met ’n byvoeglike naamwoord na bo op die tafel neer. Die leerder wat die korrekte intensiewe vorm eerste kan weergee, kry een punt. Kyk wie kan die meeste punte kry.
•Speel nou met ’n ander maat in die groep se kaartjies.
Aktiwiteit 5: Lees ’n kortverhaal (selfstandige lees) |
In hierdie aktiwiteit gaan jy |
• Lees en kyk• Skryf en aanbied•’n kortverhaal aandagtig stillees•kenmerke van ’n kortverhaal ondersoek•let op karakter, konflik, tema en boodskap•notas (sinne) skryf. |
Prelees
Die kortverhaal wat jy in jou Piekfyn Afrikaans Leesboek gaan lees, se titel is “Lerato se son”. Kyk eers na die illustrasie en beantwoord die vrae saam met jou maat.
•Waarna dink jy kyk die karakter? Noem alles waarna jy dink sy kyk.
•Wat kan jy uit die karakter se gesigsuitdrukking aflei oor hoe sy voel?
•Hoekom dink jy is daar mensfigure op die wolke?
•Watter houding neem elk van die figure in?
•Kan jy voorspel wat moontlik met hulle kon gebeur het?
Tydens lees
Onthou jy nog die kenmerke van ’n kortverhaal? Kyk weer na die volgende vereistes.
•Kortverhale se intrige en spanningslyn is duidelik.
•Innerlike en uiterlike handelinge kom voor.
•Daar is gewoonlik een hoofkarakter en newekarakters.
•Dit kan in die verlede of teenwoordige tyd geskryf word.
Postlees
Opdrag: Skryf nou 2 tot 3 sinne oor elk van die kenmerke soos dit op hierdie kortverhaal van toepassing is.
Конец ознакомительного фрагмента.
Текст предоставлен ООО «ЛитРес».
Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.
Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.