Maak gebruik van jou aantekeninge wat jy gedurende die paneelbespreking in Aktiwiteit 4 gemaak het en skryf ’n verslag oor die bespreking. Onthou die volgende:
Die doel van jou verslag is om inligting oor die bespreking te verskaf.
Jou teikengroep is jou onderwyser.
Jy kan van subopskrifte gebruik maak.
Jou verslag moet 120-140 woorde lank wees.
Maak gebruik van die stappe van prosesskryf: beplan eers, skryf jou konsep, redigeer dit self en gee dit dan aan jou maat om te redigeer, herskryf dit en bied dit vir jou onderwyser aan.
Skryf ’n vriendskaplike brief.
In Module 11, Aktiwiteit 2 word die vriendskaplike brief bespreek. Daar is ook ’n voorbeeld van die uitleg van so ’n brief. Bestudeer dit goed en skryf dan jou eie vriendskaplike brief oor die volgende:
Jy en jou ouers het in julle motor of ’n taxi gery toe die motoris voor julle skielik iets doms gedoen het. Skryf ’n brief aan jou vriend/vriendin waarin jy vertel wat verder gebeur het. Maak gebruik van die stappe van prosesskryf. Jou onderwyser gaan dit formeel assesseer. Lengte van jou brief: 120-140 woorde.
Neem die volgende in ag:
Gebruik informele taal, maar hou dit suiwer en sonder foute.
Maak effektief van leestekens gebruik.
Jou beskrywings moet in eenvoudige taal wees.
Vertel die gebeure in logiese volgorde.
Jou brief moet ’n inleiding, ’n liggaam van 2-3 paragrawe en ’n slot hê.
Formele assessering
Jou onderwyser gaan ’n rubriek gebruik om jou brief te assesseer.
In hierdie aktiwiteit gaan jy
’n volksverhaal in jou Leesboek prelees
die verhaal aandagtig deurlees
karaktereienskappe ontleed.
Prelees saam met ’n maat.
Wat beteken dit om vreedsaam te wees?
Hoe verskil ’n volksverhaal van ’n kortverhaal?
Was julle al in ’n regte bos soos die Knysnabos? Vertel daarvan.
Wat is die verskil tussen ’n inheemse bos en ’n dennebos?
Dink julle daar woon diere in inheemse bosse? Brei uit daaroor.
Dink julle daar woon bonatuurlike wesens in die inheemse bosse? Hoekom?/Hoekom nie?
Lees ’n volksverhaal aandagtig deur.
Lees die verhaal “Hlaulu en die bosdier” deur Corlia Fourie in die Piekfyn Afrikaans Leesboek, aandagtig deur en beantwoord die vrae. Julle onderwyser sal die memorandum met julle bespreek.
Maak afleidings oor karaktereienskappe saam met die groep.
Hlaulu was ’n besondere mens met sterk karaktereienskappe. Kyk of julle kan agterkom watter karaktereienskappe sy besit. Gaan soos volg te werk:
Elke groeplid kry ’n beurt om ’n halwe bladsy van die volksverhaal hardop voor te lees.
Terwyl die een groeplid voorlees, moet die ander lede fyn luister en elke karaktereienskap wat in die gedeelte na vore kom, neerskryf. Skryf ook die gebeurtenis neer waaruit jy jou afleiding gemaak het sodat jou maats kan verstaan waarom jy die stelling maak. Die tabel hieronder gee ’n voorbeeld van hoe jy dit moet doen.
Wanneer die eerste persoon klaar gelees het, moet groeplede aantekeninge maak. Vergelyk dit met ander groeplede se afleidings. Stem die groep saam?
Wanneer die groep klaar gelees het, moet julle saam ’n finale lys van karaktereienskappe en motiverings neerskryf.
Gee terugvoering aan die klas.
Kyk na die volgende voorbeeld.
Karaktereienskap | Waarom sê jy so? |
Gehoorsaam/behulpsaam | Sy neem elke oggend ’n potjie pap vir ’n siek ou vrou. |
Конец ознакомительного фрагмента.
Текст предоставлен ООО «ЛитРес».
Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.
Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.