vir ’n rowwe tydjie,” sê Alida. “Onthou, dit is nie maklik nie. Die meisies kan baie veeleisend wees, en ons weet julle manne moet tussendeur nog boer ook. Jy het mooi kamers, so ek neem aan elkeen sal haar eie kamer hê. Dit sal dinge makliker maak. Jy moet ook ’n program uitwerk van alles wat jy elke dag met hulle gaan doen … en hande tuis voor die kameras, nè!”
“Mag ek jou iets vra, Alida? Ek bedoel dit opreg. Is jy beskikbaar vir ’n verhouding?” vra Juan wanneer hulle vir ’n oomblik alleen is.
Sy kyk hom ernstig aan, en hy dink: O gaats, nou het ek oortree!
“Mmmm … kom ons los dit vir later, as jy nie omgee nie,” antwoord sy.
Die manne verdwyn een ná die ander bed toe terwyl hy en Alida nog langs die kampvuur kuier met ’n glasie rooiwyn in die hand. Sy is lief vir cabernet en merlot. Sy lê gemaklik agteroor in ’n lêstoel met haar bene onder haar ingevou. Sy vertel hom van die uitdagings van haar loopbaan en wat sy nog alles wil vermag. Hy besef hulle wêrelde is wyd uitmekaar.
Teen halftwaalf besluit hulle om te gaan slaap en hy vergesel haar na haar kamer. Hy neem haar hand en soen dit liggies op die agterkant, dan gee hy haar ’n sagte drukkie en sy maak ’n punt daarvan om haar onderlyf weg te hou van sy knop.
“Lekker slaap en droom van my,” skerts hy.
“O, Juan, jy is ’n regte charmer, maar dankie vir ’n wonderlike aand,” sê sy en draai om en maak die deur toe.
’n Rukkie later lê Juan in die bed en dink aan die dag se gebeure. Hy slaap altyd kaal en met sy gedagtes nog by Alida, moet hy hom maar self bevredig, anders sal hy nooit kan slaap nie.
Die volgende oggend voel die huis leeg nadat die span vertrek het.
Hy sal moet sien of hy onder die eerste vyf boere gaan eindig.
Siena kyk hom op en af in die kombuis. “Kleinbaas, hierdie mense gaan jou nie help nie. Jy moet daai meisiekind met die muscles huis toe bring. Sy is sterk en sal mooi bly hier by die plaas,” sê sy.
Juan is baie erg oor Siena en hy hoop dat wie ook al sy hart gaan steel haar goedkeuring sal wegdra.
Конец ознакомительного фрагмента.
Текст предоставлен ООО «ЛитРес».
Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.
Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.