Maretha Maartens

Hanna


Скачать книгу

En vergeet nou dadelik daarvan. Daardie woord kom nie eens oor ons lippe nie.”

      Ouma Seruja se wetes was van God en hulle het haar ouma stom gelaat. Sy het nooit soos die waarsêers en do­de­be­sweer­ders gepraat wat in grotte en by die onheilige boom­stam­me in ’n trans raak en in ander stemme as hul eie skreeu en fluister nie. Die wetes wat van die Here kom, het haar verskrik.

      Sy, Hanna, het daardie nag geweet hoe ouma Seruja ge­voel het wanneer die wetes kom. Dit was asof sy vir oom­blikke in haar ouma se lyf was – magteloos en wetend.

      Elkana het begin praat. “My pa word nie jonger nie. Ek ook nie. Dinge het nou tot ’n punt gekom. Ek het lank gedink en het verlede week by hom onder die vyeboom gaan sit om met hom te praat. Wel, ek het gedink ek gaan die praatwerk doen. Dit was toe hý wat praat. Dit was soos ’n stroom wat in my pa afkom, ’n vloed. Hy rol snags rond omdat sy naam in Israel sal uitsterf en omdat hy en ek nie ’n opvolger in die heiligdom sal hê nie. Die landerye, die grond wat ons bewerk en hierdie huis sal deur ander bewoon word wanneer eers hy, dan ek sterf. Dit is egter nie die tragedie nie. Niks behoort tog regtig aan ons nie. Aan die stam van Levi is immers geen familiegrond ná die inname van die land toegeken nie. Vir my pa gaan dit oor ’n volgende Leviet en oor ons opvolger in die heiligdom. Daar is nog nie ’n seun vir my gebore nie. En jy weet hoe hy oor ’n nageslag voel.”

      Asof dit nodig was dat haar man dit aan haar moes uitspel – en dít in die middel van die nag. Haar skoonpa se lewensverhaal het nie uit haar gedagtes gewyk nie.

      “Vir twee dinge sal ek bid,” het haar skoonpa vir haar gesê. Nooit sou sy dié twee dinge kon vergeet nie. Een van die twee dinge was ’n seun vir Elkana. ’n Klein Leviet om in die heiligdom te doen wat sy voorvaders gedoen het.

      Hoe dikwels het haar skoonpa die name van sy voor­vaders oor sy lippe laat rol. Die seun waarvoor haar moe­der­skoot maand ná maand gereedgemaak en die hoop laat vaar het, sou die naam van een van sý voorvaders ont­vang. Sy het haar skoonpa die name van die oues van sy fa­mi­lie­groep hoor noem. Elkeen van hulle was uiteindelik so be­kend aan haar soos die name van haar eie voor­vaders en die geliefde naam van haar ouma.

      Haar skoonpa het die karakters van die oues, hul wandel met die Allerhoogste, hul dade en elkeen se stryd op die aarde by haar ingeskerp: Elkana die eerste van Efrata, dap­per held van die inname. Sy seun Suf, wie se onderrig as Leviet so verstaanbaar en so vol wysheid was, dat be­hou­dende ouers hul seuns van ver, van elke gehuggie op elke heuweltop in Efraim, gebring het om by Suf se voete te sit en van hom te leer.

      Die afvalligheid in Israel was groot in daardie dae. Op die heuweltoppe, waar die klein dorpies die een ná die ander soos paddastoele verrys het, was daar baie wat die Baäls en Astartes begin vereer het.

      Dieselfde begeerte wat in hul verste voorouers was, was in hulle. Hulle wou ’n tasbare voorwerp as god tussen hulle hê, soos die bulle van die Egiptenare, soos die goue bulkalf wat Aäron vir hulle uit die gesmelte oorbelle, armbande en goue orrna­mente gegiet het; uit hul kosbaarhede wat van Egipte af saamgekom het. Maar daar was ’n oorblyfsel wat die knie nie voor die Baäls gebuig het nie, en dit was hulle wat hul seuns na Suf, die Leviet van die Efraimsberge, gebring het.

      Togu die pottebakker, seun van Suf, het Rama verlaat en ’n halwe dagreis ver van Silo af in tente gaan woon. Togu was die oue wat elke nag in die derde nagwaak sy olielamp opgesteek en uit sy tent gegaan het om alleen in ’n grot daar naby klaagliedere oor die toestand van sy volksgenote te gaan sing en vir hulle voorbidding gedoen het. Toe hy sterf, het sy tien seuns en vier dogters hom in sy aanbiddingsgrot begrawe.

      “Ná Togu was dit Elihu, Hanna,” het haar skoonpa vir haar gesê. “My pa, Elihu. Almal voor hom was gewone Leviete. My pa is méér as ’n Leviet. Niemand het verwag dat hy so sou wees nie. My pa was die eersgeborene van my oupa Togu en my ouma Bat-Sua, die oudste van 14 kinders. As seun en jong man was my pa eintlik maar ’n man van die veld, soos Esau, die broer van ons voorvader Jakob. Anders as Esau, was my pa as jong man reeds ’n man van God. Hy was uit vrye wil lewenslank ’n nasireër. Hy het eers op 40-jarige ouderdom tot trou gekom – lank ná sy broers.

      “Ek wil jou die storie van my en my pa vertel. Ek was sy eersgeborene, sy enigste seun en sy opvolger in die hei­lig­dom. Ek het susters gehad, maar geen broer nie. Ek was die seun wat in my pa, Elihu, die Leviet en nasi­reër, se voetspore moes volg. Ek is die kind vir wie hy in sy arms vasgegryp het toe hy my weer ná die groot brand ge­vind het. Ek is die kind wie se gesig hy tot op die been skoon­gemaak het sodat ek kon leef. Vir my is daar nie­mand soos my pa nie.”

      Haar skoonpa met die halwe gesig het sy kop gedraai. Sy, wat altyd net na die regterkant van sy gesig gekyk het, die ongeskonde kant, kon haar kyk dié keer nie beplan nie. Sy moes bly kyk. Sy regteroog het haar vasgepen. Die lapverband oor die linkerkant van sy gesig het geskuif. ’n Stukkie van die litteken bo sy neus was oop en bloot.

      As sy die lapverband wat hy daardie dag ook maar weer oor die helfte van sy gesig aangebring het, tog maar kon terugskuif. Of dit heeltemal kon afhaal en die doek van sy linkerkant kon verwyder …

      “Hy hoef dit mos nie te dra nie,” het sy lank tevore al vir Elkana gesê. “Moet ons mekaar dan nie met letsels, littekens en al aanvaar nie? Ons kan mos daarby leer ver­bykyk. Hy kan mos net soos wat hy nou is, tussen ons wees. Jou ware pa is tog … Hy is tog binne-in sy liggaam! Sy liggaam en sy verminkte gesig is mos nie wie jou pa regtig is …”

      “Oortuig jý hom, Hanna,” het hy gesê. Asof sy, die skoon­dogter, so iets ooit sou kon waag.

      Конец ознакомительного фрагмента.

      Текст предоставлен ООО «ЛитРес».

      Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.

      Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.

/9j/4RRwRXhpZgAATU0AKgAAAAgABwESAAMAAAABAAEAAAEaAAUAAAABAAAAYgEbAAUAAAABAAAA agEoAAMAAAABAAIAAAExAAIAAAAmAAAAcgEyAAIAAAAUAAAAmIdpAAQAAAABAAAArAAAANgALcbA AAAnEAAtxsAAACcQQWRvYmUgUGhvdG9zaG9wIENDIDIwMTUuNSAoTWFjaW50b3NoKQAyMDE2OjA4 OjE2IDE0OjU2OjU0AAADoAEAAwAAAAH//wAAoAIABAAAAAEAAAZAoAMABAAAAAEAAAoAAAAAAAAA AAYBAwADAAAAAQAGAAABGgAFAAAAAQAAASYBGwAFAAAAAQAAAS4BKAADAAAAAQACAAACAQAEAAAA AQAAATYCAgAEAAAAAQAAEzIAAAAAAAAASAAAAAEAAABIAAAAAf/Y/+0ADEFkb2JlX0NNAAH/7gAO QWRvYmUAZIAAAAAB/9sAhAAMCAgICQgMCQkMEQsKCxEVDwwMDxUYExMVExMYEQwMDAwMDBEMDAwM DAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMAQ0LCw0ODRAODhAUDg4OFBQODg4OFBEMDAwMDBERDAwM DAwMEQwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAz/wAARCACgAGQDASIAAhEBAxEB/90ABAAH /8QBPwAAAQUBAQEBAQEAAAAAAAAAAwABAgQFBgcICQoLAQABBQEBAQEBAQAAAAAAAAABAAIDBAUG BwgJCgsQAAEEAQMCBAIFBwYIBQMMMwEAAhEDBCESMQVBUWETInGBMgYUkaGxQiMkFVLBYjM0coLR QwclklPw4fFjczUWorKDJkSTVGRFwqN0NhfSVeJl8rOEw9N14/NGJ5SkhbSVxNTk9KW1xdXl9VZm doaWprbG1ub2N0dXZ3eHl6e3x9fn9xEAAgIBAgQEAwQFBgcHBgU1AQACEQMhMRIEQVFhcSITBTKB kRShsUIjwVLR8DMkYuFygpJDUxVjczTxJQYWorKDByY1wtJEk1SjF2RFVTZ0ZeLys4TD03Xj80aU pIW0lcTU5PSltcXV5fVWZnaGlqa2xtbm9ic3R1dnd4eXp7fH/9oADAMBAAIRAxEAPwDhrrg22J0c HH5yqNZ/Sf2tUXNlt5A7D8uqDQQSZ+luBkkRH/k1H0ZurrdPn0PiSrQnuqvTz+hH8FZmPNIFPCT/ AL7HKv8As+PZd3YPb/WOjVi0PLdu4z+c7zJ1V7qZF3p44cB/hHDTUQ+O/wDJ/wDBFQaxjnuHqtgE Q6OZ1Jb7vzUrCOCQ6eG4bGZY40hxPus1J+JVIKxmukNaNQ07R8B3T0YbrGB0xPGiQ2WkEmkVdZcd NFex8bx1U6cNtZmZKu01DsmmS+GPuhb0/wBX6OhVr9jZdVJt272NEnb4LSwccECOf71sXsbV07Je fza3fkUfuG6DL7UasvDf4Ce27x7JI20fYv8ApJKf+LX/AIP/0OA6gB6oj91VaXUgPD9288EdgPd9 JXuoVkXvaeWPez/NOxUag0We8S0SXDsRH0Y/8yUY2Zh83T6ur05zXUgM3QAOY7w5XACYHf8AD4f5 yodLj0D6cgT+dB/qq3a91dL3z9EEj4/m/wDSS6dV17fL9jj5VtNuVfZZucGkNYRH0YLHf5yjScQu BaLPbqZjkFv/AJkhl2Pscdr9XdyO3j/ZKnS1m3dWHAO5DoPBPgl9q26/dP0SvaHFrWiQ50gke4eW 5bFdDWVtA7BZtDN2RWxbTRAg/JMmd