vreet. Het julle geweet hulle gaan altyd eerste vir die sagte …”
“Sjoes, Nomsa!” val Leonardo haar in die rede. “Ek hoor stemme.”
Daar is nie net ontstelde uitroepe van die hotel se kant af nie. Die ligte in die hotel gaan ook een ná die ander aan.
“Hulle weet wat gebeur het,” sê Leonardo. “Shit. Hierdie keer gaan my oupa my beslis onterf.”
9
Ek leun met my kop teen die vliegtuig se venstertjie. Ek wens ons was nou op pad terug Suid-Afrika toe, in plaas van na Dublin.
“Vat weg jou been, Leonardo, dis my space dié,” moan Nomsa vir die hoeveelste keer sedert ons van die Marco Polo-lughawe af opgestyg het.
“My bene is dubbel so lank soos joune, maar nee, Queen Nomsa moet mos langs die paadjie sit,” grom Leonardo terug.
“En as jy nie jou oupa so kwaad gemaak het nie, het ons met sy private jet gevlieg en nie soos bloody sardientjies in ’n blik ingesqueeze gesit nie.”
Om te sê oom Giovanni was kwaad, is nie heeltemal die waarheid nie. Ek dink as dit nie was dat hy nog ’n rukkie wou lewe om eers vir Leonardo uit sy testament te kry nie, het hy sommer gisternag al ’n serious hartaanval gehad toe ons gondelier, Antonio, hom gebel het.
Leonardo se knie raak omtrent aan sy ken toe hy sy een been oor die ander een probeer kruis. “Anyway, hoe moes ek weet Antonio was al die tyd ook op my oupa se payroll?”
In die sitplek voor Leonardo kyk Tara om, ’n kwaai frons tussen haar oë. “Stop this bickering at once. Ons is almal moeg en gatvol. And what happened wasn’t exactly Leonardo’s fault. Ons het self gekies om saam met hom stad toe te gaan.”
Nomsa antwoord nie, maar sy lyk soos ’n hamster wat sy hele brekfis in sy kieste gebêre het om later te eet. Eintlik is sy vies omdat die lugwaardin nie wil hê ons moet plekke ruil nie. Nou sit die tweeling iewers waar ’n baba elke nou en dan soos ’n sirene afgaan, terwyl Tara voor ons tussen twee vet Italiaanse tannies beland het en Adriana somewhere agter in die vliegtuig alleen sit.
Net toe gaan die sitplekgordel-liggie aan. “Dames en here, neem asseblief julle sitplekke in en maak julle gordels vas. Ons het pas berig ontvang van ’n onverwagse storm oor Frankryk.”
Die lugwaardin het skaars ’n punt agter haar laaste sin gesit, of die vliegtuig begin skud soos ’n ou lorrie wat volspoed oor ’n grondpad jaag. Ek kyk deur die venster. Waar daar oomblikke gelede nog blou lug was, maal en kolk pers wolke nou buite die vliegtuig. Dis skielik so donker dat ek skaars die punt van die vlerk buite die venstertjie kan sien. Arme Tara. Sy hou al klaar nie van vlieg nie, nou is ons boonop in ’n storm ook.
Dis nie ’n gewone storm nie, ek kan dit sense, sein Leonardo.
Uh-oh, dit klink nie goed nie. Wat bedoel jy?
Nomsa gee ’n gilletjie toe die skinkbordjie voor haar oopval. Leonardo leun vooroor en maak dit weer vas terwyl hy vir my sein. Ek het ’n video op YouTube gekyk van wetenskaplikes wat in Hurricane Hugo in gevlieg het. Hulle moes data versamel om te voorspel waarheen die hurricane op pad was.
So what?
Die wolke hier buite lyk vir my pretty much soos dit in die video gelyk het.
Shitters.
Nomsa kyk agterdogtig na my en toe na Leonardo. “What’s going on? Julle weet ek is nie goed met daai sein-business nie.”
Dis waar, toe die Magte vir sein uitgedeel is, het sy nie eintlik voor in die ry gestaan nie.
“Leonardo dink ons is in ’n orkaan,” verduidelik ek. “Maar dis most unlikely. Mens kry orkane en siklone en goed oor tropiese eilande soos Bermuda, nie oor Europa nie.”
“Dis nie heeltemal waar nie. In 2015 het sikloon Niklas in Duitsland …”
Hei, val ek vir Leonardo in die rede, wil jy hê Nomsa moet totally uitfreak, of wat?
Dan begin die mense agter ons gil. Ek kyk om. Hulle staar by die venster uit waar – wait for it – ’n helse straal vuur uit een van die enjins kom.
“Oe-e-e, we’re going to crash!” gil Nomsa.
Die vliegtuig kantel na links en handbagasie tuimel uit die pakplek skuins bokant Tara. Die tannie langs haar skree toe ’n tas haar teen die skouer tref en tot in die paadjie val.
Nomsa begin in die sakkie met boeke voor haar grawe. “Where’s that booklet – die een wat sê waar mens jou kop moet indruk as die vliegtuig val … Oe-ee, hoekom het ek nie beter geluister toe hulle netnou gewys het hoe daai opblaasding werk nie? ” Nou soek sy onder haar sitplek rond. “I don’t see it. As ons in die see val …”
“Nomsa!” roep Leonardo uit. “Los die reddingsbaadjie – ons is nie oor die see nie. En anyway, ons gaan oukei wees.”
Oukei. Régtig? Sherbet, die vliegtuig skud so, die kante kraak en kreun asof dit enige oomblik uitmekaar gaan val.
Leonardo, I’m scared! sein Tara en kyk om. Haar blou oë is groot van vrees en druppels sweet blink op haar wit gesig.
Dan kraak die loods se stem oor die interkom. Tussen die geraas van die storm, die mense wat uitroep en die babas wat skree, kan ek skaars hoor wat hy sê. Eers toe ek my Bewaker-gehoor inspan, kan ek darem hier en daar iets uitfigure.
“… kalm bly …” hoor ek sy stem. Ja, right, sê dit vir ’n vliegtuig vol mense wat glo hulle laaste oomblik het aangebreek. “… enjin nommer drie verloor …” Ek swaai om en kyk by die venster agter ons uit. Daar kom nie meer vuur uit die enjin nie. Beteken dit hulle het dit afgeskakel? “… kan wel met drie enjins … binnekort deur die storm wees.”
“Look!”
Ek leun oor Leonardo en kyk na waar Nomsa beduie. ’n Handsak, ’n sonbril en iemand se skoen skuif in die paadjie langs haar verby. Op pad vorentoe. My hart slaan een slag mis. Die vliegtuig se neus wys grond toe. Ons is besig om hoogte te verloor. Shitters. Die Franse platteland onder ons kom vinnig nader. Soos in sériously vinnig.
10
“Ek is nog te jonk om dood te gaan,” kerm Nomsa. “I haven’t even fulfilled my final destiny yet.”
“Maybe is dit nou ’n goeie tyd om te Reis,” stel ek voor.
“Ons sal,” sê Leonardo, “maar net as ons sien die pôpô gaan genuine die fan strike. As dinge uitwerk en die vliegtuig land sonder ons, gaan die hele wêreld wil weet hoekom ons in mid-air verdwyn het.”
Sherbet, aan die een kant is hy reg. Maar sê nou ons wag te lank? Ek is genuine nie lus om deel van die fruit salad te wees as hierdie vlieënde pôpô Franse grond strike voor ons Gereis het nie.
“We must do something!” roep Tara uit.
Sy sit nou op die sitplek langs die paadjie. Dit was seker nie moeilik om die tannie te oortuig dat die middelste sitplek veiliger is nadat die tas haar amper platgeval het nie.
“Draai terug en maak vas jou gordel,” raas Leonardo toe Tara heeltemal omdraai na ons.
Sy ignoreer hom en kyk na my. “Kali, perhaps we can use our Powers to stop the storm.”
My mond val oop. “Seriously? Met ons track record van brandstigting en modder-landscaping?”
“As ons dit saam doen, werk dit dalk,” sê Tara terwyl sy haar hande na ons uitsteek.
Ek leun vorentoe en vat haar hand. Leonardo vat my ander hand. Die oomblik toe Nomsa Leonardo en Tara se hande vat, verskyn ’n ligstrepie net bokant ons hande en arms en loop van daar tot bokant ons koppe. Die lig wat ons saambind.
Ouke-ei? Hoekom kyk al drie nou na my asof ek ’n resep het wat orkane stopsit?
Komaan, jy kan dit doen, Kali, sein Leonardo en druk my hand.