Audrey Blignault

Die plesierboom


Скачать книгу

met ’n paar flink pistoolskote op loop kan ja. Niks op aarde kan ’n mens mos soveel selfvertroue gee soos die wete dat jy op kort kennisgewing ’n kolskoot kan skiet nie. Dit ondermyn ’n mens se hele persoonlikheid om te moet erken dat jy jou op ’n peperpot en ’n ou piksteel vir jou eie beskerming in ’n bose wêreld moet verlaat. En dis nou ongelukkig die geval met my. Ek is weerloos uitgelewer aan alle inbrekers, aanranders, bomgooiers en Jehova se getuies wat my uitkies vir ’n aanval. Ek het geen geweer om hulle te skiet nie. Daarom sal my geknakte ego lewenslank daarby baat as ek net één keer kordaat deur die ruimte kan stap, gewapen met my ruimtegeweer wat ek sekuur op die omringende chaos mik in die kalm wete dat ek my doeltreffend kan weer teen die niks.

      Ja, ek verlang na ’n onbevolkte gebied wat wyd en ongerep om my kring. Ek wil graag na die ruimte reis omdat ek daar vry sal wees van winteruitverkope, mannekynparades, rasseaangeleenthede en padongelukke, maar ek wil darem nie heeltemal alleen gaan nie. Ek het groot sin aan die ruimte, maar ek sien darem nie mensalleen daarvoor kans nie. As ek op ’n ruimtereis gaan, moet my man saamgaan.

      Ek moet iemand hê vir wie ek kan sê wat ek sien en hoe ek voel oor wat ek sien en vir wie ek kan vra of hy dit ook só sien en só daaroor voel. Daar moet darem iemand wees om saam met my aan te sit as ek my buisie ruimtepasta eet. Daar moet iemand wees vir wie ek kan vra: Dink jy ons trek nou oor die Kaap? Sou jy sê dit reën in die Swartland? Ek wonder of die Overbergse boere al skeer.

      En buitendien, as ’n mens deur die ruimte reis, moet daar iemand wees om die lewenslyn vir jou vas te hou. Jy kan nie uit die ruimskip klim sonder die goue koord wat jou verbinding met jou één vaste punt in die vloeibare ruimte is nie. En alleen kan jy jou nie aan die lewe hou nie.

      Ek moet dit erken: ek wil met my voete in die ruimte staan, ek wil die aarde op ’n afstand sien, ek wil die oneindige gewaar, maar ek wil darem weer terugkom. Ek wil darem weer met die goue lewenslyn teruggetrek word na ’n beskutting waar iemand vir my wag.

      Конец ознакомительного фрагмента.

      Текст предоставлен ООО «ЛитРес».

      Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.

      Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.

/9j/4SIeRXhpZgAATU0AKgAAAAgABwESAAMAAAABAAEAAAEaAAUAAAABAAAAYgEbAAUAAAABAAAA agEoAAMAAAABAAIAAAExAAIAAAAmAAAAcgEyAAIAAAAUAAAAmIdpAAQAAAABAAAArAAAANgALcbA AAAnEAAtxsAAACcQQWRvYmUgUGhvdG9zaG9wIENDIDIwMTUuNSAoTWFjaW50b3NoKQAyMDE2OjA3 OjE4IDA5OjA3OjU4AAADoAEAAwAAAAH//wAAoAIABAAAAAEAAAZAoAMABAAAAAEAAAoAAAAAAAAA AAYBAwADAAAAAQAGAAABGgAFAAAAAQAAASYBGwAFAAAAAQAAAS4BKAADAAAAAQACAAACAQAEAAAA AQAAATYCAgAEAAAAAQAAIOAAAAAAAAAASAAAAAEAAABIAAAAAf/Y/+0ADEFkb2JlX0NNAAH/7gAO QWRvYmUAZIAAAAAB/9sAhAAMCAgICQgMCQkMEQsKCxEVDwwMDxUYExMVExMYEQwMDAwMDBEMDAwM DAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMAQ0LCw0ODRAODhAUDg4OFBQODg4OFBEMDAwMDBERDAwM DAwMEQwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAz/wAARCACgAGQDASIAAhEBAxEB/90ABAAH /8QBPwAAAQUBAQEBAQEAAAAAAAAAAwABAgQFBgcICQoLAQABBQEBAQEBAQAAAAAAAAABAAIDBAUG BwgJCgsQAAEEAQMCBAIFBwYIBQMMMwEAAhEDBCESMQVBUWETInGBMgYUkaGxQiMkFVLBYjM0coLR QwclklPw4fFjczUWorKDJkSTVGRFwqN0NhfSVeJl8rOEw9N14/NGJ5SkhbSVxNTk9KW1xdXl9VZm doaWprbG1ub2N0dXZ3eHl6e3x9fn9xEAAgIBAgQEAwQFBgcHBgU1AQACEQMhMRIEQVFhcSITBTKB kRShsUIjwVLR8DMkYuFygpJDUxVjczTxJQYWorKDByY1wtJEk1SjF2RFVTZ0ZeLys4TD03Xj80aU pIW0lcTU5PSltcXV5fVWZnaGlqa2xtbm9ic3R1dnd4eXp7fH/9oADAMBAAIRAxEAPwDsQf8AKo53 GwjQaQGaNJ/tozMoWX5FLGkistdIlxkx79rj9D1GfQZ/xip4Wcb+otrvaKrxSBVtBDbLfc29247v oM9L0mP/AEnv/wAJ+jROmAWvc6IDW7YEtgk7e38mlRKiaIrqSUmZkziXVN0NhADh4Pe3f/K7oLsp wdvcJqymtsYQNWaxken+7vZ+gs/60o2frL7WMaTbS/1GNnd6jWO2e3871P5Dk2S2sVY9LnEPpBFj XSxo3Hdtef5zduDG+xqVsmPJEZLPyEa/3opqqRm0ECfWoJNTRoNjjuFXqH91/wBBX6MsfYftNrSC 0EvjTcR7dzf+MVHBzX+oKA2oVGSNgcwfyjueX+7/AIz+cSznWsttrfJY+2qysNB9w/OH/k9n+jS8 WOc4mUpxFWmxrspteRc5pvukF9QM