Adam Small

Krismis van Map Jacobs


Скачать книгу

hoofsaaklik gevestig op die stryd tussen swart en wit mense. Die lot van bruin mense – die mense in die middel – is dikwels oor die hoof gesien. In die gedeelte aan die begin van die teks van Krismis van Map Jacobs (“Vooraf”) lê Adam Small pertinent klem daarop dat die drama handel oor hierdie “dispensable[s]”: die weggooibare en vergete mense. Die feit dat hy verder sê: “Hulle bestaan bly egter ’n soort werklikheid,” beklemtoon die feit dat – alhoewel misgekyk – hierdie mense wel bestaan. Die gebruik van “’n soort werklikheid” lei ’n baie belangrike tema in: Die soeke na ’n identiteit: iets waarmee hulle kan identifiseer om hulle in die werklikheid te anker.

      Met hulle huise, woonbuurte, sosiale strukture en identiteit vernietig deur die apartheidsregering, poog die karakters bloot om te oorleef, om hulle menswaardigheid te probeer handhaaf en om te bly strewe na ’n beter “môre”.

      Vooraf

      Die drama vind plaas in ’n “township” op die Kaapse Vlakte. In terme van die groot opset van Suid-Afrika, waar die spel een is van “wit en swart”, is die mense waaroor dit hier gaan, “dispensable”. Hul bestaan bly egter ’n soort werklikheid.

      Adam Small

      Rolverdeling

      Een

      Mister Cavernelis kom op ’n Saterdagmiddag, etenstyd, by die huis aan. Hy stoot sy fiets teen die trap uit van die “flat” waar hy woon, en parkeer dit op die klein platform bo. Hy sluit die fiets en ketting dit aan die traliewerk. Hy gaan by sy deur in. Lig op die kombuis doof in, waar Maud besig is om Saterdagmiddag se ete reg te sit.

      MAUD: O, jy’s by die huis, Cavernelis-darling. I’m just setting the table for lunch, as you see.

      CAVERNELIS: Ja, Maudie.

      MAUD: You can ma’ wash your hands. I’m almost ready.

      CAVERNELIS: Ja, Maudie.

      MAUD (by die kombuistafel): Jy mind mos nie lat ek maar die matjies opsit nie, die doek is nog in die wash en ek wil nie môre se doek nou al gebruik nie. Is môre Sondag …

      CAVERNELIS (van die badkamer af): Ja, Maudie.

      MAUD (praat met haarself): Hy sê ook nooit iets anners nie. Always just “yes”, always just “no”. Gmf! You never know, this man, what is on his mind. (Sy bly besig met die regmaak vir ete. Ons hoor die water in die badkamer loop.) No, no, no, what am I saying. Hy’t net die een ding op sy mind, soes ’n obsession, ’n obsession. It drives me bloodywill crazy … It does …

      CAVERNELIS (roep): Hoe sê jy, Maudie?

      MAUD: I’m almost ready now, Cavernelis-darling … (Dan weer aan haarself.) Bloodywill crazy. Jesus! (Geïrriteerd, wanneer sy daaraan dink.) Ja, ek sê Jesus! ’Is soes iets hom jaag. Jaag, jaag, jaag! Skaars by die huis, skaars by die huis, dan is hy weer vort moet sy bicycle, dan is hy weer yt moet sy suitcase, skaars by die huis … As if I don’t want to have him sometimes, just for myself … (Dan, asof sy nadink, met ’n vurk in die hand, wat sy nie mooi weet waar om dit neer te sit nie.) Now, why am I so nervous!?

      Die water het opgehou loop.

      MAUD: Ja, stop wasting water, Cavernelis-darling …

      CAVERNELIS: Hoe sê jy, Maudie?

      MAUD: Shit, hy sil die laaste een wees om water te waste! He really wants us out of here, out, out, óút of here, out of this … bloody township place. Oh, he’s a good man, really … (Skielik bewoë.) Cavernelis-darling … You’re a good man … I know. But you don’t stand a bloody chance, man, I tell you, can’t you hear? Don’t you listen, sê ek vir hom … (Haar lippe bewe.) But why should I worry myself so much?!

      CAVERNELIS (kom in): Ek is reg, Maudie.

      MAUD: I’m also ready, soes jy sien, Cavernelis-darling. Come give me a kiss, man … (Sy soen hom.) Jy’s ook so besig, jy’t ook soveel op jou mind, you even forget to kiss me sometimes when you get home …

      CAVERNELIS: O, ek is jammer, Maudie …

      MAUD: ’Is all right … (Sy vee oor haar oë.) ’Is all right …

      CAVERNELIS: Is Blanchie uit?

      MAUD: Ja.

      CAVERNELIS: Ek sal ook maar net eet en …

      MAUD (vlam op): Then off again! Then off again!!

      CAVERNELIS (sit al aan): Maar Maudie …

      MAUD (beteuel haarself): Okay, Cavernelis-darling … ’is okay … (… maar ook nie.) Okay, okay, okay, okay! (Sy skrééu die laaste “okay”.)

      CAVERNELIS: Maar Maudie!

      MAUD: Never mind, man! (’n Groot poging van haar kant.) I’ll take myself in hand … ’is okay … ’is okay … Don’t you worry, man, ’is okay!

      CAVERNELIS: Ek hou nie daarvan om dit te sê nie, Maudie, maar jy moet nie jouself so opwen nie …

      MAUD: Opwen? (Trane in haar oë.) Ek sê mos ’is okay, Cavernelis-darling … God, you’re a good man … I’m sure you’re a good man … Maar …

      Cavernelis eet.

      MAUD: It’s not going to work out, man … It’s not going to work out …

      CAVERNELIS: Gee my ’n bietjie blatjang, Maudie. Ons moenie so baie praat nie …

      Maudie bring die fles tafel toe.

      MAUD: I suppose so, ja …

      ’n Ruk lank eet hulle in stilte; rondom hulle, buitekant, die geraas van die township op ’n Saterdagmiddag. Dan stuur Maud die gesels ’n ander koers in.

      MAUD: Hierdie klomp skorriemorrie, layabouts, loafers, Cyril en Richie, en wat hulle name ook al is, ek het vir hulle hier deur die venster dopgehou daar onder, hulle’t weer vir Blanchie gemoveer vanoggend … Die skuim … Vir haar name geskree … Jy weet, Cavernelis-darling, I can’t take it, I can’t take it anymore …

      CAVERNELIS (skielik opstandig en bitter. Skielik ook lyk hy sterk. Maar hy praat sag): Die vuilgoed. Ons sake is nie hulle besigheid nie … Blanchie se sake, dit het niks met hulle te make nie! Dis hoekom ek vir jou sê ons moet úit hier …

      MAUD: Maar dis precisely omdat ons wil úit, lat hulle vir ons moveer … “O,” skree hulle vir Blanchie, “jy’s al weer op pad …”, en hulle lag hulle disgusting soorte gelag …

      CAVERNELIS: Maud! Stop dit!

      MAUD: But it’s true …

      CAVERNELIS: Stop, sê ek!

      MAUD: Cavernelis!

      CAVERNELIS: Die vullis!

      MAUD: Ek sê vir jou, we must get óút of here, óút, óút …

      CAVERNELIS: Maar dis mos hoekom …

      MAUD: Ja, hoekom jy jou vrek werk by die polony factory, week in en week uit, en dan elke aand ook nog, en weekends ook nog canvass, canvass, canvass, met die soft goods … En dan spot hulle vir jou, lag hulle vir jou, wiet jy dit, oor die soft goods, petticoats en panties, lag hulle, ha-ha-ha-ha-ha … (Sy lag soos “hulle” lag.) Soft goods, petticoats en panties, ha-ha-ha … ha-ha-ha. Dáár gaan die man moet die suitcase vol bra’tjies en bloomertjies!

      Sy lag en lag, histerie in haar stem.

      CAVERNELIS: Hulle kan gaan … kan gaan kak!

      MAUD: Moenie so praat nie, Cavernelis-darling! … Petticoats en panties! (Lag en lag.)

      CAVERNELIS: Wat ek doen is my eie besigheid, ek moveer hulle nie!

      MAUD: Maar hulle moveer vir jóú, my dear!

      Die