Etienne Leroux

Sewe dae by die Silbersteins


Скачать книгу

in die middel van die dubbelbed, weggesink in spons-rubber, lê die jongman in die lig van ’n falliese kandelaar wat, gesteun op drie pote, eers seshoekig, dan tolvormig, en oplaas spiraal gedraai, ’n ruspunt vind in ’n bronsblaker, van waar ’n herhaling van die voorgaande ontwerp hervat word om te eindig met ’n nagemaakte kers, pseudo-bewaks, plastiek-bevlam, elektries belig. Die huis is stil, en van die tuin af klop die vinniger enjin die laaste waters in die swembad in. Opeens hou die geluid op en die stilte van die huis strek tot in die tuin.

      Iemand beweeg in die gang. Hy hoor die sagte voetstappe, die fluistering van ’n rok. Hy staan op en maak die deur oop. Regoor sy kamer is ’n ander deur besig om toe te gaan. Hy sien die been van ’n meisie, die swaai van tweedmateriaal, ’n gedeelte van ’n arm. Alle beweging verstar meteens. Onsigbaar word hulle bewus van mekaar en bly die oomblik gevange. Dan hervat die tydsverloop en word die deur saggies toegetrek. Hy is op die punt om terug te gaan, toe iets verder af in die gang sy aandag trek. Die slank Mrs Silberstein het van êrens verskyn en is besig om in ’n deurskynende nylon-nagrok die gang op te hardloop. Sy kon net sowel nakend gewees het. Aan die bo-ent van die gang wag Jock vir haar, blou gestreep in sy slaapklere. Sy gesig is bloedrooi en sy mond is wawyd oop.

      “LILITH!” donder sy stem die stilte in.

      Die jongman rook ’n laaste sigaret en begeef hom na sy bed. Meteens begin ’n ander enjin werk – met langsamer, hipnotiese geluide. En bokant die plafon, eers stadiger, dan vinniger, draai twee reuseskroewe wat deur talle luikgate die warm lug na buite dryf.

      Конец ознакомительного фрагмента.

      Текст предоставлен ООО «ЛитРес».

      Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.

      Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.

/9j/4QuORXhpZgAATU0AKgAAAAgABwESAAMAAAABAAEAAAEaAAUAAAABAAAAYgEbAAUAAAABAAAA agEoAAMAAAABAAIAAAExAAIAAAAkAAAAcgEyAAIAAAAUAAAAlodpAAQAAAABAAAArAAAANgALcbA AAAnEAAtxsAAACcQQWRvYmUgUGhvdG9zaG9wIENDIDIwMTggKE1hY2ludG9zaCkAMjAxODoxMDow NCAxMjoyMDozMgAAAAADoAEAAwAAAAH//wAAoAIABAAAAAEAAAZAoAMABAAAAAEAAAoAAAAAAAAA AAYBAwADAAAAAQAGAAABGgAFAAAAAQAAASYBGwAFAAAAAQAAAS4BKAADAAAAAQACAAACAQAEAAAA AQAAATYCAgAEAAAAAQAAClAAAAAAAAAASAAAAAEAAABIAAAAAf/Y/+0ADEFkb2JlX0NNAAH/7gAO QWRvYmUAZIAAAAAB/9sAhAAMCAgICQgMCQkMEQsKCxEVDwwMDxUYExMVExMYEQwMDAwMDBEMDAwM DAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMAQ0LCw0ODRAODhAUDg4OFBQODg4OFBEMDAwMDBERDAwM DAwMEQwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAz/wAARCACgAGQDASIAAhEBAxEB/90ABAAH /8QBPwAAAQUBAQEBAQEAAAAAAAAAAwABAgQFBgcICQoLAQABBQEBAQEBAQAAAAAAAAABAAIDBAUG BwgJCgsQAAEEAQMCBAIFBwYIBQMMMwEAAhEDBCESMQVBUWETInGBMgYUkaGxQiMkFVLBYjM0coLR QwclklPw4fFjczUWorKDJkSTVGRFwqN0NhfSVeJl8rOEw9N14/NGJ5SkhbSVxNTk9KW1xdXl9VZm doaWprbG1ub2N0dXZ3eHl6e3x9fn9xEAAgIBAgQEAwQFBgcHBgU1AQACEQMhMRIEQVFhcSITBTKB kRShsUIjwVLR8DMkYuFygpJDUxVjczTxJQYWorKDByY1wtJEk1SjF2RFVTZ0ZeLys4TD03Xj80aU pIW0lcTU5PSltcXV5fVWZnaGlqa2xtbm9ic3R1dnd4eXp7fH/9oADAMBAAIRAxEAPwC8mSSWC7ik kkklKSSSSUpJJJJSkkk