Dr Marie Heese

Honger reisiger


Скачать книгу

skryf ek in ’n e-pos: Hier is omtrent net beesvleis te koop – behalwe as jy kans sien vir ’n hele boerbok. Sien nooit skaapvleis of varkvleis nie. ’n Mens kry beestong of beesstert of beeslewer en die res is sommer net vleis, hulle weet nie van allerhande snitte nie. Weet wel van filet, maar selfs dit is taai. Beeste is per slot van rekening kapitaal en word nie geslag voor hulle gaan omkap van die ouderdom nie. Niemand skyn ’n opgeleide blokman te wees nie. Die karkasse lyk of hulle met ’n stomp sakmessie uitmekaargekerf is sonder aansiens des anatomie. Hier is wel hoenders wat eervol as oudstryders uit die Eritrese weermag ontslaan is, en dan is hulle deksels duur. Soms kan jy wel ’n paar stukke boerbokvleis koop. Wat goedkoop is, is meel, suiker, rys, dadels en klapper; ook eiers en net een soort (Italiaanse) kaas. Groente en vrugte, net wat in seisoen is, is absoluut vars, soos tamaties, kool en spinasie. Piesangs en papajas is stroopsoet, want hulle word aan die bome ryp. Hier kry jy die beste vars vrugtesap ooit.

      Verlede Sondag was Eritrea se Krismis. Die meeste van ons bure het boerbokke gehad wat aan die heinings vasgemaak was en hees geblêr het totdat hulle na die slagpale hier op die hoek gelei is. Iemand het ’n hoenderhaan op hulle balkon aangehou wat heeldag gekraai het, maar gelukkig is hy opgevreet. Chris se kommentaar: Saans raas die kinders en soggens raas die kos.

      Die Eritreërs eet alles met hulle hande – net die regterhand mag gebruik word (moenie vra nie). Hulle bak groot, plat, sagte suurdeegbrode (injera), wat lyk soos grys vadoeke (proe ook so, jy moet seker daarmee grootword). Hierop pak hulle traanskerp beesbredie, groente en slaai. Jy skeur repe af en maak rolletjies met kos binne-in.

      Smaakmiddels was skaars. Ons kon vars knoffel kry, en skerp rooipeper by name berbere wat hulle in omtrent alles gooi; verder moes ek maar plan maak met asyn, suurlemoensap, uie en mosterdpoeier. Mettertyd begin die winkels meer speserye aanhou, want die VN-personeel soek dit. Maar die taai beesvleis was ’n beproewing, totdat ons ’n drukkoker kon koop. Toe maak ek tong – daar is dit baie goedkoop, omdat dit so lank moet kook. En bredies. Pitabrood in plaas van injera werk daarby. Of rys.

      TONG

      Genoeg vir 4-6

      water om te bedek

      1 beestong, omtrent 1 kg (’n Gepekelde tong is die beste. As dit vars is, lê dit eers vir 24 uur in die yskas in soutwater in. Dit verbeter die geur.)

      1 ui, geskil en middeldeur gesny

      2 lourierblare

      10 swartpeperkorrels

      Kook eers die water in ’n ketel, dis vinniger.

      Giet water oor die tong, genoeg om dit te bedek, en voeg die ander bestanddele by. Kook in ’n drukpot op volle druk vir 1¼ uur, bereken van wanneer die druk reg is. (As jy dieselfde resultaat in ’n gewone pot wil regkry, kos dit 5 uur se kook en meermale kookwater bygooi. Maar dit proe net dimensioneel lekkerder as dun klaargaar snytjies tong in plastiek verpak, veral as jy dit vars en warm eet.)

      Trek die vel so gou moontlik af. Dik, warm, smeltsagte snye met kapok-aartappels daarby is sielskos. Weet jy wat – jy’t nie sous nodig nie.

      Die tong is glad nie tipies van Eritrea nie, want dis te duur om dit gaar te kry. Die volgende resep is wel kenmerkend. Sonder ’n drukkoker moet dit net langer prut. Lam word gouer sag as bok.

      CHRIS SE BOKBREDIE

      Genoeg vir 4

      Chris is ’n kreatiewe na gedagte-kok. Maar jy kry nooit twee maal dieselfde gereg nie. Hy het hierdie bredie uitgedink en ek het dit dadelik neergeskryf, want dis baie geurig, en die kleurkontras is ’n groot verbetering op ’n vaal koolbredie.

      ’n bos vars jong spinasie

      2 groot uie

      ¼ witkoolkop

      4 repe gerookte spek

      sout en swartpeper na smaak

      1 teelepel karwysaad

      1 teelepel mosterdpoeier

      boerbok- of lamsribbetjie, gesny in enkel los stukke, genoeg vir 4

      ’n skeut kookolie

      ¼ bottel droë witwyn

      4 middelslag-aartappels, geskil en in stukke gesny

      1 eetlepel bruinsuiker

      Spoel spinasie deeglik en snipper. Verwyder stingels van spinasie en sny in stukkies. Hou stingels eenkant.

      Skil uie. Sny ’n halwe ui in dik skywe. Sny elke skyf in kwarte.

      Kap kool growwerig. Snipper spek. Meng blaargroente, stukke ui en spek; sprinkel sout, peper en karwysaad oor.

      Strooi sout, peper en mosterdpoeier oor vleis. Braai vleis stuk-stuk in swaarboompot in olie tot goed bruin. Haal uit en hou eenkant.

      Vat die ander 1½ ui en kap ook in dik skywe. Gooi in die pot saam met die spinasiestingels. Braai goudbruin.

      Sit vleis terug in pot, voeg witwyn by. Laat prut vir 30 minute.

      Voeg groente-en-spekmengsel en aartappels by plus ’n koppie water. Laat prut nog ’n uur lank (of langer, tot vleis sag is).

      Sprinkel bruinsuiker bo-oor. Roer deur en proe vir sout. As sous te lank is, skep daarvan uit (hou vir sop). Verdik oorblywende sous met mielieblom (Maizena) en kook goed deur. Bedien met rys.

      Конец ознакомительного фрагмента.

      Текст предоставлен ООО «ЛитРес».

      Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.

      Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.

/9j/4RvpRXhpZgAATU0AKgAAAAgABwESAAMAAAABAAEAAAEaAAUAAAABAAAAYgEbAAUAAAABAAAA agEoAAMAAAABAAIAAAExAAIAAAAeAAAAcgEyAAIAAAAUAAAAkIdpAAQAAAABAAAApAAAANAALcbA AAAnEAAtxsAAACcQQWRvYmUgUGhvdG9zaG9wIENTNSBNYWNpbnRvc2gAMjAxMTowNTowMyAxMTow Mzo0NgAAA6ABAAMAAAABAAEAAKACAAQAAAABAAAGKqADAAQAAAABAAAJpgAAAAAAAAAGAQMAAwAA AAEABgAAARoABQAAAAEAAAEeARsABQAAAAEAAAEmASgAAwAAAAEAAgAAAgEABAAAAAEAAAEuAgIA BAAAAAEAABqzAAAAAAAAAEgAAAABAAAASAAAAAH/2P/tAAxBZG9iZV9DTQAB/+4ADkFkb2JlAGSA AAAAAf/bAIQADAgICAkIDAkJDBELCgsRFQ8MDA8VGBMTFRMTGBEMDAwMDAwRDAwMDAwMDAwMDAwM DAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAENCwsNDg0QDg4QFA4ODhQUDg4ODhQRDAwMDAwREQwMDAwMDBEMDAwM DAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwM/8AAEQgAoABmAwEiAAIRAQMRAf/dAAQAB//EAT8AAAEF AQEBAQEBAAAAAAAAAAMAAQIEBQYHCAkKCwEAAQUBAQEBAQEAAAAAAAAAAQACAwQFBgcICQoLEAAB BAEDAgQCBQcGCAUDDDMBAAIRAwQhEjEFQVFhEyJxgTIGFJGhsUIjJBVSwWIzNHKC0UMHJZJT8OHx Y3M1FqKygyZEk1RkRcKjdDYX0lXiZfKzhMPTdePzRieUpIW0lcTU5PSltcXV5fVWZnaGlqa2xtbm 9jdHV2d3h5ent8fX5/cRAAICAQIEBAMEBQYHBwYFNQEAAhEDITESBEFRYXEiEwUygZEUobFCI8FS 0fAzJGLhcoKSQ1MVY3M08SUGFqKygwcmNcLSRJNUoxdkRVU2dGXi8rOEw9N14/NGlKSFtJXE1OT0 pbXF1eX1VmZ2hpamtsbW5vYnN0dXZ3eHl6e3x//aAAwDAQACEQMRAD8A9OShOnATUsYT7VOEoSUx 2pbVJpBLv5JhOiphtCbYiJiElWjLFBzEdMQhSmqRC86+teHu63mMx8baA3e8uLTW+xzd2/3DbXu+ nsd6n/W/U9/pNgXmP1vyrcfrmXa21pi9glr69g2titmX+ia6y2vf7KLLP0