Fanie Viljoen

Onderwêreld


Скачать книгу

gekry om na sy eie computer te connect.”

      Ek skud net my kop. En ek kan sien Eckardt geniet dit. “Daai ou moes blerrie slim gewees het.”

      “Dalk nie. Hy moes net slimmer wees as die programmer en die system administrator. En die beste van alles – hy was net negentien jaar oud toe hy dit gedoen het!”

      Eckardt draai weer terug na die rekenaar. “Ek het agtergekom ek kan iets soortgelyk doen as Zyklon, maar ek gaan deur die reisagent se complaints-skerm probeer inkom. Sien jy, hier is ek veronderstel om my eie kontakdetail in te voer, en tussen die inligting sit ek die spesiale escape-karakter, dan die hacking commands …” Eckardt tik voort. Sy oë maak klein rukbeweginkies. Konsentrasie. ’n Glimlag. Toe fluister hy sag maar triomfantlik: “Yes! Ons is in!”

      Ek staar in ongeloof na die skerm.

      “Die meeste reisagente gebruik die Amadeus- of Galileo-stelsels om besprekings te doen. Amadeus connect deur AT&T se global network, en Galileo werk deur SITA. SITA se network is baie betroubaar, selfs al moet jy na verafgeleë lughawens connect. En omdat dit so ’n belangrike deel vorm van die lugvaartbedryf, is daar ’n klomp maatskappye wat daardeur werk.”

      “Soos reisagentskappe?”

      “Ja,” sê Eckardt. “Ander ook, kyk net hier …” Ek sien die name van groot lugrederye op die skerm. Daar is ook koeriermaatskappye wat gelys word.

      “En wat nou?” vra ek.

      “Nou kyk ons ’n bietjie rond.” Eckardt se oë flits geoefend oor die skerm.

      “En dan?” frons ek.

      “Dan glip ons weg … net so stil soos ons gekom het.”

      Ek frons. “Maar hackers delete mos goed. Steel inligting. Neuk alles op in die computers, is dit nie?”

      “Party doen dit,” sê Eckardt. “Maar ons noem hulle eintlik ‘crackers’. Dis die ouens wat chaos saai. ’n ‘Hacker’ is eintlik maar net ’n ou wat nuuskierig is, wat bietjie met hardware en software rondspeel, kyk wat hy kan doen. Dalk om programme beter te laat werk, om onnodige stappe uit te skakel en die programme vinniger te laat werk.

      “Daar is hacking-organisasies soos L0pht, TNo, en the Guild wat swakplekke in programme publiseer. Partykeer sommer ’n klomp op ’n slag. Hulle los dit soos ’n bom. Greg, kan jy dink wat sal gebeur as hulle hul bekke hou oor hierdie goed? As hulle dit nie bekend maak sodat die magtige Microsoft dit kan regmaak nie?”

      Ek skud my kop. “Ek dog hackers is almal ’n klomp ouens wat net uit is op destruction.”

      “Ek weet. Die meeste mense dink so. En die media help hulle. Oukei, daar is die hard core crackers wat nie swakplekke in stelsels publiseer nie. Hulle beweeg ongesiens in die onderwêreld en surface net as iemand hulle uitvang – en dan is dit gewoonlik ’n hacker van wie niemand nog ooit gehoor het nie, so fyn trap hy daar onder.

      “Maar hackers is een van die redes hoekom computers en computer-programme so vinnig vooruitgegaan het die afgelope paar jare. Hulle dwing maatskappye eintlik om ordentlike computer systems te gebruik. Ek meen, sal jy jou geld in ’n bank sit as ’n hacker daarby kan uitkom? No ways! Daarom moet die bank sorg dat hy beter beskerming kry vir sy kliënte. ABSA-bank het dit gedoen nadat ’n ou ’n klomp kliënte se rekeninge gecompromise het. Voor dit het jy bloot jou bankrekeningnommer en iets soos ’n vyfsyfer-password ingetik as jy hul internetbank wou gebruik. Dis belaglik maklik vir ’n hacker om daardie kode te breek. Maar vandag moet jy deur twee password-skerms beweeg om by jou geld uit te kom. En hulle gebruik SMS’e om kliënte te laat weet iemand het aangeteken op hulle rekening.”

      “En dit het eers gebeur nadat iemand geld gesteel het,” sê ek.

      “Ja. ’n Klompie banke het nou ook ’n intelligensie-organisasie, SABRIC, geskep om risiko’s en bedreigings van hackers uit te wys.”

      Ek vat my bierblik en frommel dit tussen my hande. “Oukei,” sê ek. “So daar is die good guys en die bad guys in die hacking-onderwêreld.”

      “Ja, hulle praat ook van die white hats en die black hats.”

      “En die black hats is seker die kriminele.”

      Eckardt knik sy kop en glimlag skeef. Hy teken af op sy laptop. In my broei daar nou ’n opgewondenheid. En die potensiaal van gevaar wat net skuins agter die opwinding lê.

      “Sal jy my leer?” vra ek toe Eckardt weer agteroorleun in sy stoel.

      “Wat betaal jy my?”

      Ek maak of ek sy stoel gaan omgooi. “Komaan, Eckardt!”

      Hy kyk my eers net aan asof hy moet besluit, maar ná ’n ruk sê hy: “Oukei, maar nie vanaand al nie. Môre. Ons kan môre begin.”

      <h9>Sleeping beauty kry dinge aan die roer</h9>

      Die email glip cyberspace binne soos ’n koeël uit ’n pistool met ’n silencer. Stil en dodelik. Right on target.

      Die sportdag is skaars verby toe ek sien hoe ’n motor na die skool aangery kom. Die enigste een wat aankom, terwyl al die ander besig is om weg te ry. Ek kan nie seker wees dit is hulle nie, maar ’n krieweling trek deur my lyf, laat my nekhare regop staan. En ek wonder … is dit ’n verslaggewer van een van my pa se koerante?

      Daar is groot opgewondenheid in Huis Da Vinci se gange. Lawson Kollege het Durban Boys High verpletter. In die Hang-Out begin iemand ’n rugby-CD kliphard speel. Ja-nee, geld kan ook nie goeie smaak koop nie.

      Ek mik net deur toe om ’n draai op die ander verdiepings te gaan maak, te sien of alles orraait is daar, toe TJ en Plank aangestorm kom. Hulle bondel my terug in my kamer in. “Hei, my ou, jy moes dit gesien het,” sê Plank, sy arm om TJ se nek en sy vuis in die lug. “Ons het mincemeat van hulle gemaak!”

      “Twee ouens is sin bin toe, maar dit het ons nie gekeer nie,” val TJ vir Plank in die rede. “Lawson rules! Ons flippen rule!”

      “Geluk, ouens,” sê ek flouerig, skielik spyt dat ek nie deel kon wees daarvan nie. In die Hang-Out bars ouens los met die skoolkreet. Voete stamp teen die vloer, vuiste hamer teen deure. Dit sal nie help om hulle te probeer stilmaak nie.

      “Hei, het jy nie ’n bier nie?” vra Plank bo die rumoer.

      “Jy weet ons mag nie bier inbring skool toe nie,” sê ek met my hoofseunstem.

      “Ag, te hel met dit, man! Ons is hero’s.”

      “Superhero’s!” lag TJ.

      “Dissit, hoor jy, Greg? Ons is superhero’s! En ons het lus vir ’n bier.”

      Ek lag net, trek my skouers op. “Ek het niks, check maar daar in die yskas.”

      Plank doen dit sommer ook. Pluk die yskasdeur oop en begin die binnekant deurkyk. “Naught, bru, wat is dit hierdie? Iced tea? En bottels water?”

      “Ek het jou mos gesê, Plank.”

      “Kyk in sy asblik, TJ, dalk het hy alles hier alleen in sy kamer sit en uitsuip terwyl ons ons longe uitskree vir die eerste span.”

      TJ kry die asblik beet, maar daar is niks in nie.

      “Dumpster diving,” kom Eckardt se woorde by my op. Dis wat party hackers doen as hulle na inligting soek oor ’n maatskappy. Hulle gaan krap in die asblikke agter die geboue.

      “Mense dink mos as jy ’n ding weggooi is hy weg,” het hy gesê. “Not true. En hackers weet dit. Jy kan allerhande goed in ’n asblik kry wat jou kan help hack: Maatskappye se ou telefoonboeke, emails, ou handleidings. Asblikke is die geheime inligtingshoofweg!”

      “Hei! Greg!” roep TJ my uit my dagdroom. “Wat is dit met jou? Ek praat! Lyk my hy’s rêrig al gespat.”

      “Sorry, TJ, wassit?” vra ek.

      “Ek vra wat het jy die heeltyd