sal ek maar in ’n hotel gaan bly.”
“Waarom wil jy nie by ons kom bly nie, ou dogter?” wil die oubaas besorg weet.
“Pappa, ek koester geen sinnigheid om Dewalt en sy nuwe vrou om elke hoek en draai in die stad raak te loop nie. En dit is presies wat sal gebeur. Esna hou van die stad se winkels en sy vermaaklikheidsplekke … Nee, ek verkies om hier langs die kus te woon. Dit is stil en rustig hier en ek is lief vir die see.”
Dit lyk nie juis of die oubaas tevrede voel met haar antwoord nie, maar hy besluit om dit voorlopig daar te laat. Sodra Dewalt Amerika toe vertrek het, sal hy haar weer oor die onderwerp pols. Hy is vasbeslote dat sy kleinseun naby hom moet wees.
Конец ознакомительного фрагмента.
Текст предоставлен ООО «ЛитРес».
Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.
Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.