Elizabeth Wasserman

Anna Atoom en die seerower se dolk (skooluitgawe)


Скачать книгу

Pa. Ek moes al ’n honderd maal daaroor geswem het sonder om dit raak te sien! Ek wil vandag na die argief toe gaan, Pappa. Ek wil kyk of ek enige leidrade kan kry oor waar hierdie dolk vandaan kom.”

      “’n Uitstekende plan, wipneus. Vra vir mevrou Salie om jou die register14 te wys van skepe wat vermis geraak het rondom die eilande. Begin soek so van die agtiende eeu af.”

      Die admiraal dink diep. “Wys my net weer daardie dolk?”

      Hy staar stip na die beeld van die dolk op sy skerm en druk sy neus amper teen die kamera om beter te kan sien.

      “Die ontwerp op die hef lyk baie soos een wat ek op ’n ou kis in die Hodouls se huis gesien het,” sê hy.

      Die Hodoul-familie is direkte afstammelinge van een van die mees berugte15seerowers wat hier rondgevaar het. In sy kinderdae was admiraal Atoom groot maats met Raymond Hodoul.

      Anna se asem slaan skoon weg van opgewondenheid. Dit beteken die dolk het waarskynlik aan ’n regte, egte seerower behoort!

      Haar pa weet presies wat sy dink. “Bly kalm, sproetneus. Ek is nie doodse­ker nie. Sover ek weet, het die argief ’n afskrif van Hodoul se skeepsdagboek. Jy sal miskien iets van waarde daarin kan lees.”

      Ton het intussen stilweg die eetkamer binnegekom. Hy werk vir die Atoom-familie en neem Anna elke dag met die motorboot skool toe. Hy kug saggies. Dis sy manier om Anna te waarsku dat sy moet opskud om nie laat te wees vir skool nie.

      Die admiraal ken die teken. “Nou toe, weg is jy, meisiekind!” knipoog hy vir haar. “Weet jou ma iets hiervan?”

      “Ek sal haar nog vertel, Pappa, maar …”

      “Ja, los dit dalk maar vir eers. Dis duidelik dat iets anders haar op die oomblik pla. Kom vertel my vanaand wat jy uitgevind het.”

      Anna gryp haar skoolsak en hol agter Ton aan. Sy is vandag nog minder lus vir skool as gewoonlik. ’n Ellelange dag in ’n bedompige klaskamer, en dit terwyl sy ’n seerowerskat het om te vind! Sy kan nie wag om by die argief uit te kom nie!

      5: Maks se beminde

      Iewers in die kuberruimte word ’n elektroniese gesprek gevoer.

U6: Goeiemôre, visblik! Hoe gaan dit op jou planeet vandag?
Maks: My liewe vlieënde skoonheid, jy trippele nou wel in die ruimte rond, maar dis nie nodig om so hoogmoedige te weese nie! Wat houe jou so besig dat jy nie tyd het vir geselserye met jou arme ou Maks nie?
U6: Hmpf! Terwyl jy kaartspeletjies sit en speel met jou sagteware, is my baas en ek besig om die aarde te red. Ek is nie seker of dit die moeite werd is nie, nie terwyl daar sulke blikemmers soos jy daarop bly nie!
Maks: Reds die aarde? Julle twee? My skattetjies, onse aarde lyk veilige en soliede genoeg vir my vandag. Ek bekommer my meer oor jou, daar hooge tussen die sterre!
U6: Jou aarde is baie meer onveilig as my ruimtestasie. Wanneer laas het jy na jou data gekyk? Julle sit op ’n tydbom, ’n ekologiese ramp! Jou dierbare Homo sapiens16 is besig om hul eie planeet te vernietig met oorbevolking en gulsigheid. Jy bly tussen honderde bedreigde spe­sies, om nie eens te praat van al dié wat jou mense klaar uitgeroei het nie.
Maks: Jy is reg, ons aarde is baie sieke. My familie probeer hulle bes om te helps.
U6: My baas sê dis nie genoeg nie. Hy is ’n man van aksie!
Maks: Lyks my jy het van menings verander! Ek dog jy houe niks van jou baas nie?
U6: Dit is waar. Hy behandel my soos ’n slaaf. Jy weet ons is veel slimmer as mense. Ons kan alles beter en vinniger as hulle doen, selfs al het hulle ons gemaak. Boonop maak ons nooit foute nie! Die laaste tyd werk my baas so hard om die aarde te probeer red dat ek hom moet bewonder. Hy het ’n baie goeie plan, weet jy?
Maks: Mense is nie baie slims nie, jy weete dit mos. Ons moet maar mooie na hulle kyks. Hulle is soos ons troeteldiere!
U6: Hulle is gevaarlike troeteldiere, Maks. Hulle gaan nog hulleself én een van die mooiste planete in die heelal vernietig met hulle slegte gewoontes. Ek dink dit sal heelwat beter met ons gaan as ons van hulle ontslae kan raak.
Maks: Maar liefie! Jy is baie moeilike vandag. Mense dinke dalks nie mooi oor wat met hulle planeet gebeurs nie, maar hulle is net soveels deel van die lewende spesies as enige slak of seeskilpad!
U6: Jy mors my tyd. Gaan net weg, Maks! Ek het werk om te doen.
Maks: Ek dog vrouens kan meer as een ding op ’n slag doene? Ek is besig om uitgebreide datasoektogte en analises te doen sommerso terwyl ek met my blikduifie geselse. Jy moet jou chauvinistiese17 baas vrae om jou sagteware so te programmeer dat jy beter kan fokuse, liefie. Jy sukkel partykeers om mooi logies te dinke …
U6: $%&^#$%^&&*^%%$!!!!!!!

      6: Die admiraal se ark

      Die admiraal se ruimtestasie wentel 25 000 kilometer bo die aarde. Hy dryf gewigloos in sy ruimtestasie rond en haal gemaklik asem in die kunsmatige18 atmosfeer. In die afwesigheid van swaartekrag kan sy ontwrigte19 molekules net-net bymekaar bly om hom min of meer in ’n menslike vorm te hou.

      Vandag inspekteer hy weer die versameling diere. Die diere is die rede hoekom sy stasie bekend staan as die RuimteArk. Die diere word aangehou in groot, deurskynende plastieksfere wat ronddobber in die gewiglose atmosfeer. Elke sfeer is gevul met ’n jellieagtige vloeistof, en in elkeen slaap ’n paar diere rustig. Twee sebras, twee wolkopskape, twee molslange, twee bakoorjakkalse, twee wasbere …

      Admiraal Atoom werk nou al jare lank aan hierdie projek. Die doel daarvan is om ’n mannetjie en wyfie van elke dier op aarde veilig te bewaar, ingeval een of ander ramp hul spesie op aarde uitwis.

      “Hallo daar, Abraham!” roep ’n stem, en ’n hologram verskyn eensklaps naby die admiraal.

      Sy virtuele gas is Uranus Draak, een van die wêreld se bekendste wetenskaplikes. Die admiraal kry nie dikwels besoekers nie, en al is dit net ’n holografiese beeld van sy ou vriend, is hy altyd bly om hom te verwelkom.

      Uranus is oor die twee meter lank, met bloedrooi hare en ’n bloedrooi baard wat in twee lang dun vlegseltjies van sy ken af druip. Die holografiese projeksie laat sy bleek vel met ’n blou skynsel glim. Vandag dra hy ’n babablou kamerjas saam met pienk hasiepantoffels, maar selfs in dié ongewone drag lyk die vername wetenskaplike heel elegant20.

      “Uranus! Ek wou jou juis vandag kontak,” vervolg die admiraal. “Ons projek is omtrent klaar. Daar is nog net ’n paar diere wat kort in ons versameling, dan is die Ark volledig!”

      Die beroemde mariene bioloog frons. “Nee, Abraham, jy’s verkeerd. Ons het ’n volledige versameling van die diere wat op die oomblik op aarde leef. Wat van dié wat reeds uitgesterf het?”

      “Jy weet tog ons het baie van hulle kon terugruk uit die verlede,” sê die admiraal. “Jy het mos al die sabeltandtiere en mammoete gesien wat ek gekloon het van die monsters wat jy in Siberië versamel het.”

      “Maar dit kon ons net doen met die diere wat in die Ystydperk geleef het, want hul genetiese materiaal het goed bewaar gebly in die ys. Ons het nog nooit sukses behaal met diere wat in die trope geleef het