aan te sê om die hout terug te vat Bos toe en te loop verbrand, maar nou moet ek iets van die skuld op my boek probeer terugkry. Ek sal vir jou tien sjielings op die skuld aftrek en ’n goodfor vir koffie en suiker en meel gee. Dis al.”
“Ons moet twak ook hê, mister MacDonald,” het Joram Barnard openlik gepleit. Van die skoene wat hy gesê het hy vir Jozef sou koop, het hy stilgebly.
“Julle kan twak kry, maar dié kom op die boek! Julle sal julle lewe lank in die skuld bly, Barnard!”
Hulle is donker uit die dorp uit. Diepwalle se kant toe. By Bokbaard-se-Draai het hulle uitgespan; oom Anneries het gesê hy sal hulle daar inhaal.
“Hoe sweer ’n mens, Jozef?” het Saul hom eenkant gevra.
“Op die Bybel.”
“Op enige plek?”
“Seker. Wie wil nou sweer?”
“Ek.”
“Wat wil jy sweer?”
“Sommer ’n ding.”
“Pa sê dis groot sonde om te sweer, die engels vat jou sommer reguit hel toe as hulle jou die dag kom vat.”
Saul was nie oor die engele bekommerd nie, hy was net haastig om by die huis en die Bybel te kom.
Конец ознакомительного фрагмента.
Текст предоставлен ООО «ЛитРес».
Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.
Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.