Strauss hê, vir nou en vir altyd. Al moet sy dan ook haar lyf gee.
Sy sit nog so met haar bene oop toe realiteit haar soos ’n skoot koue water voor die kop tref. Dis nie ’n fliek dié nie. Die man gaan dink sy is van haar kop af. Miskien sou dié truuk gewerk het as hulle ou getroudes was en sy bietjie woema in ’n saai liefdeslewe wou blaas. Maar nie hier en nou nie. Sy spring op, gryp haar sakkie en mik na die deur.
Die aankomende stemme in die gang stuit haar in haar spore. Dis hý. Hy groet iemand en dan hoor sy hom voor die deur. Haar hart bereik ’n tempo wat haar byna laat stik. Ag, hel tog. Toe gooi sy haar sakkie op sy lessenaar en gaan sit weer op die stoel.
Haar bene wyd oop.
Drie
Die deurknip beweeg. Liewe hemel, wat doen sy? Sy is nie ’n oorryp vy, gereed om oopgebreek te word nie. Lukas Strauss kan haar nie sommer net op ’n skinkbord kry nie. Hy behoort te werk vir haar. Dis hoe mans se belangstelling geprikkel en gehou word. Enige vrou met selfrespek sal haar nooit só vir ’n man gee nie. Dis net té desperaat. Haar bene klap toe en die deur swaai oop.
Kiertsregop sit sy agter Lukas Strauss se lessenaar. Haar hart in haar keel. Hy het nie gesien nie. Dankie, tog. Sy het betyds tot haar sinne gekom en dis hoe dit gaan bly. Lukas Strauss sou nie so ’n banale, inhibisielose vertoning in sy kantoor verdra het nie. Die realiteit is: dis nie hoe ’n vrou ’n man vang nie. Nie as jy hom lewenslank wil hê nie. Oor drie weke wil sy haar meestersgraad met haar kop omhoog ontvang. Nie soos ’n volstruis met haar kop in ’n gat omdat sy mense nie in die oë kan kyk nie. Magtig. Sy is ’n mens in eie reg. ’n Vrou wat kan kies wanneer en hoe haar interaksie met mans is. Met Lukas Strauss inkluis. Dis nie nodig dat sy haar soos ’n ou, vuil vatlap voor hom oopgooi nie. As hy haar wil hê, moet dit uit eie wil wees en dan sal sý die een wees wat die voorwaardes neerlê.
Lukas betree die kantoor. Kyk gesteurd na haar en dan met ’n geligte wenkbrou na die naam op die deur. Die frons tussen sy oë keep dieper.
“Die kantoor is nog myne. Of verbeel ek my?” vra hy grinterig en sit sy tas langs die lessenaar.
“Nee.” Haar hart het nog nie tot bedaring gekom nie en sy wonder of hy die angs in haar kan aanvoel.
“Jy sit op my stoel. Besoekers sit gewoonlik voor die lessenaar.” Die vermakerige toon in sy stem ontgaan haar nie.
“E … jammer … ek …” Sy weet nie watter verskoning om aan te bied nie en bly dus maar stil.
Die donker blik wyk nie van haar nie en sy wonder selfbewus of hy kan sien sy het nie al haar onderklere aan nie. Die blote gedagte laat haar bloos. Ineens voel sy kwesbaar en haar lyf terselfdertyd swaar, sommer baie swaar en die klopping, wat ritmies in die intiemste deel van haar liggaam begin, laat haar hulpeloos. Sy hoor skaars wat hy sê sodat hy sy woorde moet herhaal.
“Ek vra of daar iets is waarmee ek jou kan help, juffrou Viviers. Of maak jy ’n gewoonte daarvan om soggens in dosente se kantore uit te hang?”
Verbeel sy haar of het sy oë ’n oomblik te lank op die lae hals van haar toppie gerus? Die toppie is net laag genoeg sodat mens kan sien waar haar rondings begin. O, genade, sy kan voel hoe haar borste begin saamtrek. Daar doen hy dit weer. Sy oë sak net ’n breukdeel van ’n sekonde voor hy weer in haar oë kyk. Sy het hom onkant gevang. Dis duidelik.
“E … ja.” Sy weet sy klink asof sy niks tussen haar ore het nie, maar om nou iets sinvols te sê is feitlik onmoontlik. Ongemaklik staan sy op en skuifel weg van die gewraakte stoel.
Hy loop om en gaan staan agter sy lessenaar. Hy kyk nie weg van haar gesig nie.
“Ja, jy wil iets bespreek of ja, dis jou gewoonte?”
“Ek het iets om te bespreek.”
“Nou sit dan, asseblief.”
“Die toets van verlede week.” Die klopping van begeerte weergalm in haar hart en haar kop toe sy op die onskuldige stoel oorkant hom gaan sit. Sy haal ’n paar keer diep asem. Fokus haar aandag met ysere selfbeheersing op laas week se toets.
“Wat van die toets, juffrou?” Ongeduld slaan deur in sy stem. Hy gaan sit, vou sy hande op die tafel voor hom en leun effens vorentoe, sy oë brandend in hare. Toe is dit asof iets in hom skietgee. Hy glimlag effens en leun gemaklik teen die rugleuning van sy stoel.
“Leila Viviers.” Haar naam val sag oor sy lippe. Hy sê dit asof sy spesiaal is. “Ek herken jou oë altyd eerste. Die kombinasie van die suiwer blou en donker wimpers het my opgeval die eerste keer toe jy my klas binnegestap het. En daarna sien ek dit elke keer eerste raak. Jy was my getrouste student vanjaar, weet jy? Altyd voorbereid. Altyd betyds, ámper altyd. Dit kan ek nie van baie ander studente sê nie, al is hulle nagraads. So, waarmee help ek jou vandag, juffrou Viviers?”
“Ek weet nie wat gebeur het nie, maar iets het verkeerd geloop met laas week se toets.” Sy weet dit klink flou, maar dis die beste wat sy nou op kort kennisgewing kan opdis.
Hy bly nog na haar kyk en reik dan na sy tas, haal ’n stapel antwoordstelle daaruit en begin daardeur blaai. “Hier is jou toets.” Hy kyk eers daarna, stoot dit dan oor die lessenaar na haar. “Hierdie punt is beswaarlik iets om jou oor te bekommer.”
Bekoor kyk sy na sy hande. Die punt boaan die toets pla haar nie in die minste nie.
“Is dit al, Leila?”
Haar oë vlieg op toe hy haar naam sê en sy knik woordeloos.
“Nou maar goed. Dan is dit afgehandel.” Hy staan op agter die lessenaar en sy volg sy voorbeeld.
By die deur kyk sy op na hom. “Dankie, en ek is jammer ek het gepla.”
Hy knik liggies. Sy hand sluit om haar arm toe sy verby hom wil stap. Die onpersoonlike aanraking is genoeg om ’n veldbrand in haar te ontketen. Dit skok deur haar en toe sy in sy oë kyk, weet sy hy weet wat haar reaksie op hom is. Haar tepels verhard onder die dun materiaal van die toppie. Sy oë gly net ’n vlietende, onbewaakte sekonde laer voor hy in haar oë kyk. Sy is nie seker wat hy opgemerk het nie.
“Wat is jou toekomsplanne, Leila?” Daar is weer ’n grinterigheid in sy stem. Sy lippe vorm haar naam asof hy dit elke dag sê en ’n warmte kom lê in haar lyf.
“Nog niks spesifieks nie. Ek het gedink om my CV solank aan ’n paar personeelagentskappe in Johannesburg te stuur.”
Hy knik. “Ek sluit my klasse vandag af. Dit is dus my laaste dag op kantoor. Ek ontruim die plek vanmiddag. Jy was eintlik gelukkig om my nog hier te kry. Ek moet nou gaan, my eerste klas begin oor ’n paar minute, maar as jy belangstel in die kontakbesonderhede van ’n maatskappy wat ’n paar internskapposte beskikbaar het, kom spreek my vyfuur.”
“Dankie, ek sal beslis hier wees.”
Die wind swiep deur haar hare toe sy terug huis toe jaag. Die bande van haar Golf sing oor die teer. Sy gaan hom weer sien. Weer sien. Weer sien. Oor en oor weergalm die deuntjie in haar kop.
Hemel, hoe dom was sy nie? Hoe kon sy ooit gedink het Nadia Jonker weet waarvan sy praat?
En hoe kon sy ooit gedink het dat sý, Leila Viviers, iets so ondeurdag, so sonder inhibisie sou kon deurvoer? Lukas sou haar summier uit sy kantoor gegooi het. Sy twyfel of hy iemand vir bandelose seks is. Hy is nie soos haar eks nie. Of is alle mans eenders? Seks sou haar in elk geval niks in die sak gebring het nie. Want sy wil meer van hom hê.
O ja, haar lyf smag na hom op elke moontlike vlak. Haar hormone is ’n diep, onbekende oseaan waarin sy kan verdrink as sy nie versigtig is nie. Dit het sy vanoggend duidelik besef.
Die dag rek tot ’n ewigheid. Haar boeke lê onaangeraak op haar lessenaar. Genadiglik is haar skripsie reeds voltooi. Al kon sy teen haar eie tempo daaraan gewerk het, het Lukas haar en die ander twee meestergraadstudente gedryf om hulle werk klaar te maak. Die resultaat is dat sy nou baie verlig is dat sy haar nie daaroor ook hoef te bekommer nie. Sy skryf oor drie modules eksamen. Dis die finale drie spykers wat sy in die beleggingbestuur-kis