tref; hulle gaan almal dood, die een soos die ander. Almal het net een asem. Die mens is nie beter daaraan toe as die dier nie. Alles kom tot niks.
Is daar sin en betekenis in die lewe?
Die volgende twee verhale beklemtoon hoe dringend belangrik dit is dat ons ’n antwoord hierop kry:
Die soektog na sin
Gedurende die Tweede Wêreldoorlog moes gevangenes in ’n sekere fabriek werk. Op ’n dag word die fabriek opgeblaas en daarna het hulle niks sinvols gehad om te doen nie. Die wagte het ook nie geweet wat om met die gevangenes aan te vang nie en besluit toe om die rommel wat ná die ontploffing oorgebly het van een punt na ’n ander te skuif. Dagin en daguit moes hulle dit doen. Vandag skuif hulle dit soontoe en môre weer terug. Ná ’n paar weke het die gevangenes hul gevoel van sin verloor en op die wagte afgestorm in die hoop om geskiet en so verlos te word van die doellose bestaan.
Aan die ander kant vertel Viktor Frankl in Man’s Search for Meaning dat hy drie en ’n half jaar lank in konsentrasiekampe (onder meer Auschwitz) nie geweet het of hy die volgende dag nog sou leef nie. Tog het hy elke dag voortgeveg omdat daar hoop en sin was. Die mens kan met enigiets saamleef en daaraan gewoond raak, as hy of sy net weet waarom dit nodig is.
So dringend, selfs lewensnoodsaaklik, is die soeke na sin!
Twee belangrike bakens op dié reis
Terwyl jy vra en soek, is dit belangrik dat jy dié bakens verstaan en by albei uitkom.
Sin is ’n ek-ding Jy sal jou eie antwoorde moet vind. Die versoeking is om van dié gesprek ’n heerlike en algemene kletsgeselsie te maak en êrens in ’n koffiewinkel so bolangs oor die sin van die lewe te kuier. Dit gaan jou nie bevredig nie. Jy sal moet vra wat die dinge is wat in jóú lewe moet gebeur.
Die antwoorde van ander, selfs in dié boek, kan net vertel hoe hulle sin gevind het. Moenie verbaas wees as sommige voorstelle glad nie vir jou werk nie. Neem die pen in eie hand en glo dat daar binne die groot boek van die lewe ’n unieke sin, paragraaf of hoofstuk is wat net jy kan skryf. Dit kan wees dat jy iets so heeltemal nuut en uniek ontdek dat dit die wêreld stom laat.
Sin is egter ook ’n ons-ding Niks of niemand is ’n eiland nie. Ons almal is onlosmaaklik verbind aan almal wat al geleef het, nou leef en nog gaan leef. Alles wat jy nou doen, het ’n groot en langdurige uitwerking op die mense en wêreld om jou. Baie van ons samelewing se leegheid is juis die gevolg van die misverstaan en -leef van dié saam-op-pad-wees.
Die doel van jou lewe is om jou unieke gawes te ontdek (ek-ding). Sin kom wanneer jy dit wat jy ontdek het met hulle rondom jou begin deel (ons-ding).
Soek op die regte plek
Die versoeking is groot om vir jou ’n lang lys te gee van plekke waar mense gaan soek en nie gevind het nie, en maniere wat hulle probeer het wat nie gewerk het nie. Ek glo egter dat jy baie reeds weet.
Michael Josephson het dit ook verstaan en verwoord dit treffend in sy gedig, “Live a Life That Matters”:
Ready or not, someday it will all come to an end.
There will be no more sunrises, no minutes, hours or days.
All the things you collected, whether treasured or forgotten, will pass to someone else.
Your wealth, fame and temporal power will shrivel to irrelevance.
It will not matter what you owned or what you were owed.
Your grudges, resentments, frustrations and jealousies will finally disappear.
So, too, your hopes, ambitions, plans, and to-do lists will expire.
The wins and losses that once seemed so important will fade away.
It won’t matter where you came from, or on what side of the tracks you lived, at the end.
It won’t matter whether you were beautiful or brilliant.
Even your gender and skin colour will be irrelevant.
So what will matter? How will the value of your days be measured?
What will matter is not what you bought, but what you built; not what you got, but what you gave.
What will matter is not your success, but your significance.
What will matter is not what you learned, but what you taught.
What will matter is every act of integrity, compassion, courage or sacrifice that enriched, empowered or encouraged others to emulate your example.
What will matter is not your competence, but your character.
What will matter is not how many people you knew, but how many will feel a lasting loss when you’re gone.
What will matter is not your memories, but the memories that live in those who loved you.
What will matter is how long you will be remembered, by whom and for what.
Living a life that matters doesn’t happen by accident. It’s not a matter of circumstance, but of choice.
Choose to live a life that matters.
Die hele gedig in een sin? How will the value of your days be measured?
Jy onthou vir Marvin met sy “42” en die uitdaging dat ons die regte vrae moet vra? Hierdie is so ’n vraag en dit is waaroor jy moet dink.
As jy dapper genoeg gaan wees om dié vraag te vra gaan dit die begin van ’n opwindende nuwe fase in jou lewe wees.
How will the value of your days be measured?
Jou antwoord gaan vra dat jy ’n eerlike gesprek met jouself voer … en vertel tog vir hulle na aan jou van die gesprek waarmee jy begin het. Dalk wil iemand saamgesels!
Hier en nou
’n Skrifdeel: “Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed.” – Johannes 10:10
’n Gedagte: Onthou dat die lewe ’n vervaldatum het – hanteer dit betyds. – Skrywer onbekend
’n Stilhouplek: Oorweeg dit om Michael Josephson se gedig in jou eie handskrif oor te skryf, êrens op te plak en vir die volgende week elke oggend, voordat jy aan die gang kom, te lees.
’n Besluit:
VANDAG 2
Op soek na jou siel
Daar is ’n storie dat Henry Stanley, die bekende ontdekkingsreisiger, in sy haas om David Livingstone te ontmoet die draers gedwing het om ure en dae aanmekaar te stap. Toe hy een oggend by sy tent uitkom, sit hulle sonder hul drasakke en wag. Ongeduldig beveel hy hulle om dadelik aan die gang te kom, waarop die leier vir hom sê: “Meneer, ons het die afgelope paar weke so vinnig beweeg dat ons siel agtergeraak het. Ons gaan hier wag totdat ons siel ons ingehaal het!”
Die storie vertel nie of hy toe wel vir hulle tyd ingeruim het nie, maar die koerante is tans vol ander bekendes wat uit die bloute alles bedank om na hul siel te gaan soek. Een gaan vir ’n jaar saam met sy vrou reis en ’n volgende wil met sy eie hande ’n huis op hul familieplaas gaan bou.
’n Derde vertel hoe sy vir die hoeveelste keer deur die klein blokkies van haar kantoorvenster na die wêreld, haar lewensmaat en kinders gekyk en skielik besef het hoe skeel sy geraak het vir soveel wonderlike goed wat nóú rondom haar gebeur. Sy vervolg: “As ek as finansier met geld mors, is ek net dít kwyt, maar as ek aanhou tyd mors, verloor ek die lewe. Ek is moeg getob en moeg gejaag.”
Hul ouderdom, geslag en banksaldo verskil, maar die refrein is dieselfde: Ek wil nie langer so leef nie.
Vir baie begin die onvergenoegdheid met ’n ernstige siekte, die begrafnis van ’n naby-iemand of ’n diep teleurstelling. ’n Spesifieke leeftydfase soos die middeljare-oorgang kan jou ook daar bring. Ek is self ’n paar jaar gelede op die hoogtepunt van my loopbaan met dié vrae gekonfronteer. In my geval moes ek ’n baie radikale besluit