Christine le Roux

Christine le Roux Omnibus 8


Скачать книгу

hulle in luide fluisterstemme mekaar maan om stil te wees, is die lawaai so erg dat sy wawyd wakker lê. Krane loop, ligte word aan- en afgeskakel, mense giggel en proes. Sy kom ook agter dat Jack se storie van een chalet vir die mans en een vir die meisies nie heeltemal korrek is nie. Dis onteenseglik ’n man se stem wat sy uit die aangrensende slaapkamer hoor. Sy is ná ’n ruk lus om op te staan en vir almal te gil dat sy nie omgee wie waar slaap nie, solank hulle net asseblief nou tot rus kom sodat dit kan stil word.

      Dit gebeur eers omtrent drie-uur. Teen daardie tyd het sy ’n hoofpyn van spanning en ergernis en vat dit haar lank om weer aan die slaap te raak.

      Toe sy Sondagoggend wakker word, reën dit. Nie saggies nie, dit sous. Omdat die chalets grasdakke het, was sy nie bewus van die reën tot sy in die kombuis staan en uitkyk nie. Sy moes oor slapende liggame in die woonkamer struikel om daar te kom, maar die eerste beker warm koffie beur haar op. Terwyl dit nog stil is, was sy skottelgoed en probeer orde skep uit die bakke en houers oorskiet wat die hele plek vol staan.

      “Jy’s altyd die klein huisvroutjie,” het Jack haar altyd gespot. “Iemand moet dit doen,” was haar verweer.

      Teen elfuur is almal op. Verfrommelde slaapsakke lê op die woonkamervloer, die kombuis word weer chaoties en haar hoofpyn vererger.

      “Wat gaan ons vandag doen?” vra sy vir Jack toe hy so uitgelate soos altyd by hulle instap. “Dit reën.”

      Hy soen haar op haar kroontjie. “Dit pla ons mos nie, pop.” Soos ’n sirkusmeester wat sy sweep klap, begin hy organiseer en twee uur later sit Nicolette weer onder die karige sinkdak by die baai, wéér omring van kos en broodjies wat gesmeer moet word terwyl die mans uit is op die boot of sommer van die rotse af snorkel. En daar is nou een faktor by wat haar meer miserabel laat voel: die swartkop-ballerina is daar. Wanneer en hoe sy daar gekom het, weet Nicolette nie; vir al wat sy weet, steek Jack haar nog die hele tyd in sy chalet weg. Haar naam is Tanya en sy hou haar eenkant. Sy het in afgryse gekyk na die houers vol kos en toe op ’n rots gaan sit soos Lorelei.

      Nicolette is ewe min lus om weer te begin kos maak, maar in die gietende reën is daar nie eintlik ’n keuse nie. Tanya gee blykbaar nie om om nat te word nie, sy lyk soos ’n nat rob op haar rots.

      Die mans is weer teen vieruur terug omdat daar nou ’n wind opgesteek het en dit gevaarlik is op see. Alles en almal is nat, die wind waai die reën onder die afdak in, maar dit beïnvloed niemand behalwe Nicolette nie. Om warm te word, begin almal drink en Jack sit sommer ’n hele bottel witwyn langs haar neer.

      “Dan hoef ek nie kort-kort te kom kyk of jou glas vol is nie.”

      Sy bly liewer stil. Sy kry so koud dat sy haar voete nie meer kan voel nie en haar langbroek is waternat. Alles is nat, selfs haar reënbaadjie, en wyn is nie wat sy wil hê nie, dit maak haar net kouer en ongelukkiger. Maar Jack is op sy stukke. Hy drink te veel, sy kan dit altyd sien as sy blou oë nog blinker word. Hy slaan een arm om Tanya en die ander om Nicolette en kyk sy vriende triomfantlik aan.

      “Is ek ’n gelukkige man of wat?” roep hy vir sy vriende. “Het ek die twee mooiste meisies aan my sy?”

      Almal fluit en lag en Jack maak vir homself nog ’n bottel rooiwyn oop. Nicolette maak haar los uit sy arm en trek die bak broodrolletjies dieper na die middel van die tafel, want hulle is ook al nat van die waaiende reën. Dit begin donker word en vanselfsprekend sukkel die vuur, al is dit onderdak. Reëndruppels sis op die rooster en die wind word kouer. Nicolette kan nie verstaan waarom sy die enigste een is wat so ellendig voel nie. Die ander het nog minder geslaap en niemand het sedert ontbyt geëet nie.

      “Ek dink ons moet begin braai,” stel sy voor. “Die vuur brand uit en word nat.”

      “Nee, dis nog te vroeg,” sê Jack. “Ons hou nou eers partytjie. Is dit nie pret nie?” Hy lag uitgelate toe die wind ’n plastieksak gewaste slaai skep en oor die sand rol.

      Nicolette is die enigste een sober genoeg om dit agterna te sit en sy word ’n hele ent natter voor sy terug is en die servette en ligter goed op die oorlaaide tafel probeer anker.

      “Ag, komaan, pop,” sê Jack vir haar en skink haar halfvol glas weer vol, soveel so dat dit oorloop. Hy lag net en lek sy vingers af. “Vang nou gees, man. Kyk hoe lyk jou gesig.”

      “My gesig is nat,” sê sy. “My hare is nat, alles is nat.” Sy slaan haar arms om haar bevrore lyf en probeer haar waaiende hare uit haar oë en mond hou. Een van die ander wat ook al te veel gedrink het, probeer by die kis bier kom en struikel. Hy gryp na die tafel en trek die pak wors af op die sand.

      “O, aarde,” lag hy proestend. “Ons sal dit in die see moet afspoel.”

      Nicolette maak haar oë toe, want sy voel hoe trane begin brand. Sy is te moeg, te honger, te nat om eens meer te probeer voorgee dat sy dit geniet. Sy wil net in ’n hopie gaan lê en huil en toe sy ’n hand op haar skouer voel, swaai sy om om Jack se oë uit te krap, maar dis nie Jack nie, dis Philip. Hy dra ’n kakiekleurige reënbaadjie en sy hare lê nat oor sy kop, tot sy brillense is vol waterspatsels.

      “Philip,” sê sy. “Dis so … so aaklig!”

      “Ek weet,” sê hy en vat haar hand vas. “Kom.”

      Hoofstuk 8

      Nicolette is so oorstelp dat sy verbete aan sy hand vasklou om haar te vergewis hy is nie ’n skim nie. “Ek is honger,” bibber sy. “En koud en moeg en …”

      Hy glimlag gerusstellend. “Ek weet, Nicolette. Ek het jou kom haal.”

      Jack het hom raakgesien en kom vinnig nader, sy glas rooiwyn stortend oor sy hand. “Dis ’n verrassing!” roep hy vrolik en probeer klap na Philip se skouer behalwe dat hy mis en net meer wyn stort. “Sluit jy by ons aan?”

      “Hallo, Jack,” sê Philip. “Nee, ek het vir Nicolette kom haal. Sy is nou moeg.” Hy wag ook nie om te hoor wat Jack hierop te sê het nie, hy trek Nicolette met hom saam. “Hier is my motor,” sê hy vir haar.

      Sy knip haar oë in die stromende reën en sien hoe hy die deur vir haar oophou. “Ek is … ek is te nat. Jou sitplekke …”

      “Klim in,” sê hy.

      Sy doen dit en kyk deur die venster na die verbaasde gesigte om die vuur, almal in haar rigting gedraai. Op hierdie punt gee sy nie om wat hulle dink of spekuleer nie. “My tas …” sê sy toe Philip wegtrek en die steil, klipperige pad na die chalets vat.

      “Ons sal dit eers kry,” verseker hy haar. “Watter chalet is joune?”

      Sy beduie met ’n bewende voorvinger en hy stop so naby moontlik en hardloop saam met haar na binne. Afkeer is duidelik op sy gesig toe hy in die woonkamer staan en na die deurmekaar gemors van klere en slaapsakke en nat duikpakke kyk.

      “Ek …” sê sy en verdwyn in die slaapkamer wat nie veel beter lyk nie. Dit vat haar net ’n paar minute om haar tas te kry en haar toiletsakkie in te druk en sy kyk nie eens terug nie so bly is sy om die deurmekaar kamer te verlaat.

      Philip vat die tas by haar. “Is dit al?”

      “Daar is die kos wat ek … maar dit kan maar bly.”

      “Ons het dit nie nodig nie.” Hy druk sy nek in sy baadjie en hulle haas hulle terug na die motor.

      Sy is te miserabel om reguit te dink, maar dit val haar tog op dat hy nie wegswaai in die rigting van die grootpad nie, maar net hoër op bly ry tussen die chalets deur. “Waarheen gaan jy?” vra sy.

      Hy hou stil en kyk haar verskonend aan. “Ek het hierdie chalet gehuur.”

      “Het jy?”

      Hy klim uit en twee minute later staan hulle in ’n woonkamer identies aan die een wat sy nou net agtergelaat het, behalwe dat hierdie een leeg en netjies is. Afgesien van die opgevoude koerant op die koffietafel, is daar geen ander tekens dat iemand hier bly nie. Sy bly staan, voel hoe waterdruppels in haar nek afloop en bars in trane uit. Sy kan dit nie help nie, sy druk haar vuis teen