Troula Goosen

Raaiselklip


Скачать книгу

hulle maanhare pronkerig in die bries. Agter die drywer sit ’n vrou met ’n blonde meisie langs haar. Die meisie loer oor haar waaier na hom. Gabriel roer sy skouers ongemaklik. Vir al wat hy weet, ken hulle mekaar. Aan die manier waarop haar blou oë na kom kyk, lyk dit nogal of sy hom nooi om hulle te volg.

      Die kapkar spoeg ’n stofwolk in sy gesig en draai regs af in die volgende straat. Van nie weet wat om anders te doen nie, volg Gabriel dit verby netjiese tweeverdiepinghuise met breë deure, hoë stoepe en gemesselde sitbanke. Hier en daar sit daar mense. Mans met geborduurde onderbaadjies. Vroue in wye rokke. Hy voel hulle oë op sy rug terwyl hy verbystap en trek sy mantelkap laer oor sy gesig.

      Geleidelik word hy bewus van die ruising in die lug. Die see! skiet dit deur sy gedagtes. Dit beteken Kasper het nie gejok nie, Kaapstad hét ’n baai. En as Elian reg is en daar wel ’n skip voor anker lê, is dit dalk die antwoord op al sy vrae.

      Opgewonde loop hy vinniger. Aan die onderpunt van die straat sien hy ’n oop stuk grond en daar agter ’n gebou met stewige klipmure en ’n poort. ’n Fort dalk? Aan sy linkerkant, tussen geboue wat soos skure lyk, glinster die see. Hy sien ook die punt van ’n skeepsmas wat in die deining dobber.

      Gabriel steek vas en kou aan sy onderlip terwyl hy sy opsies oorweeg. Hy brand om by die pad na die baai toe af te draai. Sy nuwe vriende is seker op hierdie oomblik besig om uit te vind of die skip van Amsterdam kom en of sy naam op die passasierslys was. Maar wat as Kasper reg is en iemand sy mes vir hom inhet? Dalk is dit beter om eers terug te gaan teater toe en te wag tot hulle terugkom met nuus.

      “Miaau.”

      Die kat sit in ’n stegie tussen twee winkeltjies. Haar pers oë kyk stip na Gabriel. In die daglig lyk haar kaal lyf nog leliker as die vorige aand.

      “Dag, Kat. Wat doen jy hier?” vra Gabriel verbaas, half verlig om die dier te sien.

      Stert in die lug kom die kat nader. Sy skuur teen Gabriel se bene, maar toe hy buk om haar te streel, spring sy weg en draf straatop. Op die hoek gaan staan sy en kyk om, amper asof sy Gabriel uitlok om haar te volg.

      “Is jy ook op pad teater toe?” gesels Gabriel, bly om sy eie stem te hoor. As antwoord draf die kat weg in die rigting van die berg. Gabriel volg haar. Hulle loop verby ’n paar winkels en vleg deur die ander voetgangers.

      BOEM!

      Gabriel se nek ruk toe ’n knal onverwags deur die lug donder. Wat was dit? Oorkant die straat stop ’n man met ’n grys pruik in sy spore. Hy diep ’n ronde horlosie uit sy onderbaadjie se sak op en tik op die glas. Nie een van die ander voetgangers neem juis notisie nie en die duiwe wat verskrik opgevlieg het, gaan sit weer op die winterkaal boomtakke.

      Gabriel haal sy skouers op. Hy moet wikkel en by Di Schouwburg kom.

      Maar waar is die kat? Hy kyk rond en kom agter hy staan voor ’n kerk. Langsaan is ’n kerkhofmuur met ’n ysterhek wat met ’n tamaai slot toegesluit is. Die kerk se toring lyk nogal soos die een wat hy gisternag van die Di Schouwburg se trappies af gesien het, van hier af sal hy maklik die pad teater toe kry. Gabriel begin aanstap.

      Skaars drie treë verder hoor hy iets agter hom klik. Hy kyk om en frons. Dis vreemd, die begraafplaas se hek hang nou oop.

      Katvoet draai hy om en loer deur die tralies. G’n teken van iemand wat die hek kon oopgesluit het nie. Net rye en rye grafstene. Hy trek sy oë op skrefies. Van waar hy staan, is dit effens moeilik om die grafskrifte te lees, maar die name wat hy kan uitmaak, is onbekend en die datums lyk baie vreemd.

      Die plek laat sy hare regop staan en hy wil net padgee toe ’n beweging sy aandag trek. Dis die kat. Sy sit doodluiters langs een van die grafte, besig om haar poot te lek.

      Asof gehipnotiseer stoot Gabriel die hek oop en stap nader.

      Die graf het ’n klein marmerkruis op. Duidelik is dit lankal vergete, want dit is half toegegroei deur ’n graspol. Gabriel kniel en druk die bossie eenkant toe. Die gebeitelde grafskrif is weggevreet deur die tyd en hy moet hom inspan om dit te lees. Wat hy sien, tref hom soos ’n vuishou tussen die oë:

      Gabriel Dumonsceau

      Geboren 3 Januari 1645 te Amsterdam Nederland

      Gestorven 15 Juni …

      Die laaste jaartal is onleesbaar.

      Конец ознакомительного фрагмента.

      Текст предоставлен ООО «ЛитРес».

      Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.

      Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.

/9j/4R0MRXhpZgAATU0AKgAAAAgABwESAAMAAAABAAEAAAEaAAUAAAABAAAAYgEbAAUAAAABAAAA agEoAAMAAAABAAIAAAExAAIAAAAfAAAAcgEyAAIAAAAUAAAAkYdpAAQAAAABAAAAqAAAANQALcbA AAAnEAAtxsAAACcQQWRvYmUgUGhvdG9zaG9wIENDIChNYWNpbnRvc2gpADIwMTg6MDQ6MjYgMTI6 MTg6NTIAAAAAAAOgAQADAAAAAf//AACgAgAEAAAAAQAABkCgAwAEAAAAAQAACgAAAAAAAAAABgED AAMAAAABAAYAAAEaAAUAAAABAAABIgEbAAUAAAABAAABKgEoAAMAAAABAAIAAAIBAAQAAAABAAAB MgICAAQAAAABAAAb0gAAAAAAAABIAAAAAQAAAEgAAAAB/9j/7QAMQWRvYmVfQ00AAf/uAA5BZG9i ZQBkgAAAAAH/2wCEAAwICAgJCAwJCQwRCwoLERUPDAwPFRgTExUTExgRDAwMDAwMEQwMDAwMDAwM DAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwBDQsLDQ4NEA4OEBQODg4UFA4ODg4UEQwMDAwMEREMDAwMDAwR DAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDP/AABEIAKAAZAMBIgACEQEDEQH/3QAEAAf/xAE/ AAABBQEBAQEBAQAAAAAAAAADAAECBAUGBwgJCgsBAAEFAQEBAQEBAAAAAAAAAAEAAgMEBQYHCAkK CxAAAQQBAwIEAgUHBggFAwwzAQACEQMEIRIxBUFRYRMicYEyBhSRobFCIyQVUsFiMzRygtFDByWS U/Dh8WNzNRaisoMmRJNUZEXCo3Q2F9JV4mXys4TD03Xj80YnlKSFtJXE1OT0pbXF1eX1VmZ2hpam tsbW5vY3R1dnd4eXp7fH1+f3EQACAgECBAQDBAUGBwcGBTUBAAIRAyExEgRBUWFxIhMFMoGRFKGx QiPBUtHwMyRi4XKCkkNTFWNzNPElBhaisoMHJjXC0kSTVKMXZEVVNnRl4vKzhMPTdePzRpSkhbSV xNTk9KW1xdXl9VZmdoaWprbG1ub2JzdHV2d3h5ent8f/2gAMAwEAAhEDEQA/APOWQ0gkSQdRrwVb wa23XVsuPtcXWVtjQ/y3f1VDGZXuDnQNjvokx8JVzDxP2i/ZbLBY4ios5aG/T+k5v86rM4gDdYJJ b7ultDqHP503sGwtI/ds1UfsePeLPst7rHGvYWP27xA/MtG9r9359f8AOK59