Kwela Boeke
Vi ôs
1
ANWAAR
Anwaar Peter Brandt exist nie meerie. Nous ek net Ahnie Brandt. Dais hoe ammel my ken, Ahnie Brandt from the movies. Ek was mos in dai film – GangStar. Wanne jy jouself oppie big screen sien, en jy’s soe groot, ek praat van metres lank, dan kan jy nie help but om soes ’n god te voelie. “Featured extra”, papa. Dai mean ek het meer screen time dannie anne manne gehet. Ek was innie fight scene plus daa was drie close-ups van my gesig. But ’n man is humble because why being famous het sy downsides oek, sienie man. Ek mean maa, kyk vi my, ammel ken my, ek kan nou nêrens gannie.
En lat ek gou net een ding clear maak, ek hettie daavoo gan soekie, alles het na my toe gekô. Die ding het soe begin: It was ’n gewone Vrydagaan, ek ennie Butcher Boys het in ôsse karre innie skiem rondgeskarrel. Daas tog niks annes in Jurassic Park vir ’n man om te doenie, daasie nog bars of pubs ie, soe jy moet maa in jou kar afkoel.
But ôs issie Butcher Boys en ôs stiek yt met ’n style; drie karre, lime-green in colour. Ek het dai colour gechoose because ek wil gehêrit as ôs agte mekaa ry, dan moet ôs soes ’n boemslang lyk, dais mos ’n mooi dier dai. Okay, die karre het ’n bietjie vedala gelyk, dents en what-what, but dais because ôs was eeste spinners. Ôs het innie pad gepop. Ôsse mense likes mos ’n show, soe hulle het bos angegan as ôs innie pad ytstiek met ôsse karre en woelagge sound systems.
Elke kar speel ’n different number! Ôs drai dai bass op sy hardste, jy sallie ees wiet watte song speel ôssie. It klink soes whales wat onnerie sea communicate. Free Willy style, bapey. Naai, is mos ’n scientific proven fact dat wanne jy bass voel, ek mean wannerit dee jou biene vibrate, dan veannerit jou binnestes, jou hart beginne wêk om in rhythm mettie bass te klop. Imagine that, ek control heartbeats, my broe! En as daa genoeg mense innie pad was, soe oorie vyftag mense, dan spin ôs vi hulle. My signature move was om ’n bollemakiesie te skiet op Linke se kar se dak, tewyl hy ’n donut kap! Dan haloepie mense na ôsse kar toe net om my hand te vat.
Ôs het dinge gedoen wat nieman nog ooit gesienitie. It was world class entertainment. But daa was altyd ’n droë antie wat met haa suur gevriet ytstiek met: “Daas kleine kinnes wat innie pad in speel. Wat gan gebee as julle ’n tyre bas en ’n kind omstamp? Ennie gebrande roek wêk op ’n mens se ashma.” Die skiem is te vol ou mense, te veel dinosaurs in Jurassic Park. Ja, die antie het ’n punt biet gehad, maa my ding is jy kô sê nie vi my in voo my fans ie. Ek wil nooit ’n kin seegemaak hettie, soe ek het virrie manne gesê ôs moetie ôsse sport innie pad doenie, ôs moet aaire daa voorie butchery gan spin. Daas ’n parking lot daa wat groot genoeg is. Die butchery is like die skiem se CBD. Is net twie facebrick-geboue. Eeste kry jy Jabaar’s Tuck Shop. En dan is daa soe ’n gangetjie wat altyd toegeslyt was op altwie kante, en dan is East Meats South Butchery innie twiere gebou. Mr Jabaar own altwie winkels. Hy’s kwaai, hy’t altyd ’n entjie by ôs kô roek, dan staan hy in sy bloederige apron en koefia. Hy’tie gemind as ôs voo sy plek pop ie, hy’t gesêrit lok nog mense in.
En dai was waa. Die butchery issie ienagste plek innie skiem met ’n ATM en sy winkel was miestal net vol oppie eeste vannie maan, wannerie mense hulle grants kô trekkit. Ek kan onthou die goose wat byte innie queue gewaggit virrie ATM met ’n vrag kinnes vra ôs nog: “Elke kee as ek veby loep dan staan julle hie. Wat wêk julle virrie Jabaars? Is julle dan nou butchery boys?” Sy’t dai laaste woore soe lekke ytspatlik gesê, it het kwaai geklink, ek het decide it sal ’n kwaai naam vi ôs wies. Naai, ôs het ’n niewe naam gesoek wan na ’n tydjie het “Boomslang Spinners” nie meer reg gevoel vi ôssie. Ôs wil yt dai spinning scene gekommit wan ’n man makee klomp kroon. Ommie heeltyd oppie karre te wêk, issie wêditie.
Ôs het meer geld gemaak mettie boemstoppe wat ôs vekoepit. As jy ’n bietjie extra betaal dan swaai ek self jou pil, ek’s mos gevaalik met ’n bladjie. My jays was artworks. Die crucifix, waa ek drie joints in een krys rol, wassie most popular. Toe decide ôs om in dai lyn te hou. Ôs het nettie product ge-upgrade na iets ’n bietjie stêkere, sienie man. Dais tog anyway wattie mense wil gehêrit. Toe ôs begin mert toe is ôs nou officially the Butcher Boys.
Anyway, Mr Jabaar was lekketjies man, but hulle sê hy’t siek geraak en dais hoekô sy vrou in sy plek kô wêkit. Dai gallie met haa vyl doekie wassie complete opposite van haa man. Sy’t bly nêgh en sê ôs jaag haa customers weg. As sy gesienit ôs trek op dan gooi sy soema Jeyes Fluid met gekoekte wate daa waa ôs sit. En say maa now ôs sit al klaa daa dan kô sy met ’n biesem en vie ôs daa weg. Soe ôs het een nag met crowbars afgegan en altwie hekke byrie gangetjie tussenie winkels stukken gebriek ennie burglar bars gebyg. Die next oggen was ôs vroeg byrie butchery, ôs speel net concerned.
“No Mrs Jabaar, see the people know your husband isn’t here and now they want to take advantage. But aunty mustn’t worry, me and my boys we gonna stand here and protect your place.”
Sy was te bang om nog te stry. Ôs het allie vullis innie gangetjie opgetel, en Japie is mos kwaai met graffiti soe hy’t ôsse niewe logo boe die gangetjie tussenie butchery ennie tuckshop gespray-paint, soe ’n geel smiley face met twie X’e vi oë en ’n druppel rooi byrie lippe. The Butcher Boys headquarters was ready for business.
Een Vrydag chill ôs innie gang. It was ’n warme dag, soe ek was kaalboelyf, ek yak net my rooi Tazmanian Devil silk boxers, my wit kouse mettie swart-en-rooi stripes wat tot onne my knieë opgetrek is, met my wit All Stars en my oë agte donke teardrop bane. Ek het ’n kwaai tan gehad. Ôsse numbers het yt Linke se boot gespeel, my old-school jazz playlist was op shuffle. Daa was baie traffic in ôsse gangetjie dai dag, business was good. Naai, ôs was lekke op ’n relaxed buzz, jy wiet, heelwat bashful.
Anyway, daa stop toe ’n Mini Cooper byrie butchery. Is ’n wit vrou en ’n Coloured bra wat innie kar sit, ek het nog nooitie mense in my liewe gesienie. Hulle lyk soema suspeck, jy check. Die agteste venstes is tinted soe ek kannie sien of daa anne mense saam is of wattie. My hart begin vinnag te klop, ek kan soema voel hie kom ’n ding.
Ek praat soe ytie kant van my mond: “Linke kyghie, die blok is benoud, vattie goed.” Ek gan sit op my hurke. “Boys kô ons speel ’n game vi spek en boentjies.”
Ôs maak soes ôs dowwel, virrie eye-blind. Die manne maak ’n kring om my en ek hal vinnaggie pakkies yt ammel se skoene en gierit skelmpies vi Linke.
“Right, Linke, spat.”
Hy vat groot trappe soes hy affie gang loep. Sy linkehand is in sy hoodie en met sy regtehand druk hy’ie plastic bankies in sy mond. Toe hy nabyrie einde vannie gang kô, sê ek vi hom: “Linke, lat sak dai rol.” Ek was vesieke daa was nog spies wattie agteste vannie butchery dophou en ek willie gehêrit Linke moet te veel aandag trekkie. Toe try hy om soes ’n gentleman te loep but dai Butcher Boys swagger is nog once daa. Ek smile vi myself, naai een ding, ôs is kak cool. I taught him well. I felt like a proud father. Ek loerie heeltyd skelmpies virrie vreemde mense innie kar dee my aviators. It lyk soes hulle argue, die Coloured bra skud sy kop ennie wit vrou staar my nog once.
Ek sê virrie manne: “Act natural. Ôs doen niks vekeed nie. Dies ôsse plek. ” Ek lip-sync mettie Will Smith number wat ytie kar speel: “Summer, summer, summertime …” Ek gan nog lekke met my nekkie oppie beat. Toe hoo ek Linke flyt, net bietjie hardere assie music. Die stress drain soema yt my nek en skoues yt. As Linke soes ’n voëltjie flyt dan mean dai hy’s safe. Hy kan mos net flyt as hy niks in sy mond hettie. Die manne in anne strate flyt trug, dankbaa virrie warning. Ek maak my oë toe en vir ’n oemblik imagine ek ek is in ’n rain forest en ek lyste na tropical birds of paradise. Die Mini Cooper se dee klap hard toe en skielik is ek wee back to reality, trug innie dywehok.
Die Coloured bra loep na ôs toe. Toe ek opstaan, stop dai man, en hy wai vi my. “Hi, Anwaar.”
Ek check hoe kennie man dan my naam? Ek loep na hom toe en gan aspris te naby hom staan. Hy lyk uncomfortable. Ek wil gevoelit of hy ’n gun het, ek vryf my hanne by sy belt om sy mag en toe ek hom op sy rug kap, wai daa Johnson & Johnson babypoeier yt sy collar yt. Hy’t my remind van my ma.
“Van waas jy dan?” flyste ek in sy oo.
“Me?”