anders sien, dit wat ons doodmaak en eet nie net as tydelike voorwerpe hanteer nie, maar die verbondenheid waarvan ons geloofstradisie ons leer, werklik verstaan.
En dalk selfs verteer.
My pa was een van daardie welmenende vaders des huises wat binnensmondse en derhalwe onverstaanbaare tafelgebede gedoen het.
In alle eerlikheid: ons het eintlik almal geweet waaroor, waarvoor en tot wie hy bid. Dalk was die belangrikste ons ervaring dat hy dankbaar was en dat sy onverstaanbare (wel, vir ons) gebed ons al vier verenig het in ’n uitdrukking van waardering.
Ek wonder soms hoe my grootwordjare sonder dié gebed sou gewees het.
Sou ek geleer het van dankbaarheid?
Sou ek gedink en geglo het dat daar voorsien word?
Sou ek iemand buite myself leer erken en eer het?
Sou ek anders geglo het, of dalk glad nie?
Soos ek hier sit, is ek dankbaar dat God die onhoorbare hoor en die onverstaanbare vertaal.
Ek is dankbaar dat God weet.
Die kos op my bord herinner my daaraan dat iets moet sterf voordat daar lewe kan kom, hoe vreemd en paradoksaal en onmoontlik dit ook al klink.
Maar dankie. Te midde van die onverstaanbaarheid en die misterie hierin, dankie.
Want ’n offer is gebring.
Конец ознакомительного фрагмента.
Текст предоставлен ООО «ЛитРес».
Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.
Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.