Susan Coetzer

Koeke en terte


Скачать книгу

soek na ander se erkenning, ’n behoefte wat gewoonlik spruit uit ’n gevoel van minderwaardigheid en ongeborgenheid in jouself? Wie is jy wanneer jy gestroop word van alle titels en prestasies? Hoe voel dit?

      Ek self het lank my sekuriteit in dinge buite myself gesoek, eerder as in eienskappe in myself. Eers toe ek gestroop is van alles aan die buitekant wat my identiteit omlyn het – soos my huwelik en sakeonderneming – kon ek my waarde werklik in God se genade en liefde vind. Dit was bevrydend om te weet: Ek is goed genoeg, sonder enige versierings of prestasies, net soos ek is. Warts and all.

      Stel jou oop om te hoor waar jy as gedrewe Skoukoek dalk aanpassings moet maak en afskaal. Maak seker jy vind jou blywende identiteit en sekuriteit altyd eerstens in God se blywende liefde en aanvaarding, eerder as by die skoue wat kom en gaan.

      Liefde word immers só gespel: T-Y-D. Maak tyd vir jou verhouding met God, met jouself en met jou naastes.

      Slypskool vir Skoukoeke

      Dink nou mooi na oor hierdie vrae en skryf jou antwoorde in jou joernaal neer.

      •Is jy ’n Skoukoek? Motiveer jou antwoord.

      •Het jy sommige van die eienskappe van ’n Skoukoek?

      •Wat is jou sterkpunte?

      •Wat is jou swakhede?

      •Wat is jou natuurlike talente?

      •Wat is jou geestelike gawes, geïnspireer deur die Gees van die Here?

      •Wat is jou drome?

      •Wat is jou passies?

      •Hoe lyk die nuwe jy waarin jy wil verander?

      •Watter bestanddele wil jy uit jou huidige resep weglaat?

      •Watter nuwe bestanddele wil jy byvoeg om die beste jy te word?

      •Wat is vir jou haalbare doelwitte vir hierdie week, hierdie maand, hierdie jaar?

      •Wat is jou lewenstaak as jy dink aan die kombinasie van al jou geestelike gawes, natuurlike talente en sterkpunte wat die Here spesifiek in jou geskenkpakkie geplaas het om die wêreld mee te verryk?

      Die Woord vir Skoukoeke

      •Psalm 46:11

      •Spreuke 23:4

      •Lukas 10:41

      Stilwordtyd by God vir Skoukoeke

      Lees die Bybelgedeeltes hieronder in afsondering en met jou volle aandag deur. Jy is welkom om ook ander Bybelgedeeltes saam met hierdie te lees en oordink. Wanneer jy die gedeeltes klaar aandagtig gelees het, vra jou af:

      •Wat het my getref? Bid daaroor.

      Luister dan in stilte en met ’n oop hart na God se aanwysings vir groei in jou lewe. Luister vir antwoorde op moontlike vrae soos:

      •Hoe kan ek my bestaande resep verbeter? Wat moet uit? Watter nuwe bestanddele kan in?

      •Wat keer dat ek ’n deurbraak beleef?

      •Hoe kan ek my hart, teenoor myself én my medemens, prakties verruim?

      Slypskool vir almal wat saamreis

      Dink nou mooi na oor hierdie vrae en skryf jou antwoorde in jou joernaal neer.

      •Hoe voel ek oor Skoukoeke?

      •Hoe hanteer ek hulle?

      •Hoe kan ek hulle bemoedig en help om hulle volle potensiaal te bereik?

      •Hoe wil die Here hê moet ek Skoukoeke hanteer?

      Die Woord vir almal wat saamreis

      •Romeine 13:8

      •1 Korintiërs 13:2

      Stilwordtyd by God vir almal wat saamreis

      •Wat het jy in hierdie verse oor naasteliefde geleer?

      •Wat sê die Here vir jou?

      •Hoe kan jy dit prakties toepas?

      •Het jy enige lightbulb-oomblikke beleef?

      Конец ознакомительного фрагмента.

      Текст предоставлен ООО «ЛитРес».

      Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.

      Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.

/9j/4R70RXhpZgAATU0AKgAAAAgABwESAAMAAAABAAEAAAEaAAUAAAABAAAAYgEbAAUAAAABAAAA agEoAAMAAAABAAIAAAExAAIAAAAkAAAAcgEyAAIAAAAUAAAAlodpAAQAAAABAAAArAAAANgALcbA AAAnEAAtxsAAACcQQWRvYmUgUGhvdG9zaG9wIENDIDIwMTkgKE1hY2ludG9zaCkAMjAxOTowODox MiAwODo0NzozMAAAAAADoAEAAwAAAAH//wAAoAIABAAAAAEAAAZAoAMABAAAAAEAAAoAAAAAAAAA AAYBAwADAAAAAQAGAAABGgAFAAAAAQAAASYBGwAFAAAAAQAAAS4BKAADAAAAAQACAAACAQAEAAAA AQAAATYCAgAEAAAAAQAAHbYAAAAAAAAASAAAAAEAAABIAAAAAf/Y/+0ADEFkb2JlX0NNAAH/7gAO QWRvYmUAZIAAAAAB/9sAhAAMCAgICQgMCQkMEQsKCxEVDwwMDxUYExMVExMYEQwMDAwMDBEMDAwM DAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMAQ0LCw0ODRAODhAUDg4OFBQODg4OFBEMDAwMDBERDAwM DAwMEQwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAz/wAARCACgAGQDASIAAhEBAxEB/90ABAAH /8QBPwAAAQUBAQEBAQEAAAAAAAAAAwABAgQFBgcICQoLAQABBQEBAQEBAQAAAAAAAAABAAIDBAUG BwgJCgsQAAEEAQMCBAIFBwYIBQMMMwEAAhEDBCESMQVBUWETInGBMgYUkaGxQiMkFVLBYjM0coLR QwclklPw4fFjczUWorKDJkSTVGRFwqN0NhfSVeJl8rOEw9N14/NGJ5SkhbSVxNTk9KW1xdXl9VZm doaWprbG1ub2N0dXZ3eHl6e3x9fn9xEAAgIBAgQEAwQFBgcHBgU1AQACEQMhMRIEQVFhcSITBTKB kRShsUIjwVLR8DMkYuFygpJDUxVjczTxJQYWorKDByY1wtJEk1SjF2RFVTZ0ZeLys4TD03Xj80aU pIW0lcTU5PSltcXV5fVWZnaGlqa2xtbm9ic3R1dnd4eXp7fH/9oADAMBAAIRAxEAPwD1CE8J4TpK YmAJJgDknhONQCNQeCF559dX4Y+tuO36z+ufq/8AZx9nFZcK/Vk+o5/pfSe3/Cen+n2eh/gvUU+m YPSqen/WC/6v9VGR0ezAu/yYd++qw1ui4+s5ttbfbY1v6H9N/pP1dO4dFvFrT