rondkuier, kan hy ten minste nie moeilikheid maak vir die handelaars en die Herero’s nie.”
Thiri is nie oortuig nie. “Hy’s soos ’n ram agter ’n ooi aan, al snuiwende in die lug.”
“Ek wonder hoe lank Andries-hulle gaan weg wees,” stuur Liesbet die gesprek in ’n ander rigting.
“Baie lank,” sê Thiri. “Toe my pa vir meneer Krapohl bees aangeja het Walvisbaai toe, was dit drie keer volmaan voor hulle teruggekom het.”
Liesbet kyk verlangend na die murasie van meneer Krapohl se winkel. “Dit was lekker dae toe mens winkel toe kon hardloop as jy iets nodig kry. Ek kan nou nog nie verstaan hoekom die Herero’s vir meneer Krapohl hier weggejaag het nie.”
“Dis oor hy hulle bees gesteel en die hond doodgemaak het,” fluister Thiri agter haar hand terwyl sy rondkyk of iemand nie dalk afluister nie.
Liesbet gaap haar geskok aan. “Hy sou nooit so iets doen nie!”
Thiri se mond word dun van beslistheid. “Is so. Sy sakdoek was onder die dooie hond.”
’n Onsigbare hand druk Liesbet se keel toe.
Thiri skud haar aan die skouer. “Wat is dit? Dit lyk of jy ’n spook gesien het.”
“Oom Frederik!” spoeg Liesbet die naam uit. “Ek het vir hom een van meneer Krapohl se sakdoeke gegee.”
Конец ознакомительного фрагмента.
Текст предоставлен ООО «ЛитРес».
Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.
Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.