Die kind wat met ’n ploegskaar uitgedreg word, die rokkie oor die kop, die plastieksak wat in haar oopgevrete binnegoed met ’n barber verstrengel geraak het. Hy wat die dreghaak en die toue om haar lyf stadig sit en lossny. Hy wat geweet het hy moes sy afstand hou. Hy wat gedink het hy het homself los genoeg gemaak van mense. Die vel wat saam met die toue loskom in sy hande. Beethoven se Neënde wat gespeel het daardie oggend terwyl hy ’n gedig oor fisante uitgekak het. Die houthuis in die Sederberge wat hom geleer het van menswees. Die huis wat hy skoongemaak en toegesluit het.
En Landman wat daar buite vir sy grond en vir sy seun en vir sy vrou staan en sing en tjank tot sy stem ingee. Die bottel wat nie wil leegloop nie. Smit wat op sy bed gaan lê en vir homself begin sing om die pa daar buite stil te sing, om homself slaap te maak. Op maat van Beethoven se euforie het hy sag begin:
“Bagger bagger boot wat slyk sleep
Dreg en dreg en verder weg
Dreg dreg wegvee plekmaak skoonmaak
Trek skoon die slyk van menswees
Ek wil nie geheime uitlê
Berge deur geloof versit
Ek wil vlug voor al die kennis
Bagger bagger maak my niks.”
Конец ознакомительного фрагмента.
Текст предоставлен ООО «ЛитРес».
Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.
Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.