Danie Marais

Al is die maan 'n misverstand


Скачать книгу

      Danie Marais

      gedigte

Danie marais title.jpg

      Tafelberg

      Die uitleg van gedigte in hierdie digitale uitgawe van Al is die maan ’n misverstand mag verskil van dié van die gedrukte uitgawe, afhangende van die instellings op u leestoestel. Die uitleg vertoon optimaal indien die standaardinstelling op u leestoestel gebruik word. Lesers kan egter eksperimenteer met die instellings vir verskillende perspektiewe op die gedigte.

      Vir my familie en die meisie met die sewe letters in haar naam

      Aanhaling

      Under every no

      Lay a passion for yes that had never been broken.

      wallace stevens – “Esthétique du Mal”

      Aimed just where I’d been told –

      behind the shoulders at the heart

      and lungs. ‘They might run,

      but they won’t run far.

      Look at it this way,’ my friend said.

      ‘How far would you run with a piece

      of lead in your heart?’ That depends,

      my friend, that depends.

      raymond carver – “Elk Camp”

      Tramps like us, baby we were born to run.

      BRUCE springsteen – “Born to run”

      Glip die aarde blou

      As die buitenste ruimte haar eers

      in die leemte hier binne

      kom bewonder

      lê verlange swart

      om die witmaanstil

      As die diepste onverskilligheid hom

      oplaas in die spieël herken

      glip die aarde blou, val vry –

      suutjies deur die niet

      in die olie van die al

      Asseblief I

      Van my woonstel se wentelbaan

      is alles wat tel

      ’n gebed ver weg.

      Maar voor jou totsiens-soen

      het ek nie meer geweet waarvoor

      om te vra wanneer ek bid nie.

      Nou het ek vergeet van alles,

      die res en die reën –

      nou is dit net ek en jy tienduisend

      onverhoorde nagmyle

      in ’n enkelgebed ver.

      Met een asem

      Dit is nie ’n liefdesverklaring of ’n love poem dié nie maar verlange wat gejaagde asem is wat banger is om verkeerd te lewe as vir die dood wat jóú bokkie ook wil hê hê hê soos ’n dobbelsteen in ’n dronk hand hunker na sy nommer in roulette so honger soos ’n pyl uit ’n boog gereed soos ’n vuurhoutjie brand soos longe vol petrolpsalms vir jou al is die maan ’n misverstand en altyd net ’n asem lank

      Weet net

      Ek wil vurig

      maar sag

      iets aanteken vir ewig

      noudat ons aan mekaar geraak het –

      soos destyds by Stormsriviermond

      toe die see in my hut kom slaan het.

      En tog het ek net

      staan en kyk

      hoe die hemel tuimel

      en die see in swik

      hoe my oudste sout verlange

      hier vlak voor my voete

      haar te pletter loop.

      Ek was tjoepstil oorweldig;

      tot barstens gelukkig

      soos by ’n hotelvenster in Bangkok

      met die mal moeson

      wat die “meer, meer, meer!” van begeer

      in onstuitbare bruin riviere

      deur ’n tropiese doolhof jaag.

      Maar wat nou?

      Noudat ek jou oor en oor in my kop

      onweerstaanbaar verleë

      uit jou gedagtes laat opkyk na my

      net om jou glimlag

      om mý mondhoeke te vang speel;

      noudat ek oral weet

      van jou

      soos van daai storm in Bangkok

      en die sterre en kleintyd en dood

      soos springgety oor my drumpel

      as ek net so

      gratis en verniet

      binne brand

      soos jy.

      Wees gerus

      Raak my aan, asseblief,

      raak my nie nou al aan nie.

      Uit hierdie bitter grond gebore

      tussen windhande wat my wil klief.

      H.J. Pieterse – “Artisjok”

      Dis doodreg,

      want ek wil jou nie sommer

      vuil vat en klou nie –

      as mens aan die sterre vat

      gaan hulle dood, sê Breyten.

      Ek kap net soos ’n kat na ’n vlinder

      my pelspoot na jou.

      Ek:

      kyk vir jou soos ’n nagapie,

      waai my stert, honde-glimlag,

      gooi verbete flikkers vir jou

      soos ’n vuurtoring oor die water.

      Ek ry ons enigste soen soos ’n luck dragon

      as almal slaap.

      Soggens kom fluit ek soos jou ketel,

      jaag met ’n fris bries

      die reëndruppels soos paddavissies

      oor jou venster.

      Ek staar oop en bloot pers na jou

      soos ’n Pretoria in Oktober.

      Ek gaan lê bloot met die boekmerk tussen jou blaaie

      as jy die lig afsit snags.

      Daar is niks om voor bang te wees nie –

      ek doodle maar die sewe lucky letters van jou naam

      en laat jou in vrede spartel

      met jou donkerbloed jou warm-alleen

      jou rooi hart-gedagtes.

      Kyk, ek trek net die gordyne oop

      sodat jy kan voel hoe roekeloos die maan

      deur die diefwering aan jou vat

      in Sun Court 8 –

      jou gehuurde kou

      in