hele wêreld van onthutsende idees te wagte wees, wat hy met die onverstoorbaarheid van ’n fietsmaker sou uitvoer.
Hy was nie soseer buitengewoon nie; mens sou eerder kon sê hy was ’n krag wat losgelaat word. Met hom in die omtrek het dit getintel van afwagting – daar was ’n energie wat in sy hande vorm aangeneem het, en sonder sukkel het hy bomme, motorfietse en vliegtuie te voorskyn getower en daarmee gespeel soos ’n lighartige towenaar. Ek het nog nooit tevore iemand ontmoet by wie ’n idee so vanselfsprekend lyf gekry het en op wie vrees en konvensies so min vat gehad het nie. Hy het dit gewaag om die onmoontlike te dink, onbewus van die bedenkinge wat agter sy rug uitgespreek is. Want baie mense het nie van Joe gehou nie; daar was te veel wat raaiselagtig was aan hom. Die meeste mense is gemiddeld, sommige selfs doodgewoon minderwaardig, en tog is almal baie gevoelig vir die hoër konsentrasie energie of talent in die bogemiddelde mens. As hulle nie beskik oor dieselfde ligbron wat jy binne jou het nie, mag jy dit ook nie hê nie. Hulle het geen talent vir bewondering nie; net vir gedienstigheid en afguns. Hulle steel die lig.
Конец ознакомительного фрагмента.
Текст предоставлен ООО «ЛитРес».
Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.
Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.