as hulle uitspan, kan hulle verder planne maak. Sy hardloop by Braam verby en maak die wa se seil oop. “Meneer Potgieter, jy kan hom sommer hier neerlê. Ek sal dadelik na sy been kyk. Ek wil jou nie verder ophou nie; ek wag net vir Apools, dan kom ons ook.”
Braam frons en kyk ongelowig van haar na die bewustelose Chrisjan en dan weer na haar oorvol wa. Sonder om ’n woord te sê, loop hy by haar wa verby tot waar sy waens onder ’n boom wag.
“Willem, maak daardie wa se seil oop en skuif die kiste agtertoe sodat daar plek voor is. Kom help my sodat ons hierdie man daar kan neerlê.”
“Maar, meneer Potgieter . . . ek . . . e . . . ek wil nie lastig wees nie. Ons . . . e . . . sal regkom.”
Braam steur hom nie aan haar nie. Gemaklik en sonder inspanning tel hy en Willem vir Chrisjan in die wa.
Martie trek gelate haar skouers op en gaan haal dan haar trommeltjie met medisyne om die wond skoon te maak en te verbind en om vir Chrisjan weer by te kry.
Конец ознакомительного фрагмента.
Текст предоставлен ООО «ЛитРес».
Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.
Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.