hieruit, dis mooi vertaal. Lees vir ons vers 24 tot 26.”
“Ek kan nie so goed Engels lees nie, Saba …”
“Lees maar stadig.”
“For I will take you from among the nations, gather you from all the countries, and return you to your own soil. Then I will sprinkle clean water on you, and you will be clean …” Yhoshi kyk op. “HaShem sal hulle eers terugbring en dan sal Hy hulle … skoonmaak?”
“Ken. Lees nou verder. Vers 26 ook.”
“I will cleanse you from all your uncleanness and from all your idols. I will give you a new heart and put a new spirit inside you; I will take the stony heart out of your flesh and give you a heart of flesh.”
Hy kyk op na Chaim. “Ek verstaan dit,” sê hy.
“Maar weet jy, die grootste seën van alle seëninge het ons tog gekry, Yhosh. Weet jy wat dit is?”
Ná ’n kort rukkie skud Yhoshi sy kop.
Daar is ’n wonderlike lig in Chaim se gesig. “HaMashiach is uit die Jode gebore.”
“Yeshua,” sê Yhoshi sag.
“Ken, Yhosh, Yeshua. Hy is uit ’n Joodse vrou gebore en die Jode het Pilatus gevra om Hom te kruisig, want Hy is Elohim se Lam wat vir ons oortreding van die Tora geoffer moes word. En Hy sal net terugkom as die Jode Hom aanroep.”
“O?” vra Yhoshi verbaas.
“Teen die einde van sy bediening het Yeshua vir die Joodse leiers wat om Hom gestaan het, gesê …”
“Ek weet!” roep die kind meteens, “baruch haba b’Shem Adonai.”
“Dis reg, Yhosh, as HaShem sy Gees oor Israel uitstort, want dis wat dit beteken as Hy sê Hy sal skoon water oor hulle sprinkel en hul oë sal oopgaan en hulle sal sien dat Yeshua die Messias is wat vir hul sonde geoffer is en dan sal hulle sê: ‘Baruch haba b’Shem Adonai.’”
Yhoshi kyk hom verwonderd aan.
Die rabbi neem die Bybel by hom en blaai vinnig ’n entjie verder. “Luister wat sê Z’charyah van daardie dag hier in hoofstuk 12: ‘When that day comes, I will seek to destroy all the nations attacking Yerushalayim; and I will pour out on the house of David and on those living in Yerushalayim a spirit of grace and prayer; and they will look to me, whom they pierced. They will mourn for Him as one mourns for an only son; they will be in bitterness on his behalf like the bitterness for a firstborn son.’”
Die kind sluk en maak sy lippe met sy tong nat. “Saba, hoekom sê daardie teks een keer ‘me’ en dan weer ‘him’?”
“Kom ons gaan kyk in die B’rit Chadashah waarom dit so is.” Hy blaai weer verder. “Jy weet, Yochanan was die talmid wat die naaste aan Yeshua was. Vir my is dít wat hy geskryf het wondermooi. Hier in hoofstuk 14 sê Yeshua vir sy talmidim Hy gaan om vir hulle plek voor te berei. Dan vra T’oma Hom waarheen Hy gaan en Hy verduidelik dat Hy die enigste pad na die Vader toe is. En dan sê Hy hierdie woorde: ‘Because you have known me, you will also know my Father; from now on, you do know Him – in fact, you have seen Him.’ Direk daarna sê ’n ander talmid, Filippos: ‘Lord, show us the Father, and it will be enough for us.’ En Yeshua antwoord: ‘Have I been with you so long, without your knowing me, Philip? Whoever has seen me has seen the Father; so how can you say: Show us the Father?’ Wat sê Yeshua eintlik vir hulle?”
“As ’n mens Hom gesien het, het jy HaShem gesien …”
“En wat beteken dit?”
“Dat hulle dieselfde is.”
“Echad?”
Yhoshi knik. “Ja, één.”
“Wat bid ons elke dag?”
“Sh’ma Yisra’el, Adonai Eloheinu, Adonai Echad.”
“Hulle is één, Yhoshi. HaShem en Yeshua.”
“Ek kan dit nie goed verstaan nie …”
“Ek weet. Ek sal dit vir jou ’n klein bietjie verduidelik. HaShem is nie verskillende dele nie. HaShem en Yeshua is van dieselfde kern, maar in hul verhouding is hulle twee persone. In hul wese, met ander woorde wie hulle is, is hulle echad, één. Maar in hul verhouding tot mekaar is Yeshua ondergeskik aan die Vader. Die Vader en Yeshua is albei Elohim, maar die Seun onderwerp Hom aan die Vader; daarom sê Yeshua ook dat hy niks sonder die Vader kan doen nie.”
“Dis moeilik,” sê Yhoshi.
Die rabbi glimlag. “Dit is. Maar hoe beter ’n mens HaShem en die Tora leer ken, hoe beter verstaan jy dit.”
Chaim het Marc ’n hele tyd gelede die studeerkamertjie sien inkom, maar Yhoshi het dit nie gemerk nie. Hy sê nou, nadat hy ’n rukkie stil gesit het: “Saba …”
“Hmm?”
“Ek is bly ek is deel van die huis van Israel.”
“Ek ook, Yhosh.”
“Ek ook,” sê Marc sag agter hulle.
Yhoshi kyk verbaas om. “Abba, wanneer het jy gekom?”
“Net betyds om baie te leer, Yhosh. Wat sou ek wou gee om, toe ek so groot soos jy was, sulke dinge te kon leer.”
“Wat het jy dan geleer, Abba?”
Marc lag effens: “Net van liewe Jesus, sag en teer. Nie veel meer nie.”
“Nogtans, Marc,” sê sy skoonpa, “dit het jou by HaGo’el uitgebring en jy moet dit nie geringskat nie.”
“Nee, Abba, ek moenie. Ek weet. Maar dit maak my nogtans jaloers as ek so ’n Tora-uitleg hoor.”
“Dink daaraan dat jy grootgeword het met Yeshua en die B’rit Chadashah, wat ek eers ná my sestigste jaar leer ken het.”
“Dit is waar.”
Rivkah verskyn in die deur. “Kom julle wysgere nog eet?”
“Avinu Malkeinu Echad,” sug die rabbi toe hy opstaan, “baruch Atah!”
Hoofstuk 4
Jerusalem
22 Julie 2013
Rivkah word die Maandag in die vroeë oggendure weens ’n eienaardige droom wakker. Op die horlosieradio voor die bed sien sy dis net ná drie-uur. Natan het die vorige middag teruggekom huis toe en sy slaap voorlopig ’n paar nagte in Yhoshi se bed, langs syne. Yhoshi het vir eers by Marc in die hoofslaapkamer ingetrek.
Sy staan op om te kyk of Natan rustig is. Deur die kamer se oop vensterraam kom die naglug nog warm na binne – ’n herinnering aan Jerusalem se ongenadig hete somerdae in Julie. Oor die Hurvah-sinagoge op die plein hang die maan laag. Sy lig val die kamer skemerig binne.
Natan slaap soos altyd op sy rug. Rivkah staan lank na hom en kyk. Hy het nie meer die groot verband om sy kop nie. Oor die operasiewond is net ’n breë, wit strook pleister. Gelukkig was dit nie dié keer nodig om te veel van sy hare af te skeer nie – net ’n strokie aan die linkerkant. Die res van sy welige bos donker krulle raam die gesiggie wat reeds weer effens kleur kry.
Sy buk oor en soen hom liggies in sy hare sodat hy sug en in sy slaap effens glimlag. Soos dikwels in die verlede tref dit haar hoe sprekend hy op Marc lyk. Sy kyk deur die venster na die Hurvah-koepel wat in die sagte lig van die maan glim. Sy sien die bome waarvan die ruie blare net effens in die soel nagluggie roer. Een van die plein se vele katte glip skigtig oor die keistene en verdwyn in die donker.
Opeens klink die hol gehoe-hoe van ’n naguil deur die stil nag op. Dit laat Rivkah skrik. Sy het die uil nie vlakby haar in die olmboom opgemerk nie, maar nou sien sy hom daar sit en dié knipper met sy groot, geel oë.
“Shalom,” fluister sy om Natan nie wakker te maak nie. Die uil hoe-hoe weer. Nou