Fanie Viljoen

Jou Romeo


Скачать книгу

stemme by die krieketveld kom die dramaklas binnegesweef.

      Yvette kyk om toe Tyler die klasvenster geïrriteerd toeklap. Die klank van buite is dadelik stil. Net die sonlig val sag deur die gekleurde geel ruite. Dit skyn oor die houtvloer, oor die dekor van kastele, boekrakke en grafstene wat teen die mure gepak staan. Dit blink op die wapenrusting van ’n outydse ridder en die kostuums van vorige opvoerings wat aan relings hang.

      Yvette se oë volg Tyler soos hy met die wit trappies afklim en op ’n stoel gaan sit. Die res van die Dramabrigade draai ook na hom toe. Hulle het nog hul kostuums aan na vanmiddag se vertoning, maar Tyler het ’n hemp aangetrek en sy swartraambril opgesit. Die moegheid wys op almal se gesigte. Stil-vraend kyk hulle na Tyler.

      Yvette weet hier kom moeilikheid. As Tyler eers só frons, kan jy dit maar verwag.

      Tyler sug diep. Hy vryf sy hande teen mekaar, skuif die bril terug op sy neus. Die ontsteltenis klink in sy stem. “Um, luister. Die skool het die kuns-en-kultuurbegroting gesny.”

      Yvette se binnekant ruk.

      Die Dramabrigade kyk onseker na mekaar.

      “Laat ek raai: Kirby,” sê Vera, die meisie met die lang swart hare en donker oë. Dit klink of sy so iets van die skoolhoof, meneer Potgieter, verwag het.

      “As jy sê sny, wat bedoel jy? In die helfte?” vra Yvette. Sy kan sien Vera, Beast en Kumi wil ook weet.

      Dit lyk of Tyler eers die woorde wil terugbyt. Hy haal sy bril af. Dan eers skraap hy die moed bymekaar om dit te sê. Die een woord wat Yvette vrees: “Alles.”

      Dis asof iemand haar in die maag slaan.

      “Dis dieselfde ding. Oor en oor,” sê Beast moedeloos.

      Yvette gooi haar hande in die lug. Haar oë spoeg vuur. Rooi soos haar hare. “Hy’s so ’n –”

      “Nar!” maak Kumi haar sin vir haar klaar.

      “Presies!”

      Met die lopies wat opstapel, is dit tyd dat ons bietjie kyk wie almal langs die veld sit.

      Aa, daar sien julle ons skoolhoof, meneer Kirby Potgieter, 40 en sterk op pad na sy midlife crisis. Ouch, daardie snorretjie is so reg uit die 80’s, meneer. En boudeswaai en fluit met ’n geel plastiekvinger is ook nogal awkward. Maar dit lyk darem of meneer die krieket geniet.

      Die telling:

      Nog ’n paar mense langs die veld:

      Leon is die skool se gelukbringer.

      Daar wikkel Didi en Lexi hulle heupe en ander goed. Blond, sexy en slap. Wow, kyk net daardie flikflakke. Ek is bly julle het nie uit daardie min kleertjies uitgewip nie, meisies. Net die ouens sal dit seker like.

      Gepraat van ouens, ons Marko Marais is aan die brand! Kyk net hoe wiks hy daardie bal.

      Dit lyk of meneer Pieter “Wicket” Ferreira niks fout vind met Marko se vorm nie. Ek het gehoor die gawe meneer met die kort asem se kontrak gaan met vier jaar verleng word.

      Oe, en wie sien ek daar op die paviljoen? Zoem in op daardie vietse mamma met die stywe jeans. Dit, liewe kykers, is Sanet Marais. Onse Marko-krieketheld-Marais se ma. Dalk gaan haar seun se roem en rykdom selfs eendag vir haar ’n man kan koop. Ha-ha, julle het dit eerste hier gehoor . . .

      Terug na die telbord.

      My senuwees is flenters. Gaan ons die knoop deurhak?

      Marko voel meer vasberade as ooit. Daardie laaste grenshou was so reg uit ’n kriekethandboek. Hy grynslag toe hy sien hoe die bouler met sy hande in sy hare staan. Hierdie is nie ’n lekker tuinkrieket-game nie, ou. Jy speel nou saam met die grootmanne van Hoërskool Monument.

      Marko en Brink handskoenstamp mekaar toe die veldwerker die krieketbal van die grens af ingooi.

      BESOEKERS: 152. TUIS: 144/0.

      Amper daar.

      Marko sorg vir nog ’n enkellopie. Brink haal twee uit sy wilgerlat.

      BESOEKERS: 152. TUIS: 147/0.

      Net ’n laaste ses, dink Marko. Dis al wat hulle kort. Hy skeur sy oë weg van die elektroniese telbord na die skare. Jis, hulle gaan mal. Kyk net vir meneer Potgieter met daardie opblaas-plastiekvinger en sy lawwe dansie. Wicket het seker ook nie meer naels oor nie. Hy loop op en af langs die veld.

      Marko bring sy aandag terug na die kolfblad. Sy konsentrasie superskerp. Ses lopies. Dis al. Maklik. Of moeilik, want hy weet nie of die bouler dalk ’n stink ene na sy kant toe gaan laat kom nie. Dis iets wat hy al geleer het van krieket: die hele spel kan met een bal verander. As daardie dwarspaaltjies val, val jy saam met hulle. Om koponderstebo terug te loop paviljoen toe is nie vir hom nie. Hy gaan nie vandag daardie ou wees nie.

      Die bouler staan gereed.

      Hier kom hy.

      Sy arm draai. Die bal skiet uit sy hand.

      Marko klits hom. Dit trek ’n boog deur die lug. ’n Veldwerker onder hom.

      Nee, die bal trek oor die veldwerker se kop. Oor die grenslyn.

      Dis ’n ses!

      Die skool gaan mal.

      Die telbord slaan oor: BESOEKERS: 152. TUIS: 153/0.

      Marko kry ’n tevrede glimlag. Dis hoe jy dit doen. Ses. Kyk na die telbord. Hy haal sy helm af en draai na Brink, sy kolfmaat. Brink, wat meer wenkbroue as breins het, pluk ook sy helm af. “Yes, my boytjie-e-e!” skree hy. Sy gesig blink soos ’n kersboom. Vervaard storm hy op Marko af en omhels hom.

      “Oukei, Brink, jy gaan my breek!” roep Marko, want hy verbeel hom hy hoor sy ribbes protesteer.

      “Ag, shut up, jy is ’n yster,” sê Brink en lag.

      Gelukkig los hy vir Marko, anders het daar regtig ’n rib of twee gekraak. Dít het Marko nie nodig nie.

      Triomfantelik lig Marko sy kolf en helm. Brink skree weer ’n oorwinningskreet.

      Dan staan hulle in ’n see van juigende toeskouers. Die gelukwensinge reën soos konfetti op hulle.

      Die vrolikheid dryf oor die hele skoolgrond. Die musiek gaan lê in die leë skoolgange. Die wêreld was nog nooit so reg vir Marko Marais soos vandag nie.

      3

      #PowerCouple

      Die lang skoolgang strek tot doer onder by die matrieks se LW-klas. Rondekop-boompies