Dana Snyman

Soekmekaar


Скачать книгу

lees, en al die gekruide tale wat so vrylik gebruik word, laat ons afrikaanse volkie ook nie baie goed lyk nie. Behou deur alles sleg wat gebeur, net bietjie waardigheid. En wys julle is beter as sekeres opgevoed. Ek weet van iemand wat verkrag gemartel keel afgesny is. Haar lugpyp uitgeruk. Waarheen? Dinge vererger by die dag. Wys my watter regerende party in Afrika het ooit ’n ander volk se taal en geskiedenis laat voort leef? Hulle sal nie want hulle wil dit juis uitwis. Hulle soek vergeldin. Hulle haat ons. Ek vertel my kinders waar hulle vandaan kom. Ek sorg dat ons kultuur voort leef in my huis want nie eens in die skool leer my kinders dit nie. Dis ek wat poësie en letterkunde sal laat voort leef. As ons Die Stem en die ou landsvlag moet begrawe, moet hulle ophou om apartheid die skuld vir alles te gee. Ons almal wil eintlik net vrede hê en uitgelos word. Sies vir jou wat jou rug op die moord en marteling van die onskuldige kinders en bejaarde blankes draai. Die begin van die Rebellie is op hande!

      17. Tornado

      Op die muurtjie voor The Evergreen Container in Diazville sit ’n maer man met ’n kaalgeskeerde kop. Ek hou naby hom stil. Ek is op soek na die seuns wat party middae hul vlieërs hier in die oopte die lug in stuur. Ek klim uit die bakkie. Stap nader.

      Maybe hulle is Tabakbaai toe, sê die maer man.

      ’n Meisie kom nader. Sweetpakbroek. Made in China-sloffies. Vat Meneer photos? Sy wys na die kamera wat oor my skouer hang. Hoekom vat Meneer nie ’n photo van hierdie uncle nie? Sy sit haar een hand op die maer man se skouer. Nè, Uncle Henry, wys vir die meneer Uncle se tornado, dan vat hy ’n photo.

      Die maer man glimlag flou. Toe nou, Uncle, wys vir die meneer.

      Die maer man kom van die muurtjie af orent. Sy grys broek se gulp is halfpad oop. Op sy trui is Sea Harvest, die visfabriek hier naby, se wapentjie. Wys hom, Uncle.

      Die maer man gee ’n paar treë vorentoe, asof hy ’n verhoog betree. Meneer moet nou kyk. Toe, Uncle. Kom nou.

      Die maer man vat sy T-hemp en trui se onderkant met albei hande vas, trek die T-hemp en die trui boontoe, en ontbloot sy maag. Hy haal diep asem en trek terselfdertyd sy maag in. Kyk nou, Meneer. Toe, Uncle. Die maer man trek sy maag al dieper in tot sy maag onder sy ribbekas wegsak. Die are swel in sy nek. Dan laat hy sy maagspiere, die breë tregtervormige rif tussen sy beken en sy ribbekas, heen en weer beweeg. Hy laat kolk sy maagspiere soos ’n tornado. Sien Meneer! Sien Meneer!

      Vir ’n paar oomblikke kruisig die maer man se skaduwee hom aan die kaal sypaadjie skuins agter hom vas terwyl hy sy maagspiere laat kolk en kolk.

      Het Meneer nie vir ons daar ’n tweerandjie nie? Die meisie hou ’n hand na my toe uit, die handpalm honger na bo gedraai. Die wind waai soe hierie uncle van my kan nie uitgaan op die sie nie.

      Langs haar blaas die maer man sy asem uit en laat sak die trui en T-hemp weer oor sy maag.

      18. John-Henry

      God wil hê ons moet ryk wees. God wil ons bless met geld. Hy wil hê ons almal moet miljoenêrs wees.

      Daarom het hy en Nita-Mari die NG Kerk gelos. Hul ouers is nog in die NG Kerk, en dis sad. Hulle weet nie van praise en worship en fellowship nie. Hulle koek en tee nog ná die diens in die kerksaal en hou basaar.

      In die NG Kerk is te veel teologie. Als net teologie. Ou ballies met hul Grieks en Hebreeus en ander goed wat net hulle verstaan.

      Hy en Nita-Mari was lank soekend. Eers was hulle by Moreleta, toe is hulle Hillsong toe. Eintlik is hulle dieselfde, Moreleta en Hillsong. Maar nou is hulle, amen, by pastoor At. Pastoor At is ’n blessing vir hierdie land. Pastoor At gym vyf dae ’n week. In pastoor At se kerk kan jy sien hoe mense hul lewe omdraai en hoe God hulle bless. Jy kan Jesus se spirit in sy praise-en-worship-dienste voel. Is amazing as jy so opstaan en die band speel en almal praise en worship en jy voel hoe die spirit jou move.

      Vir pastoor At is dit about sukses. Success. Wealth. Health. Happiness. Dis nie ’n kerk vir losers nie. Dit is ’n kerk vir wenners.

      Vandat hy by pastoor At is en geld vir pastoor At se kerk gee, bless God hul business incredibly. God het hom en Nita-Mari ook met die strandhuis op Brenton gebless. Niks flashy nie. Net drie slaapkamers, aan suite.

      Sonder geld kan jy niks doen nie. Kyk na die mense in die townships en squatter-kampe. Hulle kan niks doen nie. Sit net en drink en doen drugs en toi-toi en gee apartheid die skuld vir hul situasie. They are trapped in their negative thoughts.

      Hy wens hy kan vir elkeen van hulle Joel Osteen se boeke gee. Osteen is hierdie incredible Amerikaanse prediker wat sê elkeen is responsible vir sy eie sukses. God het Osteen gebless met hierdie mansion in Texas, en ’n private jet, en ’n luxury seiljag. En hoekom nie? Om arm te wees is nie God se wil nie. Ons almal verdien om happy te wees.

      Miskien sou Jesus in ’n mansion gebly en die nuwe Porsche Panamera gery het as Hy vandag geleef het. Hoe incredible sou dit nie gewees het nie? Om vir die armes te wys om ’n bietjie te man up en verantwoordelikheid vir hulself te vat.

      Die armes moet besef die oplossing lê in hulself. Dit gaan oor the power of positive thinking. Dink positief and take responsibility vir jou actions. Glo in jouself. Dis jou eie skuld as jy arm is. You must see yourself in a prosperous condition. Visualiseer jou sukses. Sit daar in jou shack en sien jouself in ’n mansion bly en met die nuwe Porsche Panamera ry. Just do it. Maar, nee, hulle glo mos hulle is entitled tot als. Dit is hoekom hy so van Donald Trump hou. Trump wil hê almal moet ryk wees. Ander lande se armes moet net nie oor ons grense kom en ons geld en goed kom vat nie.

      Dit is al amper weer Desember, en hy en Nita-Mari gaan weer in Europa ski. Wat ’n blessing! Nêrens voel hy nader aan God as op die Alpe se ski slopes saam met sy Investec-pelle nie. Met Ramaphosa wat nou president is, lyk dit in elk geval of die ekonomie weer gaan begin groei.

      Dit was ’n tawwe jaar. Hulle moes mense by die werk retrench, maar, thank God, hul syfers lyk nog positief.

      Конец ознакомительного фрагмента.

      Текст предоставлен ООО «ЛитРес».

      Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.

      Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.

/9j/4RavRXhpZgAATU0AKgAAAAgABwESAAMAAAABAAEAAAEaAAUAAAABAAAAYgEbAAUAAAABAAAA agEoAAMAAAABAAIAAAExAAIAAAAkAAAAcgEyAAIAAAAUAAAAlodpAAQAAAABAAAArAAAANgALcbA AAAnEAAtxsAAACcQQWRvYmUgUGhvdG9zaG9wIENDIDIwMTkgKE1hY2ludG9zaCkAMjAxOTowODox MiAxMzowMDozMgAAAAADoAEAAwAAAAH//wAAoAIABAAAAAEAAAZAoAMABAAAAAEAAAoAAAAAAAAA AAYBAwADAAAAAQAGAAABGgAFAAAAAQAAASYBGwAFAAAAAQAAAS4BKAADAAAAAQACAAACAQAEAAAA AQAAATYCAgAEAAAAAQAAFXEAAAAAAAAASAAAAAEAAABIAAAAAf/Y/+0ADEFkb2JlX0NNAAH/7gAO QWRvYmUAZIAAAAAB/9sAhAAMCAgICQgMCQkMEQsKCxEVDwwMDxUYExMVExMYEQwMDAwMDBEMDAwM DAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMAQ0LCw0ODRAODhAUDg4OFBQODg4OFBEMDAwMDBERDAwM DAwMEQwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAz/wAARCACgAGQDASIAAhEBAxEB/90ABAAH /8QBPwAAAQUBAQEBAQEAAAAAAAAAAwABAgQFBgcICQoLAQABBQEBAQEBAQAAAAAAAAABAAIDBAUG BwgJCgsQAAEEAQMCBAIFBwYIBQMMMwEAAhEDBCESMQVBUWETInGBMgYUkaGxQiMkFVLBYjM0coLR QwclklPw4fFjczUWorKDJkSTVGRFwqN0NhfSVeJl8rOEw9N14/NGJ5SkhbSVxNTk9KW1xdXl9VZm doaWprbG1ub2N0dXZ3eHl6e3x9fn9xEAAgIBAgQEAwQFBgcHBgU1AQACEQMhMRIEQVFhcSITBTKB kRShsUIjwVLR8DMkYuFygpJDUxVjczTxJQYWorKDByY1wtJEk1SjF2RFVTZ0ZeLys4TD03Xj80aU pIW0lcTU5PSltcXV5fVWZnaGlqa2xtbm9ic3R1dnd4eXp7fH/9oADAMBAAIRAxEAPwC