She knew of her son’s selection for a mission a month in advance. “I cried for a whole month every time I looked at him. I would tell him not to let my tears stop him from going on his mission. I watched him like a baby that whole month.”
“My heart is not made of stone,” she added, but she has been “willing to sacrifice him for something more precious and sanctified than our earthly world”.
Suddenly a fighter appeared in our group with “very important news”. It was perhaps the most incongruous of many startling moments during my stay.
“Manchester United five, West Ham three,” he declared, announcing the score of the last weekend. “David Beckham two score,” he informed me in English. “Very good Manchester.”
The announcement was greeted with unanimous pleasure, amid further calls of “Allah hu akbar”.
Toe hy klaar gelees het, kyk hy op en besef dat Ruwth hom die hele tyd dopgehou het.
Hy glimlag flou. “Ek het baie vrae hieroor.”
“Ek kan my voorstel. Ofer is die man wat hulle vir jou sal kan beantwoord. David waarskynlik ook. Maar nie vanaand nie. Vanaand is politiek nie op ons spyskaart nie. Ek verwag hulle binnekort om my met die laaste voorbereidings te kom help. Shoshana het ook ’n klomp geregte gemaak maar ons het nog heelwat om te doen. Ons wil net ná ses begin, want die ete hou ure lank aan.”
“Ure lank?”
Sy lag vir sy verbasing. “Ek het mos vir jou gesê jy sal sien …”
Die skril geluid van die selfoon wat in sy kamer lui, onderbreek haar.
Marc haas hom kamer toe en hoop dis nie weer sy ma wat die een of ander ontstellende nuusberig op die televisie gesien het nie.
“Rivkah!” roep hy bly uit toe hy haar stem herken.
“Nog by jou grootmoeder?” vra sy.
Sy hart klop so opgewonde dat hy moet sluk om sy stem op die regte toonhoogte te kry. “Ja, ek gaan meesal hier bly. Ek het nêrens gegaan vandag nie. Sy is besig om vir die seder-maal reg te maak.”
“So ook elke ander mens in Jerusalem. Behalwe die soldate wat moet diens doen. Re’uven is die hele naweek vas. Hy kon nie eens vir die seder afkry nie. Hy is mos by die spesiale magte. Ons verwag heelwat moeilikheid oor die Pesach.”
“Waar is jy?” vra hy onrustig.
“Ek het net by die huis gekom en nou’s ek af tot ná Shabbat Saterdagaand. As daar nie die een of ander groot ellende kom nie. Ek moet sewe-uur terug wees in die kamp in plaas van tienuur Sondagoggend omdat ek vandag en môre af het.”
“Julle het seker ook vanaand ’n seder.”
“Wat dink jy!” Sy lag. “Marc?”
“Hmm?”
“Ek het gewonder of jy lus het om môre bietjie rond te loop. Daar is nie busse voor ná sononder nie, want môre is die eerste dag van Pesach. Dis ’n Shabbaton. Die stad sal doodstil wees. Ek wil ook nie die gesinsmotor gebruik nie. Maar ek het gedink ons kan so in die laatmiddag te voet in die Ou Stad ’n lekker eetplekkie gaan soek.”
“Ek sal graag wil, baie graag, maar hoe kom ons by mekaar uit?”
“Luister mooi, die Haas-Promenade is nie ver van julle af nie, uiters tien minute se stap. Jou grootmoeder sal jou kan beduie. Ek sal jou daar kry. So teen vieruur?”
“Fantasties.”
“Die busse ry weer ná sewe. Dan kan jy ’n bus haal huis toe, want dis te gevaarlik om ná donker oor die Haas-Promenade te loop.”
“Fantasties!” sê hy weer, sy lyf warm van blydskap.
“Bring jou sketsboek asseblief saam.”
“Hy is altyd by my.”
“En jy kom nog Vrydagaand by ons Shabbat vier?”
“Graag.”
“Sien jou môremiddag.”
“Chag sameach!” roep hy haar die groet toe wat steeds in sy kop weerklink.
“Haai!” roep sy bly verras uit.
“Van jou Joodse vriend,” sê hy sag, verleë.
“Chag sameach, Marc.”
Hy gaan terug kombuis toe waar Ruwth nog besig is. “Ek het die eerste dag toe ek hier gekom het ’n broer en suster by die Kotel ontmoet. Ortodokses, maar nie soos dié in Mea Shearim nie …”
Sy knik. “Modern-Ortodoks?”
“Ja, hul pa is ’n rabbi. En hulle het twee jaar in Suid-Afrika gewoon. Hulle is albei in die IDF. Ons het verlede Saterdagaand in ’n Armeense restaurant in die Ou Stad gaan eet. Nou is sy, haar naam is Rivkah, vry tot ná Shabbat en sy het gevra dat ek haar môremiddag vieruur by die Haas-Promenade ontmoet.”
“Dis binne loopafstand hiervandaan.”
“Sy het so gesê. Dan kan ons in die Ou Stad gaan eet. En hulle wil ook hê ek moet Vrydagaand Shabbat by hulle vier.”
“Erev Shabbat,” sê Ruwth. “Dis wonderlik, Marc, dan leer jy nog ’n sy van Am Yisra’el ken.”
“En dit beteken?”
“Die volk van Israel.”
Ma’alot Moriah 601/30
Isaac Remba
27 Maart 2002
23:48
Liefste Mamma & Hannes
Ruwth het gelukkig ook ’n rekenaar wat ek kan gebruik; daarom ’n e-mail so laat in die aand. Soos julle kan sien, is dit nie vroeg nie. Niks hier in Jerusalem hou vroeg op nie. Hoe ook al, dit gaan goed met my, baie goed. Deur Ruwth en die twee vriende wat ek ontmoet het, leer ek aspekte van die wêreld hier ken wat ek as ’n gewone toeris nooit te wete sou kom nie.
Die situasie is baie, baie anders as wat die media dit weergee, maar daaroor sal ek maar eerder uitwei as ek by die huis is. En ek sál kom, Ma-a-a, hou tog op met stres, man!
Dit is nou Pesach hier en dit word baie anders as Pase by ons gevier. Ruwth is nes Baruch ’n Messiaanse Jood, maar hulle vier nog al die Joodse feeste. Pesach sluit die sewe dae van Ongesuurde Brode in wanneer daar geen suurdeeg (chametz) in die huise mag wees nie ter herdenking aan die uittog uit Egipte. (Niks van Goeie Vrydag en paashasies en paaseiers en hot cross buns nie, hoor. Sal later verduidelik.) Ruwth was die hele dag besig met voorbereidings. Vanaand het ek ook jou halfbroer, Ofer, en sy vrou, Shoshana, en sy twee seuns David (uitgespreek Dawiet) en Binyamin ontmoet. Lekker om meteens ’n oom, tante en neefs te hê wat ek nog nooit gehad het nie. Ek kon vanaand saam met hulle die seder-maal vier. Wat ’n ervaring. Al die Jode vier dit, of hulle nou Observant of Reformed of Ortodoks of ultra-Ortodoks of ongelowig is, hulle vier dit. Ons het dit op die Messiaanse manier gevier wat effens anders is omdat hulle glo dat Jesus, of Yeshua soos hulle Hom noem, die Messias was en hulle nie meer vir Hom hoef te wag nie. Ek sal probeer vertel hoe dit was, so kort as ek kan, want my oë val al amper toe – van die vier glase rooiwyn wat gedrink word.
Ons was tien mense. Ofer, wat as vader van die huis opgetree het, het al die gaste ontvang deur hulle met ’n geurige olie te salf. Die hele huis het daarna geruik. Toe het ons aan die pragtig gedekte lang tafel gaan sit. In die hoek op ’n kleiner tafel het die menorah se sewe kerse langs die seder-bord gebrand. Op die tafel was die gewone Shabbat-kerse. Elke gas kry ’n hele boekie, die Haggadah, langs sy of haar bord waarin alles wat gaan gebeur netjies gedruk is. (Ek sal dit saambring.) Die maaltyd duur vier uur lank! Ons sit almal op sulke kussingstoele waarin jy gemaklik skuins kan lê. Daar’s baie blomme en die geur meng met dié van die reukolie en die speserye waarmee Ruwth heeldag gekook het. Dan steek Ruwth die kerse aan en spreek die seën uit (Birkat Haer) en almal sing ’n lied saam. David, wat argitektuur studeer, maar nou eers militêre