François Bloemhof

Rillers 4: Ou Langklou


Скачать книгу

      Jenny hou aan om langs hom te loop. Sy wonder of hy ooit sal weet hoe baie sy van hom hou. Eintlik verlief is op hom.

      Eers het sy gedink sy maak haar dinge wys. Dat sy net so voel omdat Victor so anders as die res van die ouens in hulle klas is.

      Maar nou weet sy dis meer as net dit. Hy kan ’n bietjie rof wees, maar hy is ten minste interessant.

      En aantreklik.

      Victor haal ’n pakkie sigarette uit sy sak en steek een aan. Hy hou die pakkie na haar toe uit. “Wil jy een hê?”

      “Nee dankie. As ek wil hê my asem moet sleg ruik, sal ek eerder knoffel eet. En netnou raak ek verslaaf, nes jy. Jy’s net vyftien.”

      Victor blaas die rook uit. “Ek kan enige tyd ophou as ek wil.”

      “Bewys dit.”

      “Raait.” Hy laat val die sigaret en trap dit dood.

      “Gooi nou die pakkie ook weg.” Jenny wys na ’n vullisdrom.

      “No way.”

      “Jy sê dan jy gaan ophou.”

      “Ek het gesê ek kán! Dit sal geldmors wees.” Dan swaai hy om. “Wat was dit?”

      “Wat?”

      “Ek het iets gehoor.” Victor kyk na ’n klomp struike aan hulle regterkant. “Dit kan iemand wees wat ons afluister.”

      “Wie sal óns nou wil afluister? Dit was ’n kat of ’n rot of ’n ding.”

      Victor haal sy skouers op. “Seker.” Hy staar nog vir ’n paar sekondes stip na die bosse.

      Net toe kom die Bekker-tweeling om die hoek. Enslin en Gespierde Maria se hare is nog klammerig en hulle het gymsakke by hulle. Hulle oefen elke dag. Jenny kan hulle nie verdra nie – hulle gaan uit hulle pad uit om Victor te verneder, of enigiemand wat hulle dink nie so groot en sterk soos hulle is nie.

      “Jis, jou skom,” groet Enslin.

      “Skom jouself.”

      “Vir wat loop jy met dié vent rond, Jenny?” vra Gespierde Maria. Sy dra ’n stywe T-hemp om haar boarmspiere af te wys. “Die mense sal begin wonder of daar iets tussen julle is, en dít wil jy mos nie hê nie, of hoe?”

      “Soek julle iemand wie se dag julle kan bederf?” vra Jenny en gluur hulle uitdagend aan.

      Enslin gee ’n snork. “Ons kan júlle s’n in elk geval nie verder bederf nie. Julle sit klaar met mekaar opgeskeep!”

      Jenny sien hoe Victor se gesig vertrek en hoe hy sy vuiste bal. Reg om Enslin toe te takel.

      “Hallo, julle!” Dis Fluitjie. Hy kom aangerol – dis die enigste woord wat kan beskryf hoe hy beweeg – met ’n groot inkopiesak by hom en ’n stuk sjokolade in sy hand.

      “Nog ’n loser,” sê Enslin. “Dis soos ’n vergadering van idiote vandag.”

      “Het jy darem iets in die kafee oorgelos vir ouens wat kan bekostig om sulke goed te eet?” lag Gespierde Maria.

      Fluitjie antwoord nie. Dit lyk of hy huiwer om nader te kom.

      “Wat staan jy so?” vra Enslin. “Het jy iets verloor?”

      “Los hom uit. Hy’t jou niks gemaak nie,” sê Victor en bal weer sy vuiste.

      “En as jy skielik so vir hom opkom?”

      “Soort soek soort,” sê Gespierde Maria. “Kom, Enslin, kom ons waai.”

      Die tweeling is pas weg of Victor steek weer ’n sigaret aan. Dan onthou hy wat hy vir Jenny gesê het en trap dit dood. “Daai twee maak my so die . . . die hel in.”

      “Dankie dat jy vir my opgekom het,” sê Fluitjie en sy asem jaag nog van die loop.

      “Jy géé hulle ’n stok om jou mee te slaan. Gaan op ’n dieet!” skree Victor en loop weg sonder om vir Jenny en Fluitjie te groet.

      Ek is mal oor hom, dink Jenny, maar hy maak my ’n bietjie bang.

      Конец ознакомительного фрагмента.

      Текст предоставлен ООО «ЛитРес».

      Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.

      Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.

/9j/4RDLRXhpZgAATU0AKgAAAAgABwESAAMAAAABAAEAAAEaAAUAAAABAAAAYgEbAAUAAAABAAAA agEoAAMAAAABAAIAAAExAAIAAAAeAAAAcgEyAAIAAAAUAAAAkIdpAAQAAAABAAAApAAAANAALcbA AAAnEAAtxsAAACcQQWRvYmUgUGhvdG9zaG9wIENTNSBNYWNpbnRvc2gAMjAxMzoxMToyNCAwOToy MDowNAAAA6ABAAMAAAAB//8AAKACAAQAAAABAAAGXqADAAQAAAABAAAKAAAAAAAAAAAGAQMAAwAA AAEABgAAARoABQAAAAEAAAEeARsABQAAAAEAAAEmASgAAwAAAAEAAgAAAgEABAAAAAEAAAEuAgIA BAAAAAEAAA+VAAAAAAAAAEgAAAABAAAASAAAAAH/2P/tAAxBZG9iZV9DTQAB/+4ADkFkb2JlAGSA AAAAAf/bAIQADAgICAkIDAkJDBELCgsRFQ8MDA8VGBMTFRMTGBEMDAwMDAwRDAwMDAwMDAwMDAwM DAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAENCwsNDg0QDg4QFA4ODhQUDg4ODhQRDAwMDAwREQwMDAwMDBEMDAwM DAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwM/8AAEQgAoABmAwEiAAIRAQMRAf/dAAQAB//EAT8AAAEF AQEBAQEBAAAAAAAAAAMAAQIEBQYHCAkKCwEAAQUBAQEBAQEAAAAAAAAAAQACAwQFBgcICQoLEAAB BAEDAgQCBQcGCAUDDDMBAAIRAwQhEjEFQVFhEyJxgTIGFJGhsUIjJBVSwWIzNHKC0UMHJZJT8OHx Y3M1FqKygyZEk1RkRcKjdDYX0lXiZfKzhMPTdePzRieUpIW0lcTU5PSltcXV5fVWZnaGlqa2xtbm 9jdHV2d3h5ent8fX5/cRAAICAQIEBAMEBQYHBwYFNQEAAhEDITESBEFRYXEiEwUygZEUobFCI8FS 0fAzJGLhcoKSQ1MVY3M08SUGFqKygwcmNcLSRJNUoxdkRVU2dGXi8rOEw9N14/NGlKSFtJXE1OT0 pbXF1eX1VmZ2hpamtsbW5vYnN0dXZ3eHl6e3x//aAAwDAQACEQMRAD8A5LoDWs6nVIBGNW+AdAfT qe53u/lXvYx