heeltyd uit ander mans se omhelsings moet bevry nie.” Dan vervolg hy, ietwat meer besorg: “En sluit jou en Bambie se deur vannag, hoor. Ek wil nie nog van hierdie soort nonsens hê nie.”
“Dink jy ék wil?” snou sy hom toe. Sy gril nog tot in haar tone. Sy bedank hom egter nie weer, soos gisteraand met Hartogh nie. Sy durf nie te diep in die skuld by Roux le Roux raak nie. Sy wil nie haar oë uitgegrou hê as Nerida Nel haar bykom nie, en Roux is buitendien te vol griewe en geite, hy sê dalk sommer: Ek het dit nie vir dank gedoen nie.
Nie eens die openbaarmaking van haar ma se eenvoudige testament, waarvolgens haar volle boedel en bates, die huis ingesluit, aan haar enigste dogter bemaak word, kan die diep en futiele verdriet in Berna se gemoed besweer nie. Al wat haar genoeë verskaf, is die stiefbroer se suur gesig toe dit blyk dat hy nou sy pa in sy sorg sal moet neem.
“Ek hoop jy is nou tevrede,” sê hy vir Berna, sy groot, nat krokodiltrane vergete, sy bultende gesig wolkdonker.
“Heeltemal,” glimlag sy soet met hom, “jou vatterige vark.”
Sy sal die huisie opknap en verhuur, later dalk vir ’n uitvlugplekkie gebruik. Dit voel of daar eindelik weer ’n stukkie van haar ma aan haar behoort.
Конец ознакомительного фрагмента.
Текст предоставлен ООО «ЛитРес».
Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.
Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.