weke is ook ’n kritieke tydstip in jou lewe saam met ’n baba. In Suid-Afrika is dit tans die tydstip waarop immunisering begin en wanneer ’n gesnuffel, toe neuse en verkoues die eerste keer voorkom. Baba behoort binnekort nog ’n groeiversnelling te beleef; benader dit presies soos die driewekeversnelling. Jy voel moontlik nogal uitgeput nadat jy ses weke lank harder gewerk het as ooit tevore, en terselfdertyd voel jy miskien dat jou kraamverlof – jou kosbare tydjie saam met Baba – besig is om verby te vlieg.
Oormatige mukus of slym is die oorsaak van die meeste geringe en baie van die ernstiger algemene kinderkwale, en babas en klein kindertjies is meer geneig om hieraan te ly.
Algemene oorsake van oormatige mukus op hierdie ouderdom is:
•Sensitiwiteit vir suiwel- en sojagebaseerde melkformules;
•Baie suiwel- en graanprodukte in die dieet van ’n ma wat borsvoed;
•’n Koue, droë klimaat;
•Immunisering;
•Te vroeë gebruik van babapap in ’n poging om Baba snags langer en beter te laat slaap.
Neem kennis van die volgende wenke:
ALGEMENE KWELLINGS VAN DRIE TOT SES WEKE
Lees elders meer oor die volgende:
•Koliek
•Klewerige ogies
•Milia (baba-aknee)
•Babaskilfers
•Sproei
•Veluitslag
•Beperk jou suiwelinname terwyl jy borsvoed.
•Skakel oor na ’n spesiale allergie- of intoleransie-melkformule.
•Voeg 5 druppels bloekomolie by Baba se badwater terwyl jy die warm water intap: die dampe sal die lugweë oopmaak.
•In koue, droë klimate kan ’n warmlugbevogtiger snags gebruik word. Voeg ’n paar druppels bloekomolie by. Maak die bevogtiger elke oggend skoon om te voorkom dat dit deur bakterieë besmet word.
•Moenie in hierdie vroeë stadium babapap gee nie.
•Sien die afdeling oor gesondheid in hierdie gids vir wenke rakende immunisering.
SPELETJIES VAN DRIE TOT SES WEKE
Blaas liggies teen Baba se voetsole.
•Ry fietsie met Baba se bene.
•Vat Baba se arms liggies vas en vou en ontvou hulle herhaaldelik voor hom terwyl jy vriendelike, bemoedigende geluide maak.
Ses weke tot drie maande
Julle gaan al hoe meer pret hê, want Baba begin nou tevrede en bewonderend reageer op alle interaksie. Jy hanteer hom makliker en jy voel dat jy sy persoonlikheid nogal goed begin leer ken.
MYLPALE
•Baba sal beter nekbeheer hê, maar jy sal nog steeds die kop moet ondersteun wanneer hy nie in die regop posisie gehou word nie.
•Baba volg toenemend bewegende voorwerpe met sy oë, selfs oor die middellyn.
•Let op hoe hy langer op spesifieke voorwerpe fokus.
•Sy sal met haar hand na voorwerpe reik wat binne ’n armlengte van haar af hang.
•Hy is dol daarop om na gesigte te kyk wat op ’n papierbord geteken is, maar hy sal met joune ook tevrede wees!
•Sy sal wegkyk en weier om oogkontak te maak wanneer sy moeg of oorgestimuleer is.
Beproef hierdie wenke om jou tydjies saam met jou baba gedurende hierdie weke genotvol en betekenisvol te maak:
•Troetel en druk jou baba gereeld en liefderik. Hulle is dol op die bekende warmte, geur en teenwoordigheid van die belangrikste mense in hul wêreld, Ma en Pa.
•Voed jou baba na behoefte. Honger is een van die belangrikste oorsake van ontevredenheid in die vroeë dae en ’n baba se eetlus wissel deur die dag; moet dus nie volgens ’n rooster probeer werk nie.
•Wieg jou baba. Ritmiese beweging is meestal baie vertroostend vir klein babatjies: dit herinner hulle aan die tyd in die baarmoeder toe hulle onophoudelik gesus is.
•Beskerm jou baba teen te veel vreemdelinge. As elke besoeker jou baba na hartelus kan hanteer, bly sit jy op die ou end met ’n angstige baba. Dring vriendelik maar ferm aan op jul albei se reg tot vrede en geluk. Straal selfvertroue uit om Baba op sy gemak te stel in vreemde geselskap.
•Praat van die begin af met jou baba en sing vir hom. Babas is baie lief vir die klank van hul ouers se stemme en hulle neem graag deel aan julle gesprekke – dit sê vir hulle dat jy hulle erken en dat hulle welkom en gelief is, en wat meer kan enige baba vra? Dit maak nie saak of dit babataal is of nie, hou net aan praat!
•Stoot jou baba se stootwaentjie of bedjie onder ’n digte boom. Dit is ’n kitsbewertjie en babas vind die spel van lig en skaduwee so boeiend dat dit hulle rustig aan die slaap sal sus of bloot vir ’n hele rukkie sal besig hou.
•Laat tweelinge saam in ’n babawiegie of -bedjie slaap. Hulle is nie net tevrede wanneer hulle die bekende nabyheid van hul eerste maatjie ervaar nie; dit troos hulle ook dikwels wanneer hulle ongelukkig voel of aan die slaap raak.
BABASPELETJIES
ALGEMENE KWELLINGS
Lees elders meer oor die volgende:
•Onrustige slaap
•Skrik vir harde geluide
•Skeelheid
•Stimulasie van gesigsintuie
•Raak krap van vel met naels
•Waarom borsbabas so min stoelgange het
•Hoe om borsmelk uit te melk
•Speen van baba om terug te gaan werk toe
•Regressie en aggressie van ouer broers of susters
•Speel neusie-neusie. Hulle is gaande oor dié soort interaksie waar jou gesig al hoe nader en nader kom, en uitloop op ’n ligte aanraking en vryf van neuse! Maak jou reg vir ekstatiese laggies.
•Trek snaakse gesigte. Al waardeer niemand anders jou toneelspel nie, sal jou baba kraai van die lag as jy jou gesig op ’n plooi trek.
•Bad saam met jou baba. Rek Baba se badtyd uit of speel met hom terwyl julle saam bad – dit is ’n prettige en leersame ervaring as jou kleinding verras ontdek hoe die waterdruppels spat.
Maand Drie en Vier
MYLPALE
Baba is nou ’n waarlik gesellige wesentjie, die ene glimlaggies en koergeluidjies. Sy bewegings is baie meer soepel en jy sal sy persoonlikheid daagliks voor jou oë sien ontluik. Wanneer jy Baba om haar middel vat en optel, sal jy sien dat sy haar bene van plesier uitskop. Borsvoeding sal baie vlotter verloop, en hoewel jy nog steeds byna alles vir jou baba moet doen, sien jy meestal die silwer randjie eerder as die donker wolk. Die aanhoudende gekwyl laat baie ma’s dink dat Baba binnekort gaan begin tande kry, maar dit is onwaarskynlik aangesien die meeste babas eers op ses maande begin. Baba gryp na voorwerpe in haar omgewing en verken alles met haar mond, en dit is wat die oorvloedige speekselafskeiding stimuleer. Let op hoe fassinerend hy sy voete vind.
BABASPELETJIES
ALGEMENE