genade! Kan ’n mens nooit rus vir jou siel kry nie?” Harry is lelik omgekrap. “Die mense kan gerus tot môreoggend wag om dood te gaan …” Hy staan op en sy hele geraamte kraak. “Kindertjies, dit help nie om te kla nie, ek sal moet gaan. Sterkte en wees versigtig, my aspirant-speurdertjies!”
Toe Harry weg is en Otto en Emily weer in hulle beddens lê, maal Otto se gedagtes nog soos hy oor alles nadink. Hy kan nie glo hy het nie dadelik aan hierdie plan gedink nie. Behalwe om uit te vind wie en wat Madame Olga rêrig is, kan hy dalk nog iets anders op dié manier uitvind.
Hy gaan sy sakgeld bymekaarskraap en saam met Emily ’n afspraak by Madame Olga maak. Dan gaan hy ’n vraag vra wat hom baie bang maak en wat hom al baie langer pla as die eienaardige storie van die nuwe buurvrou.
Hy gaan Madame Olga vra wat met sy ouers gebeur het.
Конец ознакомительного фрагмента.
Текст предоставлен ООО «ЛитРес».
Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.
Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.