bly langs Jasmyn se stal staan en huil met die klaende hartseer van ’n kind, onbewus van die trane wat vryelik oor haar wange loop en koud in haar nek afdrup.
“My liewe Grietjie-kind!” Amalia bereik haar met enkele treë en neem haar in haar arms. “As ek nie moeg geword het om op jou te wag en deur die sitkamervenster gekyk het nie … Wat het Friedrich gedoen om jou so verskriklik te laat huil, hartjie?” vra sy besorg.
“N-niks nie,” snik Gretha en huil met oorgawe terwyl sy Amalia vasklou.
“Onsin, meisie! Ek het darem oë in my kop. Ek het gesien hy ruk jou aan jou skouers rond. Het hy jou seergemaak? Het jy pyn?”
“V-verskriklike pyn,” snik sy gesmoord.
“Waar?” vra Amalia skerp.
“Waar my hart is.” Sy kyk verslae op. “Is dit liefde, tannie? Is liefde die seerste pyn in die wêreld? Is dit, tannie?”
Конец ознакомительного фрагмента.
Текст предоставлен ООО «ЛитРес».
Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.
Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.