het sy nie kon dink nie. En hoekom het sy nooit voorheen die swak trekke op sy gesig raakgesien nie? Daardie afwaartse trek van sy mondhoeke en swak ken . . .
“Wat staan jy só na my en kyk? Hoekom gaan maak jy nie liewer vir ons koffie terwyl ons op jou sogenaamde vriend wag nie? Miskien kry ons dan rustig die haakplekke tussen ons uitgestryk.”
Haar mond gaan oop om hom weer eens te vra om te loop, maar die skril geluid van die deurklokkie laat haar swyg. Sy loop met ’n beswaarde gemoed voordeur toe. Pieter kon nie op ’n meer ontydige oomblik opgedaag het nie, dink sy . Dit is nie soos sy haar hul weersiens voorgestel het nie. Wat gaan hy dink van Anton wat hier in haar sitkamer sit? En Anton? Sy is daarvan oortuig hy sal nie skroom om haar te beswadder nie.
Конец ознакомительного фрагмента.
Текст предоставлен ООО «ЛитРес».
Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.
Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.