uit na bo. ’n Groot golf breek oor die dek en spoel die bewustelose Da Silva na die reling. Met ’n skok besef sy dat hy oor die dek gaan gly en van die skip sal afval. Dan strompel sy teen die sterk wind uit. Sy hoor vaagweg hoe die matrose op haar skreeu, maar sy slaan geen ag daarop nie. Sy druk haarself teen die reling vas en toe die golf terugwas, kom dit met só ’n mag dat dit haar byna oor die reling saamneem.
Da Silva kom stadig by van die water wat oor hom spoel en hy gryp na iets om sy vaart te stuit … maar daar is niks. Die water spoel hom terug na die oseaan en hy is magteloos om iets daaraan te doen. Dan spoel hy teen iemand vas en worstel hy om sy bedwelmde verstand weer in werking te kry.
Nicole skop met haar voete teen die reling terwyl sy Da Silva se arm beetkry. Sy bly so sit totdat die water by hulle verby is en haar arms voel asof hulle uit hulle potjies geskeur word. Dan is die golf verby en kan sy haar aandag aan Da Silva gee.
Hy kom stadig orent en steier na die voorkasteel. Dan kyk hy terug na waar sy nog teen die reling sit … moeg van die inspanning om hom van ’n gewisse dood te red.
Конец ознакомительного фрагмента.
Текст предоставлен ООО «ЛитРес».
Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.
Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.